Tuesday, February 26, 2013

IETS WAT EK BYGELEER HET

Met die dat Henru se longe so vol vog is, het ek geleer by die fisio om sy "hoes knoppie" te druk. Dit is op die gorrel in die "V" by die "trachea". As ek hom gestoom het en klop op sy borskas voor en agter, dan draai ek hom op sy sy en druk die hoes knoppie. Dis ongelooflik hoeveel slym hy uithoes.
Ongelukkig het ek nie 'n suigapparaat nie en vee dit net met 'n doek uit, maar ek gaan beslis kyk vir 'n suigapparaat om te help daarmee want dan kan mens die slym beter uitkry.

No comments:

Post a Comment