Thursday, February 21, 2013

AS DIT MAAR SO KON WEES

Vir ‘n Moeder

Dit was die sesde dag toe God moeders gemaak het.
Hy het al oortyd gewerk, toe die Engel vir hom sê:
“U vroetel darem baie rond met hierdie een”
En God antwoord: “Hierdie werk moet My meesterstuk wees”
Sy moet heeltemal wasbaar wees, maar nie plasties nie.
Sy moet 180 vervangbare dele hê.
Sy moet met min tevrede kan wees.
Sy moet ‘n skoot hê wat verdwyn as sy opstaan.
Sy moet met... soentjies alles kan gesond maak – van ‘n gebreekte been tot ‘n gebreekte hart.
Sy moet ook meer as een paar hande hê”

 Die Engel skud sy kop en se: “So baie hande”
... “Dis nie die hande wat my bekommer nie” antwoord God, “maar die baie oe wat oral moet kan sien.
Nadenkend se God: “Ja, een paar oe wat deur geslote deure sien as sy vra wat jy doen.
‘n Ander paar wat sien wat sy nie moet nie en nog ‘n paar wat na haar geliefdes kyk om te sê:
“Ek verstaan jou. Ek weet jy wou nie rerig nie en ek is lief vir jou.”
Met ‘n sagte blik sê die Engel: “Here God, wil U nie maar gaan rus nie”?
“Ek kan nie” sê God. “Ek is so na aan klaar om iets na My beeld te skep.
Ek wil graag hê dit moet iemand wees wat haarself gesond kan maak wanneer sy siek is.
Sy moet ‘n familie van sewe met een pond maalvleis kan voed.
Sy moet ‘n sproetgesig, uithanghemp nege-jarige seuntjie sover kan kry om te gaan bad”
“Is dit dan moontlik” vra die Engel
“Vir hierdie moeder moet dit moontlik wees om haarself onvoorwaardelik te kan gee”
Toe buk die Engel en streel oor haar wang. “Hoekom is hier dan ‘n druppel?”
“Dit is nie ‘n druppel nie,” sê God “Dit is ‘n traan”
“waarvoor is dit”
“Dit is vir geluk, hartseer, teleurstelling, pyn, eensaamheid en trots”
Met verwondering sê die Engel: “ Dit is voorwaar ‘n geniale skepping”
En God sê: “Dit is ‘n MOEDER "

No comments:

Post a Comment