Wednesday, February 6, 2013

6 FEBRUARIE 2013

Vandag het weer soos al die ander dae verloop: opgestaan, 06:00 Henru se medisyne gegee, werk toe, Amor 13:15 by die skool gaan haal en huis toe.  Henru slaap weer (steeds) toe ons by die huis kom. Tebogo rapporteer dat Henru nie wou eet nie, maar hy het sy bottel redelik gedrink.  Sy bors is baie nat en hy haal nie lekker asem nie.  Ek besluit dat hy nog net gisteraand se tablet van die antibiotika geneem het en moet seker eers kans gee dat die medikasie kan begin werk en gaan weer terug werk toe.

 
13:54 op 6 Februarie 2013
 
(Daar was sekere ongure karakters wie my beskuldig het dat ek lieg en Henru se situasie misbruik om simpatie te kry... dis soos hy meeste van die tyd lyk wanneer hy so slaap en slaap sonder om wakker te word) 


16:10 kom ek by die huis aan na werk en Henru word vir die eerste keer wakker.  Christa, die Spraakterapeut, kom kyk of sy kan werk, maar Henru se longe klink nie lekker nie en ek besluit dat ek gou gaan uitvind by Wilna Foot, 'n fisioterapeut naby ons of hulle kan help om hom professioneel te klop, stoom en die slym uit te suig.  So word daar gesorg en die ontvangsdame sê ons kan gou oorkom.

Dis wat ek haat van hierdie plek!  Ons is 1 minuut se ry van die spreekkamer af maar dit neem 10 minute om daar te kom met die verkeer!

Die fisioterapeut doen die klopwerk en Henru lag daaroor, dis vir hom of lekker, of kielierig of iets, maar hy lag.  Ons sit die pyp aan dat hy bietjie kan rook met die stoom en (die eerste keer wat ek so iets sien) met 'n elektroniese apparaat wat lyk soos 'n pen druk sy weerskante van sy neus vir die sinusholtes.  Toe na die suigpomp.  Dis ongelooflik hoeveel slym sy uitkry!  Goed en wel, die pyp word ook met bietjie water gespoel, maar dis ongeveer 500ml!

17:30 is ons terug by die huis.  Ek maak sy kos, medisyne en bottel reg en voer hom.  Hy eet sy hele bord kos op, drink die medisyne en die hele 250ml Nutren Fibre!  18:45 slaap hy weer en 20:30 is hy wakker.  Hy drink 'n bottel tee van 200ml en ek gaan sit hom in die kamer in die bed.  Iets is weer vir hom vreeslik snaaks en ek speel met hom.  Ek maar of ek burp en praat soos 'n eentjie, soen hom en gesels en dit is net te snaaks, hy giggel dat sy asem byna opraak en is later uit asem.  Dis vir eers genoeg en ek maak hom rustig deur by hom te lê en sy hand vas te hou.  Hy maak sulke gilletjies en ek sê hy moenie raas nie, want Amor slaap, toe giggel hy ook!  Sulke tye wonder ek wat deur sy gedagtetjies gaan en hoeveel hy verstaan van wat mens sê of reageer hy net op my stem...

Toe ons die Kerstyd op Bethlehem was, het Mariëtte, my een suster, vir my 'n houer "Bulbinella" room gegee om Henru mee te smeer.  veral vir druksere, maar hy het ook 'n tipe velaandoening so oor sy neus, in die wenkbroue en sy voorkop.  Sedert ek die room daagliks aansmeer, verbeter sy vel.  Ek weet ook nie of dit iets help vir die spastisiteit nie, maar as ek hom klaar gebad het, dan smeer ek dit sommer oor sy hele lyf.

Ek het Diana per e-pos gekontak en haar gevra of sy nie dalk vir my 'n bietjie afslag kan gee op die produk nie en vir haar Henru se situasie verduidelik en ook dat die room baie help met sy vel.  Groot was my skok dat sy nie wou afsslag gee nie, maar vir my 'n e-pos gestuur het dat sy die res van Hneru se lewe elke maand vir my 'n houer van die room sal stuur.  Al wat ek sê is dat ek nie haar "joy" en "blessing" wil steel nie, maar kan net vir haar baie dankie sê vir hierdie GROOT geskenk!  Dankie Liewe Jesus dat daar nog sulke wonderlike mense is wie bereid is om te help.

Vanaand kom die lied van Mark Schulz weer by my op.  Ek het dit lank terug per e-pos van iemand gekry en dis so alles wat mens wil sê in hierdie omstandighede.  Ons kan seker die "mother" vervang met "father" en die "she" met "he", ens.:



He’s my son – Mark Schulz

I'm down on my knees again tonight,
I'm hoping this prayer will turn out right.
See, there is a boy that needs Your help.
I've done all that I can do myself
His mother is tired,
I'm sure You can understand.
Each night as he sleeps
She goes in to hold his hand,
And she tries not to cry
As the tears fill her eyes.

Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place some how.
See, he's not just anyone, he's my son.

Sometimes late at night I watch him sleep,
I dream of the boy he'd like to be.
I try to be strong and see him through,
But God, who he needs right now is You.
Let him grow old,
Live life without this fear.
What would I be
Living without him here?
He's so tired, and he's scared
Let him know that You're there.

Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place some how.
See, he's not just anyone, he's my son.

Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place somehow.
See, he's not just anyone.

Can You hear me?
Can You see him?
Please don't leave him,
He's my son.

No comments:

Post a Comment