My verlof was ook net tot die 4de Januarie 2013 en moes ek die 7de Januarie 2013 weer diens hervat. Waar gaan soek en kry mens nou iemand om Henru op te pas en te versorg soos wat Roselinah dit gedoen het? Al die plekke is toe en ek moet wag tot die 2de Januarie 2013 voordat ek kan begin bel. Intussen maak ek telefoonnommer bymekaar.
Ek kry 'n klomp telefoonnommers van instansies wat sulke versorgers beskikbaar stel, maar kan nie geholpe raak nie. Almal se pryse is onbekostigbaar duur.
My tannie, Jeanette van der Watt, wie ook hier in Pretoria woon, laat weet my van iemand wie haar ma opgepas het voordat sy oorlede is en ek kontak die vrou, Tebogo. Sy is in Soshanguwe en kan kom vir 'n onderhoud op Vrydag 4 Januarie 2013. Sy bel my die oggend en laat weet dat sy nie die omgewing ken nie en of ek haar nie kan gaan haal by die KFC in Ruimteweg nie en ek maak so.
By die huis wys ek haar wat ddie omstandighede is en wat ek van haar verwag en wat sy moet doen en indien sy die werk sou aanvaar, dan word sy op 'n drie maande proef tydperk aangestel sodat ek kan sien waartoe sy in staat is en of sy kan aanpas met Henru. Behalwe dit, het sy ook nog opleiding in versorging van pasiënte spesifiek met was en voeding, maar omdat Henru se voeding meer intensief is, sal ek haar eers moet leer wat om te doen. Henru is ook baie sensitief met sy bottel en as die hoek waarmee die tiet in sy mond gesit word nie reg is nie, dan drink hy nie.
Sy sê dat sy die werk aanvaar en Maandag 7 Januarie 2013 meld sy aan vir diens. Ek het gereël dat ek nog 'n week se verlof sal neem om haar te monitor en te leer met die versorging van Henru.
Die fisioterapeut, Michelle Meintjies, kom die Dinsdagoggend en is tevrede met haar. Tebogo snap vinnig en verstaan goed wat om te doen met die strekoefeninge van Henru. Met die voeding gaan dit goed en sy draai hom gereëld om en weet ook van die voorkoming van druksere, dus smeer sy hom dikwels in met handeroom en is ek tevrede sodat ek die 14de Januarie kan teruggaan werk toe.
So is een versorger weggeneem en is 'n nuwe een spoedig in haar plek gekry en dit kan ek alleen aan die genade van die Here toeskryf. So sorg Hy vir ons en hoef ons nie te bekommer oor die dag van môre nie.
Die lewe van Henru Grobbelaar, betrokke in 'n motorongeluk op ouderdom 8 maande 3 weke, vanaf die dag van die ongeluk en wat hy alles al deurgemaak het. Ouers in soortgelyke omstandighede word uitgenooi om hulle ervarings ook hier te deel. * The life of Henru Grobbelaar, involved in a MVA at 8 months and 3 weeks, since the day of the accident and every thing that he went through. Parents in similar cirumstances are invited to share their experiences here.
Sunday, February 3, 2013
SLEGTE NUUS
Op 14 Desember 2012 is ons na my oom, Hannes van Coller, se begrafnis op Reitz. Omdat Roselinah van Qwa Qwa af kom en elke keer met die taxi daarheen moet ry, laat ek haar, soos altyd wanneer ons Bethlehem toe gaan, saam met ons ry om kostes te spaar van die taxi.
Omrede ons eers begrafnis toe gaan, laai ek haar toe af op die plek waar die taxi's hulle passasiers kry na Qwa Qwa. Ons tref ons reëlings dat sy weer die 7de Januarie 2013 sal terug wees vir die nuwe jaar.
26 Desember 2012 toe ons klaar maak om terug te kom Pretoria toe, kry ek 'n oproep van haar oom wie vir my sê dat Roselinah baie siek is en sy gaan hospitaal toe. So probeer ek maar in die week om met haar self te praat, maar kan haar nie op haar selfoon in die hande kry nie en vind maar by haar oom uit dat dit nie goed gaan met haar nie.
Sondag, 30 Desember 2012 teen 10:30 die oggend kry ek 'n oproep van haar oom met die nuus dat Roselinah oorlede is. Dis iets waaraan niemand iets kan doen nie, maar dit is steeds 'n groot slag vir ons. Sy het vir 16 jaar by ons gewerk, nog voor Amòr se geboorte. Na die egskeiding het sy Maandag tot Donderdag by Telma gewerk en Vrydae by my om te kom stryk.
Na die ongeluk het sy voltyds weer by my gewerk en het sy in diens opleiding gekry, net soos ek ook, om Henru te versorg. Sy was baie toegewyd en het alles in haar vermoë gedoen om Henru na die beste van haar vermoë te versorg.
Met die trek Pretoria toe, het sy haar eie kinders in die sorg van haar man en suster in Qwa Qwa gelos om vir Henru te kom versorg. Nadat haar man ongeveer 5 jaar gelede oorlede is, het haar suster na haar kinders omgesien.
