Sunday, February 10, 2013

10 FEBRUARIE 2013

Henru was vanoggend vroeg wakker (05:50), medisyne gedrink en ons het weer geslaap tot ongeveer 10:00 en was wakker tot so 16:00 toe hy so bietjie gedut het vir so 40 minute.  Hy het 4 bottels so deur die dag gedrink.

Na hy so bietjie geslaap het, het ek en Hannes 'n fliek op TV gekyk toe het hy wer aan die slaap geraak en so teen 17:45 wakker geword en ek kan dit nie glo nie, hy het weer konvulsies begin kry.  Dit het geduur van 17:50 tot 18:00.

Daarna het ek sy medisyne gegee en hy het weer geslaap...

Ek het sy kos gaan regkry - rys, maalvleis en gemengde groente.  Toe ek by die bed kom om sy kos te gee (18:07) het ek gesien sy doek is nat.  Ek het sy doek geruil en hy wou nie wakker nie.  Het sy kos probeer gee en hy wou nie eet nie.  So teen 18:50 het ek weer probeer en hy het sy kos geĆ«et, maar alweer so slaap-slaap.  Hy wou nie bottel drink nie. 

Amor het 19:40 geslaap toe vat ek Henru kamer toe, steeds aan die slaap. 

 
 
19:51 tot 20:07 het hy ook weer konvulsies gehad, alhoewel nie so erg soos altyd nie, maar steeds, dit was daar, toe slaap hy weer.  Nou is dit 22:00 en hy slaap steeds.

Ek hoop nie ons gaan nou weer van vooraf begin met al hierdie stres nie.

No comments:

Post a Comment