Marietha Scholtz het Sondag, 6 Desember 2014, aan my hierdie berig gestuur. Dis gepubliseer in "Die Laevelder" op 5 Desember 2014.
Sy het vir my die dokter se telefoonnommer gekry en ek het Maandag gebel om te hoor of hy kan help. Sy ontvangsdame het gesê dat hy met verlof gaan Vrydag die 12de en nie op daardie strdium by die spreekkamer is nie. Sy het my sy selfoonnommer gegee en gesê ek moet met hom gesels. Ek het hom gebel en hy het gesê hy glo daar is hoop vir Henru met die behandeling en indien moontlik, moet ek Dinsdag oggend 09:00 by sy spreekkamer in Witrivier wees dan doen hy die behandeling. So het dit toe verloop:
9 Desember 2014
Ek en Henru het Dinsdag die lang pad aangepak Witrivier
toe. Ek het my kamera ingepak en ook lêplek gemaak vir Henru in die kombi want
ek was onder die indruk ons gaan 09:00 by Dr van Wyk wees en 'n konsultasie is
mos maar so 15-30 minute lank. Ons is dan naby die wildtuin dan kan ons
die dag daar deurbring en die middag weer terug ry. 04:00 vertrek ons van die
huis, maar mens se paadjie is nie altyd soos mens dink dit kan wees nie.
Ek ry altyd Machadodorp, Waterval Boven en Waterval onder
om want dit is vir my 'n goeie pad. Nadat ek by die Schoemanskloof
afdraai verby is het daar skielik noodvoertuie van agter verby gejaag en was ek
op die uitkyk vir waar die ongeluk is. Ongeveer 25km van die
Schoemanskloof afdraai, was daar stilstaande vragmotors voor my - die pad was
gesluit as gevolg van 'n motorongeluk en aangesien daar nog noodvoertuie opdaag
en dit een baan en elke rigting is, weet ek sommer die pad gaan geruime tyd
gesluit wees. Ek draai om en ry die Schoemanskloof pad, maar dis gladnie
aangenaam nie. Die mis is ontsettend dig en intussen is al die verkeer op
die pad. Dis vragmotors en oorlaaide slaapwaens aan taxis en ons kruie
maar so voort.
Half 9 is ons in Witrivier, stop by die adres in Alie van
Bergenstraat 30 en ek laai henru uit sy karstoel in sy rolstoel en toe ek op
die sypaadjie wil aanstap na waar ek dink die spreekkamer is, roep 'n
vroeuestem my dat die spreekkamer in die ander rigting is. 'n Voertuig
het voor die naambord geparkeer en dus was dit nie sigbaar van die straat nie.
Die mense is ontsettend vriendelik en behulpsaam in die
spreekkamer. Dr van Wyk kom aangestap, groet vriendelik en verwelkom ons,
mens voel sommer tuis. Hy neem ons direk deur na die spreekkamer waar hy
my ook aan sy seun voorstel.
Die prosedure word aan my verduidelik. Eers soek
ons 'n aar en Henru se are is so dun, dat die dokter half benoud raak. Hy
vind 'n geskikte aar in henru se regter voet en begin om bloed te trek. 4
buisies. Dit gaan stadig want die bloed wil nie vloei nie en die aar is
baie dun. Ek en die dokter se seun vryf Henru se been en na wat soos 'n
ewigheid voel, is die 4 buisies vol. Die lyn word behou en 'n drup wor
solank vir Henru in die aar gesit.
Die bloed word nou "gespin" in die masjien
sodat die plaatjies en die plasma skei. Die deurskynende bloedplasma bo
en die rooi bloedselle onder. Die plasma word onttrek en
"geaktiveer" onder 'n lig. Die geaktiveeerde plasma word nou in
die drupsakkie gespuit en moet dit nou inloop.
Intussen is Henru vas aan die slaap en toon feitlik geen
reaksies nie. Ek prober op enige wyse hom wakker maak, maar glad nie, hy
slaap so vas soos 'n klip. Dokter vra uit oor die omstandighede en ons
prober steeds hom wakker kry, maar niks. As hy so bietjie wakker word,
"smile" hy en slaap dan verder. Ons beweeg en bevoel Henru se
arms en ben, maar hy slaap so dat mens nie dadelik enige reaksies kan waarneem
nie. Die situasie word verder aan my verduidelik dat dit 3-4 weke kan
duur voor daar reaksie is of in sommige gevalle is die reaksie onmiddellik.