Alhoewel daar dae was wat ons koppe gestamp het oor goed wat sy nie gedoen het met betrekking tot Henru nie, was sy steeds, ten spyte daarvan dat sy geen formele opleiding gehad het nie, baie toegewyd aan Henru en baie lief vir hom. Daar was baie keer wat daar iets gebeur het wat Henru nie gesond was nie, wat sy lang trane oor hom gehuil het.
Dankie Nina vir wat jy vir Henru gedoen het, maar nie net vir hom nie, ook die hulp vir my en die ander kinders. Sy was so beskermend teenoor hulle en al het hulle hoeveel kattekwaad aangevang, sou sy nooit by my kom nuus aandra het nie en het hulle altyd beskerm. Mag sy in vrede rus.
Omrede ons eers begrafnis toe gaan, laai ek haar toe af op die plek waar die taxi's hulle passasiers kry na Qwa Qwa. Ons tref ons reëlings dat sy weer die 7de Januarie 2013 sal terug wees vir die nuwe jaar.
26 Desember 2012 toe ons klaar maak om terug te kom Pretoria toe, kry ek 'n oproep van haar oom wie vir my sê dat Roselinah baie siek is en sy gaan hospitaal toe. So probeer ek maar in die week om met haar self te praat, maar kan haar nie op haar selfoon in die hande kry nie en vind maar by haar oom uit dat dit nie goed gaan met haar nie.
Sondag, 30 Desember 2012 teen 10:30 die oggend kry ek 'n oproep van haar oom met die nuus dat Roselinah oorlede is. Dis iets waaraan niemand iets kan doen nie, maar dit is steeds 'n groot slag vir ons. Sy het vir 16 jaar by ons gewerk, nog voor Amòr se geboorte. Na die egskeiding het sy Maandag tot Donderdag by Telma gewerk en Vrydae by my om te kom stryk.
Na die ongeluk het sy voltyds weer by my gewerk en het sy in diens opleiding gekry, net soos ek ook, om Henru te versorg. Sy was baie toegewyd en het alles in haar vermoë gedoen om Henru na die beste van haar vermoë te versorg.
Met die trek Pretoria toe, het sy haar eie kinders in die sorg van haar man en suster in Qwa Qwa gelos om vir Henru te kom versorg. Nadat haar man ongeveer 5 jaar gelede oorlede is, het haar suster na haar kinders omgesien.
Alhoewel daar dae was wat ons koppe gestamp het oor goed wat sy nie gedoen het met betrekking tot Henru nie, was sy steeds, ten spyte daarvan dat sy geen formele opleiding gehad het nie, baie toegewyd aan Henru en baie lief vir hom. Daar was baie keer wat daar iets gebeur het wat Henru nie gesond was nie, wat sy lang trane oor hom gehuil het.
Dankie Nina vir wat jy vir Henru gedoen het, maar nie net vir hom nie, ook die hulp vir my en die ander kinders. Sy was so beskermend teenoor hulle en al het hulle hoeveel kattekwaad aangevang, sou sy nooit by my kom nuus aandra het nie en het hulle altyd beskerm. Mag sy in vrede rus.
ONS SOEK 'n STOEL
Ons het redelik ver en wyd gesoek vir 'n geskikte stoel om Henru mee te kon hanteer aangesien sy ou stoel glad nie geskik was om hom mee te hanteer nie. Ek het sommer met 'n mes die stukke wat daar was vir die rug in die ou stoel uitgesny, maar ek kon nie die sitplek aanpas nie. Omdat die sitplek diep was om Henru te ondersteun, het die plate wat nog in beide sy heupe is, teen die kante vasgedruk en dit het hom seer gemaak.
Ek het op die internet gaan soek en met ortotiste gepraat, maar die stoele vir gestremdes soos Henru is ontsaglik duur. Ek het tot een kwotasie gekry van R70 000!
Ek het toe Henru se "girlfriend" Lyn Bowker gekontak en sy het my verwys na Gagik Hakopian vir 'n stoel. Ek het die Vrydag middag hier by die huis gesit en gebel en hulle het 'n stoel beskikbaar gehad. Gelukkig is dit nie ver nie (Rivonia) en ons het sommer daarheen gery om te gaan kyk want ek moes seker maak die stoel is reg en die moeite werd.
Gagik het ons gesien en die stoel gemeet en gepas en alles verduidelik. Ons was by hom vir meer as 'n uur en hy het geen kostes vir ons gevra nie. Die stoel was baie goed en het baie voordele, maar die prys was steeds R44 885. Dit nadat hy ons 5% afslag gegee het. Lyn het ook vir my gesê toe ek met haar gepraat het, dat sy Ashley se stoel vir ongeveer R40 000 gekoop het maar dit was 'n jaar of twee gelede.
"Ñ Skulpie suig aan ñ hoé rots vas in die see, waar storms & bruisende golwe oor hom slaan. As dit rustig word & die see trek terug, dan sit hy steeds vas aan die rots... So sal ons ook wees, as ons aan DIE HOOGSTE ROTS vashou! Geen lewens-storms sal ons va HOM losslaan nie!"
