Henru was gistermiddag (11/02/2013) na 16:00 toe ek by die huis kom so aan en af wakker en slaap. Soos altyd 18:00 kry hy medikasie, eet en drink sy bottel sonder enige moeilikheid. Teen 19:00 slaap hy en is weer so teen 21:30 wakker.
Ek doen werk en klim so teen 01:00 vanoggend in die bed. Hy is vol lag en gesels. Ek maak sy doek droog, draai hom bietjie op sy sy en speel 'n game op my telefoon. Hy raak so teen 01:50 aan die slaap en ek gaan slaap ook.
Hy slaap nog teen 05:50 en ek kry sy medikasie reg en probeer dit vir hom te gee met die bottel, maar hy weier volstrek om sy mond oop te maak. Hy pers letterlik sy lippe teen mekaar een ek besluit die enigste uitweg is die spuit. Hy weier ook om sy mond oop te maak met die spuit. Omdat dit 'n spuit is vir medikasie wat saam met die Convulex verpak is en 'n plat punt het, kan ek dit tussen sy lippe inkry en so teen sy tande skuif na agter waar ek die medisyne bietjie vir bietjie inspuit. Hy wil ook nie sluk nie en maak sulke gorrel geluide met die medisyne in sy keel. Ek stimuleer sy keel deur drukbewegings uit te oefen onder sy ken en teen sy keel af en dan sluk hy. Teen 06:40 het ek alles uiteindelik ingekry en gaan stort.
Toe ek terugkom in die kamer, slaap hy. Ek trek aan en maak klaar en vat hom sitkamer toe waar hy steeds slaap. Dit lyk of hy woedend is vir my omdat ek die medisyne vir hom gegee het. Hy wil nie eers bietjie "smile" vir my nie. Ek soen hom op sy ken en hy begin darem bietjie meer lewe toon totdat ek darem so effense laggie kry toe ek hom groet en ek is werk toe teen 07:10.
Tebogo hou boek van die dag se gebeure sodat ek kan antwoord as die dokter vrae vra. Haar aantekeninge vandag was:
Oefen (fisio) van 07:30 tot 08:15.
08:25 - oats geëet
08:35 - hy wou nie die bootel drink nie en hy was vas aan die slaap tot 10:30
10:35 - hy het 250ml rooibostee gedrink en slaap weer.
12:45 - hy was nog aan die slaap, maar het 250ml sojamelk gedrink en hy slaap nog
(Ek het Amor van die skool af huis toe gebring en hy het geslaap toe ek by die huis was. Ek het hom probeer wakker maak, maar hy dop net sy oë so om en slaap verder en ek is ongeveer 14:30 hier weg terug werk toe)
14:35 - hy het geslaap tot 15:45, maar het 225ml tee gedrink.
Ek was 16:07 by die huis en hy het geslaap. Ek het hom geklop vir sy longe en hy het goed gehoes, was wakker en het selfs gelag toe ek hom geklop het. Ek het die ozone-masjie aangesit en hom gesmeer met "essential oils" kan nou nie die naam onthou nie en hy het lekker baie slym uitgespoeg so met die hoes en klop.
Ek het vir hom groente met mince en rys gegee en hy het baie goed geëet. Hy het weer so aan die slaap geraak en ek het sy antibiotika met sy Urbanol en Lyrica gegee so tussen die kos deur op die teelepel en die Convulex met die spuit en dit was BAIE beter as vanoggend. Hy het geslaap en ek het TV gekyk, maar het aan die slaap geraak voor die TV. EK het teen 19:40 wakker geword en hy het nog geslaap. EK het hom probeer wakker maak en sy bottel Nutren Fibre gegee. Hy het baie stadig gedrink, maar het gemaklik gedrink en die bottel leeg gemaak sondder om te "sukkel", maar het ook so slaperig gedrink.
Ek het hom kamer toe gevat en hy het nie eers wakker geword soos ek hom gedra en op die bed neergelê het nie. Ek het werk gedoen en nou is dit 22:25 en hy slaap steeds. Vandag was die meeste wat hy nog geslaap het sedert die 20ste Januarie 2013 toe die slapery begin het en hy is ook nie baie geselserig vandag met die rukkies wat hy wakker is soos ander dae nie.
