Sunday, February 17, 2013

17 FEBRUARIE 2013

Vriendskap is 'n kalmeermiddel sonder newe effekte..'n Sielkunde sessie sonder tariewe..'n Liggie sonder kragonderbrekin­gs..'n Geskenk sonder blinkpapier....­.Liefde....is sonder Grense! Wys jul liefde vir mekaar...wees altyd daar en se dat jy omgee......*
 
Vandag wil ek net sommer dankie sê vir al die familie en vriende wie ons so dra met gebed, vriendskap, ondersteuning, liefde en sommer net op allerhande wyses. 
 
Behalwe die feit dat Henru nog steeds so baie slaap, gaan dit goed.  Die longe is ook nog nie lekker nie, maar ek het Vrydag 'n nebuliser gekry wat ek nou sommer self hier by die huis kan gebruik.  Dit kos nou wel R700, maar ek kan self daardie fisio hier by die huis doen met die klop en die stoom.  Elke sessie by die fisio kos R500 en moes ek in elk geval alreeds R2 000 betaal het vir 4 sessies van 30 minute.  As ek hom laas week weer gevat het, was dit nog R2 500 en waar sou dit gestop het?  Nou kan ek hom elke dag stoom tot dit beter is en ek spaar daardie klomp geld by die fisio.

Na die naweek se stoom is Henru se longe 100% beter en klink dit nie meer of hy so roggel nie.  Die naweek was goed en het hy nie so baie geslaap nie.  Gisteraand (Sondagaand) het hy so teen 22:30 gaan slaap en was rustig deur die nag.  Hy het vanoggend (Maandag 18/02/2013) ook baie goed sy medisyne gedrink sonder om hom teë te sit.

No comments:

Post a Comment