Omdat daar nie fondse beskikbaar was nie, het ons begin met 'n fondsinsamelingsveldtog. Dirk du Plooy het vir my gehelp om 'n ondersteuningsgroep op facebook te maak en Guillaume Rood, 'n oud kollega op Frankfort, het per e-pos mense genader om fondse in te samel. Een van my ou skoolmaats, Dawid Momberg, het ons matriekklas uitgedaag om elkeen R100 by te dra en so het ons met almal wie bygedra het, die bedrag van R52 300 ingesamel en kon ek die stoel aankoop. Ek gaan nie name noem hier van die skenkers nie, want daar is skenkers wie wel hulle besonderhede verstrek het, maar gevra het dat hulle annoniem wil bly oor hulle bydraes, derhalwe respekteer ek dit, maar nogmaals dankie aan elkeen se bydrae. dit maak die lewe vir my en Henru baie makliker. Nie net vir ons nie, maar ook vir Hannes, Francois en Amòr, want nou hoef ons nie meer elke naweek by die huis te sit nie. Ons kan ook bietjie uitkom en al is dit nie na 'n spesifieke plek nie, ons kan darem in die middae bietjie gaan stap ook net om bietjie uit die huis te kan kom, selfs al kan ons net in die stoel onder die boom sit.
Susan Mare van die Vrystaat Koerant in Bethlehem het ook 'n e-pos onderhoud met my gevoer en daardeur het nog mense geld vir Henru beskikbaar gestel.
Baie dankie aan elkeen wie 'n bydrae gemaak het. Sonder julle sou ons nou nog nie die stoel gehad het nie.
RUGOPERASIE
Weens die feit dat Henru se een kant sterker
is as die ander, trek hy meer oor na die regterkant, met die gevolg dat sy hele
rug verkrom het. Ons was Mei 2011 by die dokter en hy het gesê dat hy nie gaan
opereer nie, aangesien Henru nog groei en die kurwe is onder beheer met behulp
van ‘n stut wat hy dra. Die kurwe is slegs 40° wanneer hy die stut aan het.
Ek bel weer Maandag die 3deSeptember 2012 Dr. Pretorius en deel die
ontvangsdame mee dat dit werklik vir my 'n krisis situasie is en daar word toe
gereël dat Dr. Pretorius Henru die Woensdagoggend 6 September 2012 om 07:15 sou
sien omdat hy self ook 'n knieoperasie moes ondergaan en nie beskikbaar sou
wees vir 'n tyd nie.
Hy kry toe niks fout by die heupe nie, maar
as mens op Henru se buik druk, dan huil hy en dit is klip hard, direk onder die
vel, aan die een kant van sy buik. Hy stuur ons toe vir ‘n sonar en daar word
toe vasgestel dat die een nier vasgedruk word en veral as ek hom hanteer, dan
druk dit ook op die nier en dit is hoekom hy so seer het. Dr. Pretorius sê toe
hy sal met Dr. Coetzee skakel en my laat weet. Ek ry terug huis toe, laai Henru
af en gaan terug werk toe en toe ek by die kantoor instap, bel Dr. Pretorius my
en sê Dr. Coetzee wag vir ons.
Na die ondersoek sê Dr. Coetzee dat daar so
gou moontlik geopereer moet word, want die kurwe het vererger van 40° na 75° en
die pyn wat Henru ervaar, is soortgelyk aan nierstene en dit gaan net vererger,
want die longe en hart gaan ook aangetas word. Die operasie word toe
geskeduleer vir 20 September 2012 vanaf 08:15 tot 12:00.
Ek ontvang die kwotasies en merk dat om die
rug te opereer, moet daar in totaal 36 skroewe en 2 stawe in Henru se rug gesit
word wat dan die rug sal reguit strek en sy postuur verbeter, die rug verbeter
en die borskas spasie sal verbeter.
Die aand voor die operasie.
06:00 op 20 September 2012 meld ons aan by
die Life Faerie Glen Hospitaal en die Ortotis is die eerste persoon wie Henru
kom sien. Hy gee ons sulke wit, styfpassende kouse wat ek vir Henru moet
aantrek om te voorkom dat daar bloedklonte kan vorm in sy bene.
Die volgende is die Narkotiseur en alles is
reg met Henru. 08:15 kom haal hulle hom en ons is teater toe waar ek saam
ingaan en hom 'n soen gee net toe hy aan die slaap raak.
Teen 12:00 wag ek voor die teater. Na 'n
rukkie kom Dr. Coetzee uit en sê dat alles goed gegaan het. Henru het nie baie
bloed verloor nie en hulle is besig om hom wakker te maak. Dit raak al langer
en is later amper 12:30 en hulle bring hom nie uit nie.