Dit begin my opstres, want ek raak "bang" en weet nie wat om meer te doen nie. Behalwe dit, voel dit of ek Hannes en Amor afskeep en voel ek skuldig daaroor en ek kan nie alles met hulle bespreek nie, want dan beïnvloed dit hulle ook weer. Dis 'n baie moeilike situasie vir my om in te wees en dan is daar nog die werk ook wat daar onder ly en kan ek nie alles doen wat ek wil en moet doen nie en dan is daar ook nog die mense wie nie wil saamwerk nie en ag, sommer net alles raak bietjie erg vir my....
Psalm 91:15: “Hy sal my aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.”
Ek weet van elke TRAAN wat jy stort, se die Here. Jou HARTSEER en PYN ken Ek. Ek weet van elke TELEURSTELLING wat jy ervaar. Van elke VERWERPING. Ek weet van elke keer wat jy KWAAD was vir JOUSELF..en ook soms vir MY. Moenie BEKOMMER nie. Dit het My nie ONTSTEL nie, want Ek VERSTAAN jou soos niemand anders nie. Ek het jou ontsettend LIEF, ongeag die goed en sleg, JESUS.(Lillian Aucamp).
Die lewe van Henru Grobbelaar, betrokke in 'n motorongeluk op ouderdom 8 maande 3 weke, vanaf die dag van die ongeluk en wat hy alles al deurgemaak het. Ouers in soortgelyke omstandighede word uitgenooi om hulle ervarings ook hier te deel. * The life of Henru Grobbelaar, involved in a MVA at 8 months and 3 weeks, since the day of the accident and every thing that he went through. Parents in similar cirumstances are invited to share their experiences here.
Tuesday, February 12, 2013
Sunday, February 10, 2013
10 FEBRUARIE 2013
Henru was vanoggend vroeg wakker (05:50), medisyne gedrink en ons het weer geslaap tot ongeveer 10:00 en was wakker tot so 16:00 toe hy so bietjie gedut het vir so 40 minute. Hy het 4 bottels so deur die dag gedrink.
Na hy so bietjie geslaap het, het ek en Hannes 'n fliek op TV gekyk toe het hy wer aan die slaap geraak en so teen 17:45 wakker geword en ek kan dit nie glo nie, hy het weer konvulsies begin kry. Dit het geduur van 17:50 tot 18:00.
Daarna het ek sy medisyne gegee en hy het weer geslaap...
Ek het sy kos gaan regkry - rys, maalvleis en gemengde groente. Toe ek by die bed kom om sy kos te gee (18:07) het ek gesien sy doek is nat. Ek het sy doek geruil en hy wou nie wakker nie. Het sy kos probeer gee en hy wou nie eet nie. So teen 18:50 het ek weer probeer en hy het sy kos geëet, maar alweer so slaap-slaap. Hy wou nie bottel drink nie.
Amor het 19:40 geslaap toe vat ek Henru kamer toe, steeds aan die slaap.
Ek hoop nie ons gaan nou weer van vooraf begin met al hierdie stres nie.

19:51 tot 20:07 het hy ook weer konvulsies gehad, alhoewel nie so erg soos altyd nie, maar steeds, dit was daar, toe slaap hy weer. Nou is dit 22:00 en hy slaap steeds.
Ek hoop nie ons gaan nou weer van vooraf begin met al hierdie stres nie.
SOMETHING FOR MY ENGLISH SUPPORTERS
Henru
Grobbelaar was born on
the 2nd of June 2000 as the youngest of 4 children. His mother left
met on the 8th of December 2000 and she, together with the new love
of her life and the four children were involved in a motor vehicle accident on
the 23rd of February 2001. Henru was not secured in a safety chair
but was sitting on his mother’s lap at the time of impact and hit his head
against the dashboard. This left him unconscious and he did not breath for an
unknown time until the first person stopped at the scene. She was a theatre
sister from Durban, Jenny Beere, who helped Henru to breath again. The next
person to stop at the scene was a medical doctor. They took care of Henru until
the Paramedics arrived and Henru was airlifted to Milpark Hospitaal where he
was treated. On Sunday, the 25th of February 2001, Henru’s heart
stopped 5 times. They could resuscitate him and he survived. The pressure on
his brain was very high and nothing could be done except wait, pray and see
what would happen.
