Sunday, April 7, 2013

6 APRIL 2013

Ons was vanaand vir die eerste keer van verlede jaar weer vir 'n slag uit die huis na 'n kollega se verjaardagparty.  Ons is 16:00 daarheen en teen 17:00 het Henru geslaap - weer daardie diep slaap dat niks hom wakker kry nie.  Teen 22:30 het ek hom in die kar gelaai en hy het nie wakker geword nie. By die huis hom uitgelaai en in die bed gesit en slaap hy steeds, sonder om wakker te word.  Het ook nou al twee keer sy doek omgeruil en hy reageer niks nie, hou net an met slaap.  Hy drink ook sy bottel so in die slaap.

Die party was baie lekker en veral om saam met die kollegas op 'n ander terrein te verkeer as net by die werk.  Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om dit so aangenaam moontlik te maak en ek was regtig spyt toe ons huis toe moes gaan.  Baie dankie julle vir 'n wonderlike aand waarin ek bietjie kon ontspan en net nie op 'n Aterdagaand by die huis te sit nie.


EK BELOWE JOU

Ek is besig om jou stukkie vir stukkie heel te maak, sê die Here. Jy het al te veel seergekry. Jy is al te veel gekritiseer. Mense het jou al te veel teleurgestel. Die tyd het nou gekom vir jou restourasie. Ek heel jou stukkende hart en emosies. Ek genees die seerkry van jou selfbeeld en persoonlikheid.­ Ek herstel weer jou kinderlike geloof en vertroue. Jy begin om radikaal nuut te dink. Jy sal weer sing van vreugde, sê die Here. Ek trek jou rouklere uit en trek vir jou feesklere aan. Dit is my belofte aan jou! *

No comments:

Post a Comment