Wednesday, May 15, 2013

15 MEI 2013

Dit gaan steeds goed met Henru.  Ek het hom weer terug op die Stilnox en daar is 'n BAIE groot verbetering.  Dis ongelooflik as ek in die middae by die huis kom hoe hy weer lag en gesels.  Sy versorger sĂȘ hy reageer ook baie erg op die dreuning van die voertuig as ek aangery kom, maar nie op ander voertuie wat hier ingery kom nie.

As ek dan by die huis inkom, gee hy sulke gilletjies en lag so uit sy maag uit as ek hom groet en 'n drukkie gee.  Partykeer is dit so erg dat sy sussie Amor haar ore toedruk soos hy gesels, lag en sommer net lekker skreeu van opgewondenheid.  Dit is onbeskryflik hoe hierdie reaksie mens se dag "boost" as jy nie 'n lekker dag gehad het nie en by die huis kom en hy reageer so.

Ek het hom gou by die dokter gehad want die longe wil nie lekker opklaar nie.  Gelukkig is daar geen infeksie nie, maar die dokter het antibiotika gegee dat ons kan voorsorg tref teen die winter wat op hande is.

Ek het ook laas week 'n skou gaan bywoon vir hulpmiddels vir gestremdes en daar is kussings wat mens kan gebruik om hom mee te kan posisioneer wat beter sal werk as die gewone kussings wat ons nou gebruik.  Dan is daar ook die masseer matras wat help met die voorkoming van druksere en het ek dit vandag bestel.  Dit kos darem nie 'n plaas se geld nie en ek weet sommer dit gaan ook help met die spasmas.

No comments:

Post a Comment