Henru survived this trauma, but as a result he sustained major brain damage and today he is a spastic cerebral handicapped quadriplegic with cortical blindness and suffers from uncontrollable epilepsy and has to take medication on a daily basis. He cannot use his hands, eat on his own (he has to be spoon-fed) and still drinks from a baby bottle. He cannot change position on his own and is totally dependent from a caregiver. Since the day of the accident I was with him in hospital and is taking care of him since his discharge. During the day when I am at work I do have a caretaker who is taking care of him. I am at work from 07:00 until 16:30 when I take over from the caretaker from 16:30 until 07:00 the next morning as well as every weekend.
Financially I cannot cope any more and therefore we are trying to raise some funds. Any contributions will be welcomed and appreciated for future expenditures or other needs for Henru, like nappies, baby bottles, wet wipes. Henru also had a back operation on the 20thof September 2012 at a cost of R330 000 and this will not be his last operation. During April 2011 he had operations on both his hips to keep his hips in position with plates and screws and this has to be removed at some stage again because Henru is still growing and these metal components do not grow with him.
I really do not want to badmouth his mother and without any prejudice, but she is not contributing towards his care. SOME TIMES it do happen that she will buy him some T-shirts and some hand towels which I use as a bib when I am feeding him, but with regards to medication, nappies, wet wipes, his soya milk, food, transport to doctors and hospitals, assistance after operations – nothing. As an example, I had to sell my house in Harrismith and move to Pretoria where I have to rent a house now and my house in Harrismith would have been paid in full by the end of the year. I had to sacrifice my capped leave, take my annual leave and sick leave, even unpaid leave after Henru had operations to take care of him until such time that the caretaker could take care of him again.
For any enquiries or additional information, please feel free to contact me, his father, Hendrik Grobbelaar, at ha.grobbelaar@gmail.com or (01127) 82 572 9187.
Any contributions can be deposited into Henru’s bank account. Please also supply your cell phone number as reference or send an e-mail or sms to prevent any accusations of corruption or maladministration.
Thak you in advance.
Bank details: HA Grobbelaar ID: 000602 5036 08 5
Account number 134 510 119
Branch Number 012645
SWIFT Number SBZAZAJJ
A few days before the accident in his mother's house after she moved out.
oooOOOooo
Milpark
Hospital 27 Februariy 2012. (The date on the camera was not correct). Attached
to the life support machines. On top of his head is the brain pressure monitor.
I filmed the pressure metre and at some stage it was as high as 75. He was
hospitalized from 23 February 2001 to 27 March 2001. From 23 February to 20
March in ICU and thereafter in a general ward.
His first
birthday. After this he had meningitis. Notice the fact that he could sit here
on his own with the support of pillows. This was before the “shunt” was inserted
in his head to drain the fluid from his brain. After the insertion of the shunt
he could never did this again.
oooOOOooo
His first
hip operation 2004 – bilateral adductor tenotomie (cutting the origin tendons of the adductor muscles
of the thighs.)
After the bilateral adductor tenotomie were done
he starts pulling his legs up like a frog because he could not straighten his
legs on his own after pulling it up in this position.
Also notice the condition of the hands and
how it deteriorates later on.
The first operation on the hip itself as a result of dysplastic hip with a shallow socket and unstable femoral head. A “roof” was build in the socket to keep the femoral head in position to prevent further hip dysplasia. Also notice the deterioration of the hands.

This was placed into Henru’s hip during the operation and removed again after 2 years.
The scars wounds of the operation after the “spika”
was removed.
This muscle was stretched during the operation as well
to prevent the contractures causing muscle spasms.
oooOOOooo
Henru suffered an epileptic seizure and went into as
spasm, causing the femur to break just above the knee.
oooOOOooo
During the
second operation on both his hips this pins, screws and plates was inserted to
keep his hips in position. This time he was not again supported by a
”spika” and it was very difficult to handle him. It was hell to see him crying and screaming from
the pain and he had suffered severe spasms as well. The only thing I could do, was to give him
some prescribed medication and keep him semi-sedated to calm him down to enable
him to handle the pain until it became bearable again for him to be handled. This stuff must be removed again at some
stage…
oooOOOooo
Different helping aids used for Henru over time.
A Standing “bed”made for Henru by Mr Tjol Nel from Bethlehem to enable Henru to stand for short times.