Terwyl ek daar staan en wag, gaan die hysbak
se deur oop en Telma en Francois stap uit. Telma gaan soek na 'n toilet en net
nadat sy weg is, kom roep een van die susters my en sê ek moet 'n teater jas,
hoed en skoene aantrek, hulle kry nie vir Henru wakker nie en dalk sal hy
reageer op my stem.
Ons probeer alles, maar Henru wil nie wakker
word nie en hulle besluit om hom op die masjiene te koppel en ICU toe te neem.
In ICU bly hy steeds slaap en raak nie wakker nie.
Telma bly
daar tot 17:00 en hulle gaan na haar ouers op Naboomspruit.
Die 21ste September begin hy bietjie reageer en net na 7 die oggend
word hy wakker. Telma kom weer so teen 10:30 daar aan tot 13:00 waarna hulle
teruggaan Harrismith toe.
Hulle haal later die pype uit en dit gaan beter. Hy wil nie
uit die bottel drink nie en eerste moet hy vloeitsowwe inneem. Hulle bring
sulke waterige sop wat ek vir hom met die spuit gee. Sy suurstof tel nog nie
goed genoeg op nie en net die suurstof pypie bly nog, maar die dokters is
tevrede. Dan is daar ook die hemoglobien wat nie herstel nie en daar word
besluit vir hom 250ml bloed te gee.
Die ortotiste het intussen sy rugstut ook kom maak met die
gipsvorm en bring later die klaargemaakte stut vir hom. Toe die fisioterapeut
die middag daar kom, wys sy vir ons om die stut aan te sit om hom te ondersteun
en die rug in posisie te hou.
Die middag kry ek darem die eerste effense glimlag. Dit gaan
verbasend goed. Daar is geen spasmas nie en mens kan sien dat hy nie seer het
nie. Dit was nie naastenby die reaksie wat ek verwag het nie as mens die vorige
operasies wat hy ondergaan het nie in ag neem nie.
Later die middag word hy oorgeplaas na die algemene saal waar die
fisioterapeut ons ook later kom wys hoe om hom in die stoel te sit. Dit gaan
ook uitstekend en hy sit sommer vir ongeveer 'n uur in die stoel en het selfs
met tye aan die slaap geraak.
Die 25ste September het hulle die wond kom oop en
skoonmaak en elke tweede staple uitgehaal. Daar was 62 van hulle in. Daarna is
die wond weer met pleisters toegeplak.
Daar is ook X-strale geneem van my rug met die klomp ysters
in. As mens die X-strale dwars draai, dan lyk dit of ek aan die wasgoeddraad
hang met wasgoedpennetjies. Ek kon ook baie meer regop sit toe hulle dit geneem
het in vergelyking met die eerste keer toe die X-strale geneem is.
Hier was al die dreineringspype en die kateter verwyder en
het ons net gewag om huis toe te gaan.
Hier het ons net by die huis gestop. Ek het soveel beter en meer regop in die stoel in die kombi gesit en my kop kon ek ook beter regop hou.
Uiteindelik op my eie bed in die sitkamer by die huis waar
ek lekker op my sy kon lê.
En weer lekker in my eie bed kon slaap by die huis die nag.
Die "bergie" van my ribbetjie sal blykbaar later bietjie kleiner
word.
Die 5de November 2012 gaan ons vir 'n
opvolgondersoek by Dr. Coetzee. Hy is baie tevrede met sy vordering en sê dat
Henru nie meer die stut langer hoef te dra nie. Nou kan hy weer bietjie sit,
maar hy het nie 'n stoel waarin hy kan sit nie, want sy ou stoel is gemaak vir
sy krom rug en nou is sy rug reguit en dit gaan nie werk nie.
Henru kan selfs vir klein
rukkies alleen op die bank sit sonder dat iemand of iets hom ondersteun. Ons
moet Dr. Coetzee eers weer die 11deMaart 2013 gaan sien om te kyk of alles nog reg
is.
Ons was ook weer die 13de
November by Dr. Lippert en hy was ook tevrede. Hy het my medikasie verminder
deur die Stilnox weg te vat en ook gesê dat ons die Ativan net moet gebruik as
ek erge epileptiese aanvalle kry.
Die 21ste November
2012 was ons by Dr. Pretorius en hy was ook steeds tevrede met my heupe die
enigste probleem wat daar nou was, was om 'n stoel te kry waarmee ek ook
bietjie gemaklik kan beweeg.
Sussa (Amòr) het vir my 'n skapie
gegee wat ek darem so in my arm kon vashou.
Ons is vir Kersfees 2012 na Bethlehem waar ons by Tannie
Hanlie hulle gebly het vir die tyd. Francois het ook bietjie saam met ons kom
kuier en hier sit ek en hy bietjie op die bank in die sitkamer.
Is ek nie te seksie nie? Lekker klaar gebad, tande geborsel
en hare gekam.
Friday, February 1, 2013
2012
Gedurende
Februarie 2012 neem ek Henru weer na Dr. Pretorius vir die opvolgondersoek met
die heupe en hy is tevrede. Ons gaan voort met die terapie en die rugstut wat
hy dra.