Henru word ook verder ondersoek en sy pupille is vergroot
en reageer nie op lig as die dokter lig daarin skyn nie. Dr van Wyk sê hy
vermoed, op grond van Henru se slaap en pupille, dat daar drukking op die brein
kan wees, maar ons sal nou eers kyk wat die reaksie op die plasma behandeling
is. Hy sê ook te oordeel na Henru se toestand moet hy baie seer gekry
het. Dit tref my toe eers dat ek die scans by die huis vergeet het, maar
die laaste een was in elk geval ongeveer in 2005 geneem. Ons moet weer so in die
3de of 4de week in Januarie gaan vir nog behandeling en dan gaan hy ook 'n MRI
scan laat doen en laat 'n neuroloog ook vir Henru ondersoek.
Dis ongeveer 12:15 toe ons klaar is nadat dokter ook vir
Henru 'n glukose drup toegedien het. Dokter het ook vir my drie bottels
"STF balanced oil" gegee wat ek drie keer per dag 10ml vir Henru moet
gee. Dit is "organic sunflower (Omega 6) en "organic flax seed
(omega 3) balanced oil". Dit sal ook help met die voeding van die brein
en moontlik ook met die epilepsie.
Ek besluit ek gaan nie vir Henru weer in sy stoel laai
vir die entjie en weer oorlaai in sy karstoel nie, maar gaan solank die
rolstoel in die kombi laai en sal hom dan die entjie dra tot by die
kombi. Dokter sê hy sal by Henru bly dan kan ek die kombi nader bring.
Toe ek Henru van die bed af optel, kan ek agterkom die
linker arm wat altyd stokstyf is, is meer ontspanne - nie "major"
nie, maar dis beter. Soos ek hom altyd dra met sy bene oor my linker arm
en sy rug in my regterarm, skop hy altyd die bene styf en as ek hom dan in die
kar in sy stoel sit, is die bene so styf dat dit moeilik is om hom in posisie
te plaas in die stoel. Dit tref my dadelik dat ek hom met gemak kan
inlaai en die bene kan beweeg.
Op pad na Witrivier - en ek is so spyt ek het nie 'n foto
van die been geneem nie - was Henru se regterbeen heeltemal styf geskop en as
hy so ongemaklik geraak het langs die pad en gekerm het, kon ek nie die been
beweeg nie. Ek moes elke keer stop en hom uitlaai, laat lê agter in die
kombi en die been strek om dit weer bietjie "los" te maak. nou
kan ek die been bietjie beweeg en oplig en selfs bietjie vorentoe beweeg en hom
bietjie "gemakliker maak" terwyl ons ry, maar ek moes maar nog steeds
stop en hom uitlaai vir die stuitjie wat seer word, maar die in en
uitlaai is makliker.
Ek ry van die spreekkamer tot in Nelspruit waar ek by
McDonalds vir Henru oats koop omdat hy nog nie geëet of gedrink het nie.
Hy weier steeds om sy bottle te drink maar eet die hele houer se inhod klaar
terwyl hy slaap en glad nie eers sy oë oopmaak nie. Ek prober weer vir
hom iets gee om te drink, maar hy weier en ek gee ongeveer 150ml se melk vir
hom met 'n lepel in.
Ek laai hom weer in sy stoel en ons wildtuin besoek moet
maar wag tot ons weer in daardie rigting gaan en ons ry terug huis toe.
Die stuitjie pla en ons moet gereeld stop waar ons kan om bietjie verligting te
kan gee en uiteindelik is ons teen ongeveer 17:00 by die huis.
Henru het die heelpad gesit en slaap, selfs as die
stuitjie gepla het, het hy so met toe oë gekerm tot ek stop en hom gemaklik kon
kry en weer die pad vat. By die huis het hy geslaap toe ek hom
aflaai. hy wou niks drink nie en het darem weer geëet, maar baie
min. Ek gee vir hom teen 19:00 'n bottle met Nutren Fibre en sy medikasie
asook die olie en verbasend drink hy dit maklik, maar steeds so aan die slaap.
Teen 22:00 gaan ek ook slaap en dra Henru kamer
toe. Hy word glad nie wakker nie en slaap regdeur tot 06:00 die volgende
oggend. Ek wil vir hom sy bottle gee, maar hy is so laf soos nog iets en
gorrel met die melk en lag dan daaroor, baie snaaks. Ek gee naderhand die
medikasie emt die olies vir hom in met 'n spuit, maar alles is baie snaaks vir
hom.
Ek sê niks vir Sophy, sy oppasser, van die behandeling
nie en is werk toe. hy kry 13:00 sy olies saam met sy bottle tee en toe
ek by die huis kom 16:00, is hy wakker. Sophy sê hy het feitlik niks
geslaap nie. Hy het goed geëet en gedrink en hy gesels baie.