A
chair in which he could also sit just to put him in different positions to help
with posture development

His “post box” standing frame
His custom made wheel chair to support the scoliosis and this insert had to be replaced every 6 months as he grows.
oooOOOooo
Saturday, February 9, 2013
9 FEBRUARIE2013
Jesus is dettol om sielswonde te ontsmet, die myprodol vir die pyn en die panamor om op te staan as jy geval het. Hy is ons apteek. Kry sonder voorskrif Sy liefde, Sy genade het geen bybetaling nie en Hy is nooit uit voorraad nie! Geniet al die Jesus liefde wat Hy ons bied.
Die 7de en 8ste was maar dieselfde as die ander dae, bietjie wakker in die oggend voordat ek werk toe gaan en slaap die res van die dag, behalwe wanneer ons fisio toe gaan. Selfs daar by die fisio terwyl sy hom so klop, raak hy aan die slaap, maar ten minste begin die bors beter klink. Donderdag en Vrydag was dit egter vir my 'n baie vreemde verskynsel wanneer hy wakker word so in die omgeweing van 16:00 tot 16:30 en wens ek dat ek die videos wat ek op my foon geneem het hier kon laai. Hy giggel verskriklik! Ek het by hom geburb, toe begin hy so lag dat die are in sy nek so uitdruk en hy so rooi in die gesig raak, dan sê ek vir hom "haal asem" dan haal hy asem en lag verder. Dit gebeur ook nie net een keer nie of net 'n paar sekondes nie, hy hou aan lag. Wanneer ek sy kos gee en ek maak net my keel skoon of gee 'n kuggie, dan moet ek eers wa got hy klaar lag en as hy sy bottel drink, dan suig hy so rukkie en bars uit van die lag. Dis snaaks, maar ons geniet hierdie terdeë. Hannes het ook langs hom op die bed gaan lê en sy hand vasgehou, dan giggel hy net so, dis te wonderlik vir woorde.
Laas nag (Vrydag 8 Februarie) het hy nie veel geslaap die nag nie en het baie gehoes, wat ons wil hê met die bronchitus en moes ons vanoggend 08:00 weer by die fisio wees. Ek het eer 04:10 in die bed geklim, die wekker gestel vir 06:00 vir sy medisyne en aan die slaap geraak.
06:00 toe die wekker afgaan, was Henru wakker en het ek sy medisyne gegee en gedink ek gaan net nog so 5 minute lê, wat natuurlik altyd 'n ramp is! Ek skrik 07:47 (volgens die wekker voor my bed wat 2 minute voor is) wakker en spring met 'n vaart uit die bed. Henru was ook wakker. Ek was my hare want dit wil nooit net so kam as dit nie gewas is nie. Ek trek aan en trek vir Henru 'n broek aan oor die doek. Gelukkig is die fisioterapeut letterlik net om die hoek van ons en toe ek voor die spreekkamer stop, toe moes ek wag dat sy nog die spreekkamer oopsluit.
Henru se longe klink baie beter en daar is nie so baie slym soos voorheen nie en sy is tevrede. Sy sê dat as daar iets gebeur, sy is op bystand en kan ek net bel.
Ek besluit toe dat Henru nou klaar in die kombi is en ek gaan gou sy hare sny want dit is vreeslik lank, nou lyk hy weer beter.
Ek is baie versigtig optimisties, want toe ons by die huis kom, het ek vir hom ontbyt en 'n bottel gegee en het hy nog nie geslaap nie teen 11:30. Ek en Amor is in die sitkamer en hy begin bietjie kla in die stoel en ek sit hom op die bed neer. Hy slaap so vir ongeveer 5 minute en is weer wakker en volg gesels. Ek raak so vaak dat ek nie my oë kan oophou nie en gaan lê saam met hom op die bed in die kamer teen ongeveer 13:00. Hy maak nog geluide, maar toe rak ek aan die slaap.
Net na 15:00 kom maak die kinders my wakker want hulle is op pad na 'n partytjie en sê dat Henru so af en toe geluide gemaak het. Ek staan op en teen ongeveer 16:00 raak Henru bietjie aan die slaap nadat ek vir hom weer 'n bottel gegee het. Hy slaap vir ongeveer 40 minute en is nog wakker teen 17:30. Ek gee sy medisyne, kos en bottel en hy is weer so laf tot ongeveer 20:30 waarna hy slaap tot vanoggend (Sondag 10 Februarie 2013) 06:10 toe ek wakker word en sy medisyne gee en besluit ek gee ook sommer sy ontbyt, dan kan ons nog bietjie slaap tot 08:17 toe ek wakker word van 'n sms. Ek gee hom weer bietjie tee en hy is nou nog wakker sonder enige klagtes nie.