Een kollega
van my, Johan Zeelie, vertel kort-kort vir ons hoe hy soms die Vrydag verlof
neem, dan ry hy deur wildtuin toe en spandeer nie naweek daar en kom dan weer
terug. Ons bespreek eendag weer sy
gereelde besoeke aan die wildtuin en hy vertel my toe dat die SAPD-lede goedkoop
akkommodasie in die Kruger Wildtuin kan geniet en gee my toe die nodige
kontakbesonderhede.
Ek doen toe
navraag en dit kos ons net R200 per nag.
Vir 10 nagte sal dit ons dus R2 000 kos en daar is slaapplek vir 8
persone.
Ek kontak
toe ook my twee susters, Betsie en Mariëtte en hulle wil ook saamgaan met hulle
kinders en so help dit ons om bietjie vakansie te kan gaan hou en bietjie weg
te kom uit die huis.
Ons bespreek
die plek van die 1ste Julie 2012 tot die 10de en moet dus die 11de Julie 2012
uit wees. Ons is almal baie opgewonde want ek was laas in 1990 in die wildtuin
saam met my gewese skoonouers met die karavaan toe Hannes ongeveer 6 maande oud
was en dit was vir my baie lekker.
Ons vertrek
die oggend van die 1ste Julie vroeg die oggend hier van ons huis in Pretoria en
Henru hanteer die ryery daarheen uiters goed en ons arriveer in Satara kamp
ongeveer 15:30 die middag. Die volgende dag gaan ry ons die oggend rond en kom
terug kamp toe en die middag gaan ons weer ry.
Dinsdag die
3de Julie 2012 tref die ongeluk vir Henru. Terwyl ek besig is om sy toonnaels
te knip, vervat ek sy voet om die volgende toonnael te knip. Hy is baie
sensitief onder sy voete en met die wat ek vervat, ruk hy sy been weg en soos
sy been gestut was teen my sy, voel ek iets klap en die volgende oomblik begin
hy huil.
Ek probeer
vasstel wat aangaan en beweeg die heupe versigtig, maar kan niks voel nie. Hy
raak effens rustig en toe ek aan sy knie vat, begin hy weer huil. Ek merk toe
dat daar 'n effense swelling bokant die knie is en weet: sy been het weer
gebreek.
Ek bel Dr. Pretorius
se spreekkamer om te hoor wat ek kan doen en hy beveel aan dat ek na Nelspruit
hospitaal sal gaan waar 'n ortopeed ons kan help. Ek probeer Henru in sy stoel in
die kombi sit, maar hy kan dit nie hanteer nie en ek besluit dat ek nou geen
ander keuse het as om hom op die sitplek te laat lê nie.
Ons maak vir
hom bed op die sitplek en ek en Hannes vertrek met hom na Nelspruit. Op pad uit
reël ons by die kantoor dat ons kan ry en hulle gee ons toestemming om waar die
pad dit toelaat, die spoedbeperking te oorskry en so gaan ons van Satara na die
Orpen hek. Waar die pad reguit en die veld oop is dat mens kan sien, ry ek teen
ongeveer 80km/h, maar waar dit bietjie meer ruig is, ry ek stadiger want ek is
bang daar kom 'n dier uit die veld die pad binne. Dit voel soos 'n ewigheid
voordat ons die Orpen hek bereik en daarvandaan nog 'n ewigheid tot by
Nelspruit MediClinic.
As ek geweet
het die diens daar sou so pateties wees, het ek werklik eerder Pretoria toe
gery. Ons arriveer ongeveer 12:15 by die hospitaal en gaan na ongevalle waar
ons wag dat iemand ons kom sien. Eers moet al die vorms voltooi word en toe die
medies die magtiging gee dat dit in orde is, kom daar uiteindelik 'n dokter wie
na Henru kyk.
Sy verwys
ons vir X-strale en na ongeveer 'n uur en 'n half kom hulle met die X-strale en
bevestig dat die been gebreek het: weer direk bokant die knie. Interessant was
om te sien hoe die vorige breek se merk verskuif het en dit nou ongeveer in die
middel van die bobeen is soos die been gegroei het.
Die dokter
deel ons mee dat dit gelukkig 'n "skoon" breek is en dat die ortopeed
ons sal kom sien om die verdere behandeling te bespreek. Ek deel haar mee dat Dr.
Pretorius wag vir die ortopeed om hom te skakel en versoek haar om Dr. Pretorius
se telefoon nommer aan die ortopeed te verskaf. Sy weier om dit te doen en wil
nie eers dat ek die nommer vir haar gee om die ortopeed Dr. Pretorius te laat
skakel nie, sy volstaan daarby dat ek kan wag tot die ortopeed Henru sal kom
sien. My “refs” begin al klaar in die rooi hardloop! Ek bel vir Dr. Pretorius
en hy sê dat hy die dokter ken en met hom sal skakel.
Teen
ongeveer 15:30 kom die ortopeed daar aan en deel ons mee dat hy Henru gaan
opneem vir die nag en die ortotis sal hom dan die volgende oggend kom sien. Die
been kan nie met skroewe geheg word nie, aangesien dit so dun en bros is en
skroewe gaan die been net weer laat breek waar die skroef ingeplaas is.
