Tuesday, February 26, 2013

26 FEBRUARIE 2013

Hier gaan ons al weer, weet amper nie meer wanneer is op en wanneer is af nie.

Henru het vandag weer geslaap vir die hele dag. Vanoggend toe ek hom na sy bed in die sitkamer dra het hy nie eers gereageer toe ek hom in die kamer optel nie.

Toe ek werk toe is teen 07:00 het hy darem so “gesmile” in sy slaap. Hy het deur die dag ook niks geëet of gedrink nie.

14:00 toe ek Amòr by die skool gaan haal het, het hy ook geen reaksie getoon nie en so ook 16:00 toe ek by die huis gekom het.
 

 

Teen 17:30 het hy wakker geword en ek het vir hom pasta met vis vingers en pasta sous gegee om te eet. Daarna het hy 'n bottel rooibostee gedrink en teen 19:00 het ek hom gestoom. Daar het BAIE slym uitgekom, maar nou is dit bloederig. Die nadeel is ek moet dit met 'n doek uitvee en hy byt sy mond so toe, dat ek nie alles kan uitvee nie. Ek het nou navraag gedoen vir 'n "suction machine", want alhoewel ek baie slym uitkry, bly dit steeds opbou en elke 10 minute moet ek hom eers weer skoonmaak (of probeer skoonmaak). Ek het die dokter gebel en hy sê die bloed is waarskynlik die infeksie wat opklaar, maar ons gaan in elk geval toetse doen. Ons sal ook die 12de X-strale van die longe neem saam met die opvolg van die rugoperasie om bietjie te bespaar. Netnou was dit ook net die ene skuimbolle soos hy weer epilepsie ook gehad het en nou slaap hy weer sy diepe slaap.
 

No comments:

Post a Comment