" 'n Seuntjie het buite gespeel en hy was besig om vir hom huisies te bou en paaie te maak sodat hy met sy karretjies daarop kon ry. In die proses was daar n baie groot rots wat in sy pad was en hy het alles probeer om die rots geskuif te kry. Hy het dit getrek, hy het dit gestoot, hy het naderhand sy fietsie... gaan haal en 'n tou daarom vasgemaak en dit so probeer wegtrek, maar alles tevergeefs. Die sweet het hom afgetap, en hy het moedeloos langs sy pa gaan sit wat onder 'n boom op 'n bank gesit het, en hierdie hele petalje aankou het. Sy pa het hom vol liefde aangekyk en vir hom gevra: "Boetman het jy nou alles probeer?" Baie verontwaardig se hy vir sy pa: "Pappa het gesien hoe hard ek gesukkel het, ek is nou so moeg en die rots beweeg nie". Sy pa het saggies oor sy koppie gestreel, en vir hom gese: "Maar jy het nog nie als probeer nie". Boetman het opgespring en gese: "Maar pappa het gesien hoe sukkel ek" En toe antwoord sy pa in n sagte stem, "Nee my seun, jy het nog nie alles probeer nie, want jy het my nog nie gevra nie". Here hoe dikwels het ons hierdie vreeslike rots in ons pad, en niks wat ons doen of se beweeg dit nie, en as ons dan op 'n hopie neersak en ons wil huil van moedeloosheid, dan vra U so saggies: " My kind, het jy my al gevra" Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as niks wil werk nie, dan gaan ons na U toe as 'n laaste poging. Here, van hierdie dag af, onderneem ek om eerste by U Voete te gaan sit, dan het ek nie nodig om my eie kragte so uit te put nie. "

Wednesday, February 6, 2013
6 FEBRUARIE 2013
Vandag het weer soos al die ander dae verloop: opgestaan, 06:00 Henru se medisyne gegee, werk toe, Amor 13:15 by die skool gaan haal en huis toe. Henru slaap weer (steeds) toe ons by die huis kom. Tebogo rapporteer dat Henru nie wou eet nie, maar hy het sy bottel redelik gedrink. Sy bors is baie nat en hy haal nie lekker asem nie. Ek besluit dat hy nog net gisteraand se tablet van die antibiotika geneem het en moet seker eers kans gee dat die medikasie kan begin werk en gaan weer terug werk toe.
16:10 kom ek by die huis aan na werk en Henru word vir die eerste keer wakker. Christa, die Spraakterapeut, kom kyk of sy kan werk, maar Henru se longe klink nie lekker nie en ek besluit dat ek gou gaan uitvind by Wilna Foot, 'n fisioterapeut naby ons of hulle kan help om hom professioneel te klop, stoom en die slym uit te suig. So word daar gesorg en die ontvangsdame sê ons kan gou oorkom.
Dis wat ek haat van hierdie plek! Ons is 1 minuut se ry van die spreekkamer af maar dit neem 10 minute om daar te kom met die verkeer!
Die fisioterapeut doen die klopwerk en Henru lag daaroor, dis vir hom of lekker, of kielierig of iets, maar hy lag. Ons sit die pyp aan dat hy bietjie kan rook met die stoom en (die eerste keer wat ek so iets sien) met 'n elektroniese apparaat wat lyk soos 'n pen druk sy weerskante van sy neus vir die sinusholtes. Toe na die suigpomp. Dis ongelooflik hoeveel slym sy uitkry! Goed en wel, die pyp word ook met bietjie water gespoel, maar dis ongeveer 500ml!
17:30 is ons terug by die huis. Ek maak sy kos, medisyne en bottel reg en voer hom. Hy eet sy hele bord kos op, drink die medisyne en die hele 250ml Nutren Fibre! 18:45 slaap hy weer en 20:30 is hy wakker. Hy drink 'n bottel tee van 200ml en ek gaan sit hom in die kamer in die bed. Iets is weer vir hom vreeslik snaaks en ek speel met hom. Ek maar of ek burp en praat soos 'n eentjie, soen hom en gesels en dit is net te snaaks, hy giggel dat sy asem byna opraak en is later uit asem. Dis vir eers genoeg en ek maak hom rustig deur by hom te lê en sy hand vas te hou. Hy maak sulke gilletjies en ek sê hy moenie raas nie, want Amor slaap, toe giggel hy ook! Sulke tye wonder ek wat deur sy gedagtetjies gaan en hoeveel hy verstaan van wat mens sê of reageer hy net op my stem...
