Ons was weer
by Dr. Coetzee vir Henru se 6 maande opvolg ondersoek na die rugoperasie en die
dokter is baie tevrede met Henru. Daar is weer X-strale geneem van die rug en
die dokter asook die radioloog se bevinding is dat alles nog in plek is en daar
geen probleme is nie. Die dokter wil Henru eers weer volgende jaar weer hierdie
tyd sien.
Met
betrekking tot die slapery gaan dit nog steeds so op en af, maar dit gaan ook
goed. Soms slaap hy sommer so vir twee dae aanmekaar sonder om wakker te word
en ander dae is hy weer op en wakker, maar ek wens julle kan hierdie beleef as
hy so wakker is - dit is die en glimlag en lag. Vanaand was die TV byvoorbeeld
aan op Villa Rosa op KykNET en die een ou het vreeslik gehoes. Henru het
behoorlik geskater van die lag daaroor. Toe ek sy bottel vir hom gee, het hy so
gelag dat hy nie kon drink nie. Ek het hom moeg gespeel en laat lag tot hy so
dors was en die bottel behoorlik gedrink het.
Geen mens
wat hierdie episodes nie self beleef nie, kan besef hoe dit voel as hy so
opgewonde raak nie.
Ons sukkel
ook nog steeds bietjie met die longe, maar ek het ook vir Dr. Coetzee gevra oor
die longe. Sy antwoord was dat hy niks fout kan sien met die longe op die
X-strale wat geneem is nie. Ons stoom maar nog steeds voort met die nebulizer
en suig met die apparaat uit wat ons kan, maar kla doen ek beslis nie op
hierdie stadium nie.
Mag die druppeltjies
van GOD se Seën tot binne jou hartjie val en jou glimlaggie nooit verdwyn, mag
jy vrede en geluk vind en onthou jy is GOD se Kind.
Lillian Aucamp
No comments:
Post a Comment