Friday, February 1, 2013

HYDRO TERAPIE

Soos daar deurlopend waargeneem kan word het en probeer nog steeds enigiets om Henru te help.
Ek het verneem van 'n Biokinetikus, Christa Venter, wie 'n verhitte swembad het en naby my huis is en ek het Henru daarheen geneem vir evaluasie. Sy het gesĂȘ dat ons kon probeer en kyk wat gebeur en so het ek Henru in die somermaande van 2010 en 2011 na haar geneem.
Met hierdie terapie beweeg die Christa met Henru van die een kant van die swembad na die ander kant in die lengte van die swembad en swaai Henru se lyf teen die skoliose. Verder gebruik sy van die swem hoepels om hom te laat dryf en dan moet hy sy kop optel en sy probeer ook sy been beweging aktiveer.
Alhoewel hy baie ontspan het met die terapie, in so mate dat hy in die halfuur wat Christa met hom besig was in die swembad, hy so in haar arms in die swembad aan die slaap geraak het.
Daar kon geen noemenswaardige verandering waargeneem word na die twee jaar nie en as gevolg van die kostes daaraan verbonde, het ek hierdie terapie ook gestaak en net met die spraak en fisioterapie voortgegaan.

No comments:

Post a Comment