Toe ons die Kerstyd op Bethlehem was, het Mariëtte, my een suster, vir my 'n houer "Bulbinella" room gegee om Henru mee te smeer. veral vir druksere, maar hy het ook 'n tipe velaandoening so oor sy neus, in die wenkbroue en sy voorkop. Sedert ek die room daagliks aansmeer, verbeter sy vel. Ek weet ook nie of dit iets help vir die spastisiteit nie, maar as ek hom klaar gebad het, dan smeer ek dit sommer oor sy hele lyf.
Ek het Diana per e-pos gekontak en haar gevra of sy nie dalk vir my 'n bietjie afslag kan gee op die produk nie en vir haar Henru se situasie verduidelik en ook dat die room baie help met sy vel. Groot was my skok dat sy nie wou afsslag gee nie, maar vir my 'n e-pos gestuur het dat sy die res van Hneru se lewe elke maand vir my 'n houer van die room sal stuur. Al wat ek sê is dat ek nie haar "joy" en "blessing" wil steel nie, maar kan net vir haar baie dankie sê vir hierdie GROOT geskenk! Dankie Liewe Jesus dat daar nog sulke wonderlike mense is wie bereid is om te help.
Vanaand kom die lied van Mark Schulz weer by my op. Ek het dit lank terug per e-pos van iemand gekry en dis so alles wat mens wil sê in hierdie omstandighede. Ons kan seker die "mother" vervang met "father" en die "she" met "he", ens.:
13:54 op 6 Februarie 2013
(Daar was sekere ongure karakters wie my beskuldig het dat ek lieg en Henru se situasie misbruik om simpatie te kry... dis soos hy meeste van die tyd lyk wanneer hy so slaap en slaap sonder om wakker te word)

He’s my son
– Mark Schulz
I'm down on my knees again tonight,
I'm hoping this prayer will turn out right.
See, there is a boy that needs Your help.
I've done all that I can do myself
His mother is tired,
I'm sure You can understand.
Each night as he sleeps
She goes in to hold his hand,
And she tries not to cry
As the tears fill her eyes.
Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place some how.
See, he's not just anyone, he's my son.

Sometimes late at night I watch him sleep,
I dream of the boy he'd like to be.
I try to be strong and see him through,
But God, who he needs right now is You.
Let him grow old,
Live life without this fear.
What would I be
Living without him here?
He's so tired, and he's scared
Let him know that You're there.
Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place some how.
See, he's not just anyone, he's my son.
Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place somehow.
See, he's not just anyone.
Can You hear me?
Can You see him?
Please don't leave him,
He's my son.
I dream of the boy he'd like to be.
I try to be strong and see him through,
But God, who he needs right now is You.
Let him grow old,
Live life without this fear.
What would I be
Living without him here?
He's so tired, and he's scared
Let him know that You're there.
Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place some how.
See, he's not just anyone, he's my son.
Can You hear me?
Am I getting through tonight?
Can You see him?
Can You make him feel all right?
If You can hear me
Let me take his place somehow.
See, he's not just anyone.
Can You hear me?
Can You see him?
Please don't leave him,
He's my son.
Tuesday, February 5, 2013
5 FEBRUARIE 2013
Vroeg opstaan vanoggend. 05:15 gaan die wekker af. Henru het goed geslaap en is nog aan die slaap toe ek gaan stort. 06:00 maak ek hom wakker, gee sy medisyne en maak hom klaar en ry Unitas hospitaal toe na Dr Lippert se spreekkamer en 07:00 is ons daar.
Hy doen weer 'n volledige ondersoek. Hy sê Henru se hart is baie rustig en gewoonlik as kinders siek is, is die hart onrustig. Die longe is hy "oraait" mee, daar is 'n effense bronchitus, maar niks om oor bekommerd te wees nie, maar hy sal nietemin antibiotika gee sodat ons dit kan behandel voor dit vererger.