Hy gee vir
Henru 'n voorskrif vir Panado-stroop vir die nag. Ek soebat hom om te help en
deel hom mee dat ons met vakansie is in die wildtuin en dat ons graag sal wil
terug gaan, maar hy is net so ongevoelig en sê dat Hannes maar in 'n gastehuis
of iets kan gaan slaap, maar ek gaan in elk geval saam met Henru in die saal
slaap omdat ek hom ken en die personeel hom nie sal kan versorg nie.
Hulle neem
Henru na die saal, maar ek kook behoorlik! Die saalsuster kom later om en ek
vertel haar dat ek bitter ongelukkig is oor die situasie en dring daarop aan om
met die ortotis te praat. Hy is nog meer ongevoelig en deel my mee dat hy Henru
die volgende oggend enige tyd van 09:00 sal sien en dan sal besluit wat hy gaan
doen. Ek versoek hom ook om te help weens die feit van die vakansie, maar hy is
onwrikbaar. Ek vra of ons nie 'n vaste tyd kan bepaal nie en hy deel my ewe
ongevoelig toe "enige tyd van 09:00 tot 16:00".
Die volgende
oggend is die ortopeed teen 08:00 daar en deel my mee dat hulle Henru sedasie
medikasie gaan kom gee en dan sal die ortotis hom sien.
Teen 09:00
kom haal hulle Henru en die ortotis sit 'n spalk aan soos ek nog nooit in my
lewe gesien het nie. Dis so vel plastiek of iets wat hy in warm water sit en om
Henru se been vorm met so hoek van ongeveer 90º. Hy maak eers die deel van die
bo-been en dan die onderbeen en las die twee dan aan mekaar en plak "velcro"
daaraan vas. Dan trek hy so kous soos kaasdoek oor die been aan en sit die
spalk oor. Dit alles duur ongeveer 15 minute en daarna sê hy net dat ons die
res van die vakansie moet geniet.
Net na die
ortopeed die spalk aangesit het
en Henru nog onder sedasie was.
Ek laai Henru in die kombi en
gaan terug wildtuin toe.
In die wildtuin is dit ongemaklik
om met Henru rond te ry en iemand moet maar altyd agterbly as ek uitgaan om na
hom om te sien. Ons gaan die week so deur en kyk of dit nie beter word nie,
maar dit gebeur nie en ons kom die Sondag 8 Julie terug huis toe.
Ons volgende afspraak was alreeds
gemaak by Dr Pretorius vir die 25ste Julie en dus hoef ek nie weer 'n afspraak
te maak vir die verwydering van die spalk nie.
Die middag van 19 Julie 2012 toe
ek by die huis kom, sê Roselinah vir my dat Henru nie lekker is nie en klaerig
is. Ek probeer kyk of ek iets sien en skuif die gespalkte been rond totdat dit
in 'n posisie is waar dit lyk of Henru tevrede is.
Ek gaan maak kos, maar hy
bly klaerig. nadat ek sy kos gegee het, probeer ek steeds vasstel wat hom
ongelukkig maak en sien aan die onderkant van die spalk dat die kous daar 'n
vou in het en dink toe dat die vou hom dalk kan druk.
Ek probeer die vou plat
vryf deur my vinger onder die spalk in te druk en toe ek so vryf, voel ek dit
is nat onder die spalk. Ek en Amor was alleen by die huis en ek vra haar toe om
te kom help dat ek die spalk kan afhaal sodat ek kan sien wat daar onder
aangaan. Ek is in 'n toestand van skok toe die spalk af is, want onder die
spalk het die kous letterlik gemuf!
Ek bel weer
vir Dr Pretorius en hy sê dat hy ongelukkig met verlof is in die Natalse kus
iewers, maar beveel aan dat ek eerder met Henru na Unitas ongevalle moet gaan
dat hulle daarna kan kyk. Hy vra my of ek die kous onder die spalk elke dag
vervang het, aangesien die spalk geen ventilasie het nie en die ortotis
veronderstel was om aan my genoeg kouse te gee sodat ek dit kon vervang en was.
Tot my
ontsteltenis is dit die eerste woord wat ek hiervan verneem en is Dr Pretorius
net so geskok toe hy dit verneem. Hy vertel my dat ek veronderstel was om elke
dag die spalk af te haal, 'n ander kous aan te trek en dan die spalk weer terug
te sit. Die ortotis in Nelspruit het dit
nooit aan my vertel nie en ook nie aan my kouse gegee nie. Die gevolg was dat
die been gesweet het onder die spalk en dit het veroorsaak dat daar 'n swam
gevorm is en nou lyk die been so.
Ek bel vir
Dirk en vra hom om te kom help dat ons Henru by die hospitaal kan kry en
weereens, soos by al die hospitale, wag ons 'n ewigheid.
Ons was
ongeveer 21:00 daar by die hospitaal en het eers na 01:00 by die huis gekom.
