Wednesday, March 20, 2013

20 MAART 2013

Daar is op hierdie stadium nie veel om meer te sĂȘ nie. Die omstandighede rondom die slapery wissel maar elke dag. Een dag slaap Henru die hele dag deur en een nag is hy weer die hele nag wakker, soms slaap hy so dag en 'n half aanmekaar sonder om wakker te word en ander dae is dit weer normaal soos ek hom ken.

Ek en Henru wissel mekaar so bietjie af en is ek vandag weer by die huis. Ek is veronderstel om in die hospitaal te wees met prostaat probleme, maar kan nie gaan nie want het nie iemand om na Henru om te sien nie. Gister en vandag is dit weer so seer dat ek amper nie kan sit nie. Wag juis nou op die dokter om te hoor wat hy verder beplan, maar my amptelike afspraak is die 26ste Maart 2013 om 09:30. Moet eers nog weer bloed gaan trek om te kyk of die tellings gedaal het van die PSA se 59.9 en die infeksie se 280.2 waar albei 3 moet wees. Ek voel sommer goor, bewerig, duiselig en seer.

Henru het nou wakker geword (09:30) en is Tebogo besig met sy oefeninge en kos gee. Ek gaan eers bietjie rus na ek nou medisyne gedrink het.

No comments:

Post a Comment