Sunday, January 25, 2015

OPVOLG PLASMA BEHANDELING 19 & 23 JANUARIE 2015

Ons was toe weer by Dr van Wyk vir die opvolg behandeling en moet weer binne die volgende 3 weke gaan vir die stamsel toediening.  Vrydag na die behandeling het ons direk terug gery huis toe en dit was nie een keer nodig om te stop langs die pad met Henru en hom eers te strek nie.  Vir die eerste keer in jare kon ons ry sonder dat hy een keer gekerm het.  Ek het wel sy bene gestrek soos ons gery het - iets wat ek nooit kon doen nie.  In die verlede, soos hy sit, het hy spasmas in sy bene gekry en die enigste  manier om verligting te kon kry, was om te stop en hom te strek.  Nou kon ek die voete verskuif van posisie en die bene meer reguit maak.  Daar is 'n daadwerklike verskil en dan die beste is die oë wat reageer.  Die pupille was altyd heeltemal vergroot en het nie gereageer op lig nie, alhoewel hy sy oë toegemaak het as daar skerp lig skyn soos son.  Nou reageer die pupille en word kleiner en groter soos met lig en donker.