Thursday, February 28, 2013

DIE HERE VOORSIEN WEEREENS

Ek wil net graag noem dat my voete weereens onder my uitgeslaan is en het nie woorde daarvoor nie, behalwe as om in dankbaarheid stil te raak...

Weens die slym op Henru se longe het ek gaan soek en navraag doen vir 'n "suction masjien" om Henru se mond mee skoon te maak van die slym. Ek kan nie soos die fisio in die keel afgaan nie, maar soos die slym in sy mond saampak, kan ek nie Henru se mond behoorlik skoon kry nie en kan die masjien wondere verrig. Ek het een gekry vir R2000. Ek moet egter 'n voorskrif kry om te probeer om dit by POLMED te eis.

Ek bel toe vanoggend Dr Lippert se spreekkamer om te vra vir die voorskrif. Vanmiddag toe bel die ontvangsdame my terug en sê Dr Lippert weier om vir my die voorskrif te gee, maar hy skenk aan my die masjien. Woorde het ek nie om hom mee te bedank nie en ek kan net weereens soos altyd die Here dankie sê dat Hy elke keer voorsien op Sy manier

No comments:

Post a Comment