Die hele tyd is hy so laf soos nog iets. Lag vir
elke geluid wat ek maak of terwyl ek kos maak en hy hoor die borde of die
masjien waarmee ek sy kos fyn maak, lag hy sommer dat sy asem wegraak. Ek
gee hom kos, maar dit is net so snaaks vir hom. Hy eet egter baie goed so
tussen die gelag deur.
Toe ek weer sy aand bottle vir hom wil gee, weier hy om
te drink en is baie laf. Ek moet weer sy medisyne en olies met die spuit
vir hom gee, maar dis ook 'n groot gelag. Teen 23:30 maak ek vir hom tee
en hy drink omtrent 50ml daarvan en raak toe so efffens aan die slaap. Hy
slaap nie rustig nie maar laap wel.
Ek staan 05:15 op vanoggend en gaan stort en maak klaar,
maar hy slaap nog. net na 06:00 toe ek sy bottle met die olie en
medikasie wil gee, weier hy om te drink en weer trek ek die spuit nader en gee
dit vir hom in. En vat hom van die kamer na sy bed in die sitkamer en hy
giggle soos 'n skooldogtertjie.
Toe ek hom van die bed optel, is dit 'n ander kind wat ek
optel. Die bene wat altyd styf skop en maak dat ek soos 'n krap in die
gang af skuif na die sitkamer, is los en gebuig en ek kan gemaklik in die gnag
stap tot by die sitkamer. Sophy kom in en begin met hom gesels en hy
"praat" land en sand met haar tot ek ry werk toe.
16:00 toe ek ny die huis aankom, het Sophy die tye
neergeskryf soos hy geslaap het en dit was glad nie lank nie. hy was
meeste van die tyd wakker, maar hy slaap egter toe ek by die huis instap.
Ek vra haar uit oor hoe die dag andersins verloop het en Henru word toe wakker,
rek hom lekker uit en ja, strek sy arms, hoewel gebuig, voor hom uit. Hy
het dit nog nie gedoen nie. As hy hom so gestrek het, was sy arms steeds
gebuig en ingetrek teen sy bors, maar hierdie was anders. Sophy raak
skoon opgewonde en vra wat het die dokter gesê want die linker arm is so los en
die voete trek nog steeds in, maar sy kan beter met dit werk as sy doe
oefeninge doen.
Ek gesels met hom en hy gesels terug en lag en is skoon
opgewonde. Ek maak vir hom lekker hoender gaar en kapok aartappel (wat hy
haat en nie eet nie) met kaassous en botter en ja! Hy eet dit asof hy 'n
jaar laas geëet het! Geen uitdruk met die tong nie, geen gesigte trek of
mond toeknyp nie. Hy eet 'n hele hoenderbors fillet (van 'n plaas hoender
en nie winkel hoenders nie) asook twee medium aartappels sonder enige
moeilikheid.
Net na 8 vat ek hom kamer toe en kan weer lekker in die
gang as stap met die bene wat ontspanne is. Ek gee sy medikasie en olie
met bietjie melk en hy drink sonder moeite. Ek maak vir hom 'n bottle tee
en hy drink dit ook sonder moeite en nou, soos ek hier gesit en tik het, het hy
rustig aan die slaap geraak en slaap soos 'n baba.
Dit is ons storie soos dit verloop het vandat Marietha
Scholtz die e-pos vir my gestuur het Sondag aand en ek die afspraak kon maak
Maandag. Baie dankie daarvoor Marietha en ook dat jy daar by die
spreekkamer 'n draai kom maak het. Dit het geweldig baie vir my beteken
met jou ondersteuning. Ek sal laat weet as ons weer gaan vir die volgende
behandeling.
Die volgende behandeling is weer plasma die Maandag en
die Vrydag en daarna die stamsel behandeling.
Iets wat vir my treffend was en wat my nog meer hoop gee,
was toe ek Woensdag vir Dr van Wyk 'n whatsapp stuur van hoe Henru was soos ek
hierbo beskryf het asook 'n foto van die laaste scan en sy antwoord aan my
terug was "Is hy slapper vandag? Gister toe jy die kar gaan haal
het, het ek 'n gebed vir hom gedoen. Nou wag ons vir die
wonderwerk. Ek het baie groot agting vir jou toewyding. Dis
pragtig" Dit het my net meer laat besef dat dokters instrumente in
God se hande is en God bly die allergrootste geneesheer.
Ek vra asseblief dat almal wie hierdie lees ook saam met
ons sal bid vir 'n wonderwerk, maar laat God se wil sal geskied in die lewe van
Henru en nie soos ek of enigiemand anders wil nie.
Ek sal julle op hoogte hou van enigiets wat verder
gebeur.