Die personeel was egter baie behulpsaam en vriendelik. Hulle het die aangetaste deel baie mooi skoon
gemaak en bedek met gaas en ek weet nie wat alles nie en gesê ons moes na 3dae
weer na die suster gaan dat hulle die "dressing" kan verander en weer
skoonmaak.
Toe dit tyd
is vir die skoonmaak, gaan ek na die apteek naby my huis en die apteker, Herman
en die suster help my gratis om Henru se aangetaste been skoon te maak en 'n
ander dressing op te sit.
Die 25ste
Julie gaan ons na Dr. Pretorius en hy help om die dressing weer te verander,
neem X-strale van die heupe en die been en is tevrede dat die heupe nog reg is
en die wond op die ander been goed genees. Met die bestudering van die X-strale
sê hy weer hoe maklik die bene kan breek om dat dit so dun en bros is.
Ons gaan
weer die 27ste apteek toe en Herman meng 'n salf wat ons elke dag
moet aansmeer en die wond genees verbasend goed en vinnig.
HYDRO TERAPIE
Soos daar deurlopend
waargeneem kan word het en probeer nog steeds enigiets om Henru te help.
Ek het
verneem van 'n Biokinetikus, Christa Venter, wie 'n verhitte swembad het en
naby my huis is en ek het Henru daarheen geneem vir evaluasie. Sy het gesê dat
ons kon probeer en kyk wat gebeur en so het ek Henru in die somermaande van
2010 en 2011 na haar geneem.
Met hierdie
terapie beweeg die Christa met Henru van die een kant van die swembad na die
ander kant in die lengte van die swembad en swaai Henru se lyf teen die
skoliose. Verder gebruik sy van die swem hoepels om hom te laat dryf en dan
moet hy sy kop optel en sy probeer ook sy been beweging aktiveer.
Alhoewel hy
baie ontspan het met die terapie, in so mate dat hy in die halfuur wat Christa
met hom besig was in die swembad, hy so in haar arms in die swembad aan die
slaap geraak het.
Daar kon
geen noemenswaardige verandering waargeneem word na die twee jaar nie en as
gevolg van die kostes daaraan verbonde, het ek hierdie terapie ook gestaak en
net met die spraak en fisioterapie voortgegaan.
STILNOX
Tannie Frieda en Oom Kobus du Plessis,
wie saam met my gewerk het op Harrismith, het my een aand gebel Desember 2010
en laat weet van die uitsending op KykNET, Robinson Regstreeks waar Freek met
Dr Wally Nel gepraat het oor die geval van Louis Viljoen:
But he did.
And now the story of
how his mother woke him up by chance 13 years ago has led to a new treatment
for patients with severe brain injuries that is giving hope to others across
the world.
Every evening, Sienie
Viljoen visited her comatose son and fed him, praying for a miracle. An
unlikely miracle, because medical science accepts that patients who have been
in a permanent vegetative state for years after a brain injury, just do not
wake up.
But one night in
1999, Louis was restless and his mother phoned her general practitioner, Dr
Wally Nel, to ask if she could give Louis one of her sleeping tablets. She had
some Stilnox with her, and Nel said she could crush half a tablet and give it
to him.
After about 15
minutes, colour returned to Louis’ cheeks. His eyes focused and for the first
time in four years she heard his voice: “Hallo Mammie.”
Many others have
since followed Louis.
Late last year,
26-year-old Chris Cox of the US, whom doctors said had suffered irreversible
brain damage, woke up after being given the same sleeping pill as Louis, which
is known in that country as Ambien.
Last December,
23-year-old Australian Sam Goddard, who had suffered eight consecutive strokes,
came out of his coma and spoke again.
But back in 1999,
Louis fell back into his coma after an hour and a half of blissful wakefulness.
The next day his mother tried the pill again and again Louis woke up.
She phoned Nel who
did not believe her, but he went to visit them. He was astounded and
immediately contacted a number of neurologists.
“They would not
believe me, but I was persistent,” he said.
And eventually even
the skeptical neurologists witnessed the pill’s effect. There was no medical
explanation.
A while later,
Professor Ralf Claus, the head of nuclear medicine at Medunsa, heard about the
case.
He had just received
a new medical scanning machine that could detect brain cell function. He and
Nel then scanned Louis’ brain, before and after he took Stilnox. The results
were astounding.
The scans revealed
that large areas of Louis’ brain were totally inactive before taking the pill.
When the medication took effect, many “dead” brain cells functioned again,
until the medication wore off.
There was no
precedent and no explanation. During the last 12 years of intensive study, Nel
and Claus have concluded that it has something to do with neurotransmitters in
the brain.
In healthy people,
Stilnox calms the brain and induces sleep, but it has the opposite effect on
those with brain injuries.
“In the past we
believed that after a brain injury, in the damaged areas, cells were dead for
good. Our research has shown that this is not the case. Many brain cells die,
of course, but many don’t die and seem to go to sleep. They can be reawakened,”
says Claus.