Die slaap - hy sê ek moet rustig wees daaroor, dit is die resultaat van die brein wat krimp en daar kan niks aan gedoen word nie. Solank hy rustig slaap en niks probleme andersins het nie, kan ek kalm en rustig voortgaan soos altyd.
Ons gaan terug huis toe en is net na 9 by die huis. Ek kry sy ontbyt gereed en toe dit reg is, slaap hy. So in die slaap eet hy sy onbyt - klein happies dat hy nie verstik nie en eet alles op. Hy drinkook 'n bottel rooibostee met heuning in en hy slaap.
11:30 drink hy weer so in sy slaap 'n bottel rooibostee.
12:46 ... die diepe slaap...
13:00 drink hy steeds sonder om sy oë eers oop te maak 'n bottel Nutren Fibre.
13:15 ry ek en gaan haal sy medikasie by die apteek en gaan haal Amor by die skool. Net na 14:00 is ons terug en hy slaap steeds. As mens praat, dan strek hy hom uit, maar maak nie sy oë oop nie.
Ek en Amor gaan gou winkels toe vir kruideniersware en ek gaan sny my hare, gaan laai Amor se vriendin Benine by haar huis af en is net na 16:00 by die huis. Henru begin wakker word en hoes. 'n Niesbui oorval hom en ek spuit bietjie neussproei in sy neus. Dit lyk of hy nou erg verkoue is want die traantjies loop sommer uit sy oë uit en sy gesig is bloedrooi, maar as ek met hom praat, dan lag hy. Hy trek sy neus so op 'n plooi en ek vryf sy neus en oë en hy lag soos hy altyd maak as ek dit doen. Hy drink weer rooibostee met heuning.
Ek maak vir hom kos - visvingers en gemengde groente met "vegie bake" sous. 17:30 gee ek sy kos en dis asof hy nie die kos vinnig genoeg kry nie en as ek met die teelepel teen die bord se kant die kos skep, dan maak hy al sy mond so groot oop. Hy eet al sy kos op en ek gee die antibiotika tablet wat ek opgelos het in bietjie water en met bietjie kondensmelk met die spuit vir hom, Hy drink dit goed, maar gril verskriklik! Ek gee vir hom so bietjie koffie wat Amor vir my gemaak het met die spuit om die smaak mee af te sluk.
Ek gaan sit die bord in die wasbak en toe ek terugkom by hom toe slaap hy. Hannes kom sit ook in die sitkamer en ons kyk 7de Laan, maar ek gesels eers op whatsapp met vriende en toe die Kyknet nuus by die sport begin, is Henru wakker. Hy nies wer vreeslik en ek smeer bietjie vicks aan sy bors en so by sy neus. Hy drink weer 'n bottel Nutren Fibre en toe ek klaar opgeruim het by sy bed, toe slaap hy.
Amor was kerk toe en toe sy 21:30 by die huis kom nadat een vaan haar vriendinne se pa haar kom aflaai het, vat ek Henru kamer toe, maar hy word nie eers wakker toe ek hom optel, in die kamer neersit en sy doek omruil nie en so slaap hy nou 22:30 nog steeds. Sy bors klink bietjie beter as vanoggend.

Ek het nog altyd stilgebly daaroor, maar gaan dit nou hier meld want hoekom moet dit so wees? As iemand dit kan verklaar, sal ek dit waardeeer.
Verlede jaar met die operasie se kostes het ek aan sy ma Telma, gevra of sy nie 'n bydrae kan maak nie. Sy betaal het toe slegs R800 per maand onderhoud betaal vir Amor en geen sent vir Henru nie. Sy het aangebied om, in plaas van die verhoging wat sy vir Amor moet betaal van ± 10%, met and woorde R880 per maand dan R1000 per maand te betaal.
Oktober 2012 het ek Amor se skoolboeke vir die jaar gekoop wat R1638 gekos get asook Amor se Gasvryheidstudie benodigdhede, nl vakbelading en sjef uitrusting ten bedrae van R1295. Haar skoolfonds beloop R14 500 per jaar. Henru se rugoperasie het R330 000 gekos en sy stoel R44 885. Al hierdie fondse moes op 'n manier bymekaar gekry en betaal word.
Gister (die 4de) laat weet sy per sms sy het haar rekenaar gelock en kan nie EFT doen nie, sy sal die kontant vandag inbetaal en toe kry ek vanoggend die verrassings SMS dat sy slegs R880 inbetaal het.