Claus and Nel have
since helped hundreds of patients across the world. Claus has moved to the UK,
but Nel is still a GP in Springs. They have published a number of scientific
papers.
They have also
discovered that Stilnox not only helps patients in comas, but those with
different kinds of brain injuries, including strokes and cerebral palsy.
“It does not matter
how old the brain injury is, the dormant cells can still wake up even after
many years,” says Claus.
Further research on
Stilnox’s effectiveness is ongoing worldwide.
Louis, however,
remains bedridden in the nursing home, but half a tablet twice a day keeps him
awake full-time and he continues to improve slowly.
Instead of just
holding his hand, his mother now laughs at his jokes and he hugs her when she
leaves. “My son was dead. I have my son back,” she says.
Ek het Dr Nel
opgesoek op die internet en sy nommer bekom en hom geskakel. Hy het versoek dat
ek aan hom 'n e-pos stuur sodat hy meer kan weet oor Henru se situasie, wat ek
toe gedoen het en toe 'n afspraak by hom bekom in Januarie 2011.
By die spreekkamer
het hy Henru ondersoek en versoek dat ek hom eers na die Steve Biko Hospitaal
moes neem vir 'n scan en dan sou ons weer terug gaan om die medikasie te laat
neem.
Einde Januarie 2011
is ons na sy spreekkamer en Dr Nel het eers 'n halwe tablet vir Henru gegee en
na ongeveer 10 minute kon mens 'n reaksie in sy oë waarneem. Dit was of die oë
meer lewendig geword het. Verder het sy arms bietjie meer ontspan, maar daar
was geen ander merkbare verandering nie.
Ons is toe huis toe
en het so voortgegaan met die toediening van die Stilnox - 'n hawe tablet elke
aand en elke oggend.
4 Februarie 2011 het
ek die volgende mail aan Dr Wally gestuur:
Geagte Dokter Nel
Hiermee net 'n kort inligtings
nota met betrekking tot Henru.
Ek het hom vandag
geneem na die Arbeidsterapeut om sy handspalkies aan te pas. Sy was baie
verbaas om te sien hoe sy hande verbeter het en hoe maklik dit is om die
spalkies aan te sit. Die linkerhand is egter nog bietjie meer spasties as die
regterhand. Ek het egter steeds niks vir haar gesê oor die Stilnox nie.
Iets wat die meeste opvallend is, is
die feit dat sy epileptiese aanvalle dramaties afgeneem het. Waar hy gemiddeld
10 aanvalle per dag gehad het (petit mal) wat 'n paar sekondes tot twee
minute duur en saans ongeveer 5 (grand mal) wat tot 40 minute duur, het
hy sedert Dinsdag na die eerste toediening van Stilnox slegs ongeveer 22:30 een
grand mal aanval gehad wat net 3 minute geduur het, Woensdagoggend 06:20
een wat 7 minute geduur het en Donderdagaand een wat 3 minute geduur het. Daar
is beslis 'n baie groot verandering wat dit aanbetref.
Met die sig is daar steeds by tye waar
hy bewegings volg en blyk dit ook daar 'n effense aktiwiteit aan die gang is.
************
27 Mei 2011 het ek
die volgende gestuur:
Geagte Dr Nel
Met Henru gaan dit steeds baie goed. Hy
is geopereer die 24ste April 2011 aan beide heupe wat ontwrig het en het maar
bietjie moeilik gekry vir die afgelope 4 weke. Van Maandag af het hy bietjie
begin verbeter.
Omdat hy nie in gips geplaas is na die
operasie nie, het die dokter aanbeveel dat ek die Stilnox verhoog sodat hy
beter kan slaap en derhalwe het ons die dosis verhoog na 1 tablet soggens en 1
saans. Sedert die operasie het hy toe geen epileptiese aanvalle ervaar nie waar
dit gewoonlik ten minste 5 per dag was. Ek moet ook meld dat die Epanutin nou
al van 7,5ml saans verminder is na 6,5ml saans. Van Maandag die 22ste het ons
die Stilnox weer begin verminder na ‘n half soggens en ‘n half saans en toe het
die epilepsie weer begin. Nie so erg nie maar dit is weer daar. Dinsdag en
Woensdag was daar weer niks en Donderdag en Vrydag was dit weer erger – drie
per aand vanaf ongeveer 20:30.
Oor die algemeen sal ek dus sê dat daar
tot op datum geen noemenswaardige verandering in sy liggaamlike toestand was na
die toediening van die Stilnox nie, maar met betrekking tot die epilepsie is daar
‘n beduidende verskil te bespeur.
************
Hierna het die epilepsie steeds meer gekontroleer
en bietjie onder beheer geraak. Alhoewel hy nog gekry het, was dit nie so
intens nie.
Ons het met die Stilnox voortgegaan tot
November 2012 en dit toe gestaak omdat daar geen verdere verandering
plaasgevind het nie en ook weens die kostes daaraan verbonde.
Subscribe to:
Posts (Atom)





