Sedert Henru die 20ste Januarie 2013 begin het met sy huidige situasie het ek haar elke keer of gebel en persoonlik in kennis gestel of 'n sms gestuur soos en wanneer daar veranderings plaasvind. Tot vandag toe het sy GEEN navraag gedoen oor hoe dit met hom gaan nie. Ja, ek is bitter vandag en môre sal dit weer beter gaan, maar watter tipe mens doen dit? Wat het Henru of Amor aan haar gedoen dat sy hulle benadeel? Ek het verneem hulle het 'n huis gekoop en is nou op pad op 'n bootreis van 12 dae. Ek vra maar net en wonder hoe leef sy met haar gewete saam.
oooOOOooo
Monday, February 4, 2013
4 FEBRUARIE 2013
Ek het 01:00 die lig afgeskakel om te gaan slaap. Henru was nog rustig, het nie gehoes nie en die bors het goed geklink.
05:30 lui die wekker en Henru word ook net daarna wakker. Hy is vol geselsies en ek gaan maak vir hom sy bottel met 75ml sojamelk en besluit om weer te probeer om die medisyne met die melk te gee in plaas van die spuit. Hy neem die tiet gemaklik en drink die bottel leeg. Ek probeer nog 150ml sojamelk en hy drink dit ook klaar. Ek gaan maak klaar vir werk en hy is die heletyd op en wakker en 07:00 ry ek werk toe.
13:20 kom ek by die huis en Tebogo rapporteer aan my dat hy wakker was tot ongeveer 09:30 en dat hy twee bottels rooibos tee gedrink het, maar dat hy weer slaap van 09:30 af. Ek maak hom wakker en is baie bekommerd oor die longe, dit roggel sommer so vol slym is dit.
Genoeg is genoeg en ek bel die dokter om te reël dat hy Henru opneem om die longe skoon te kry en dan ook te probeer vasstel hoekom hy so slaap. Ek is bekommerd oor die feit dat Roselinah TB gehad het en wil nie so aangaan nie. Een keer laat weet jy die belangstellendes dat dit goed gaan net om 'n paar minute of ure later weer te laat weet dat daar 'n krisis is. Behalwe dit, ontstel dit Amòr, maar ook myself en dit is baie traumaties om so aan te gaan. Ek kan nie konsentreer op die werk nie en bly die heel tyd bekommerd oor hom. Nou wag ek net om te hoor wat die dokter sê.
Die dokter het 16:00 gebel en gesê ons moet 07:00 môre oggend, 5 Februarie 2013, by die hospitaal wees sodat hy Henru kan ondersoek en kyk wat om verder te doen, anders, as hy hom vanaand al opneem, moet ons 'n ekstra nag in die hospitaal betaal.
Die situasie raak nou bietjie moeilik. Nes mens se hoop opvlam dat dit beter gaan, dan trap jy op iets wat weer jou voete onder jou uitslaan...

Sunday, February 3, 2013
'n MOEILIKE PAAR DAE
Ek begin 14 Januarie 2013 weer werk en dit gaan goed met Henru by die huis en Tebogo kom goed reg met hom. Elke dag rapporteer sy aan my presies wat gebeur het en ek kan dit ook monitor op die CCTV wat in die huis is. Sy doen sy oefeninge korrek, gee sy kos en bottel en ek het niks om oor te kla nie.
Vanaf 18 Januarie 2013 is Henru meer slaperig as gewoonlik, maar hy eet en drink en ek neem aan dat dit die vreeslike hitte is omdat ons 'n hittegolf beleef hier in Gauteng. Wanneer ek Amor van die skool af huis toe bring is Henru oraait, maar steeds baie slaperig. Vrydag oggend toe ek hom van die kamer af sitkamer toe neem, slaap hy nog, maar toe ek by die huis kom is hy wakker. Behalwe dit, neem die konvulsies van die epilepsie vir my toe. Waar dit byvoorbeeld 5 minute geduur het of minder en een of twee keer elke paar dae, begin dit nou elke nag gebeur en stelselmatif word dit langer. Dit het ook al in die verlede gebeur, maar dan het dit weer beter geword.
Saterdag 19 Januarie 2013 slaap hy lekker en ek kan ook bietjie laat slaap tot ongeveer 10:30 nadat ek sy medisyne 06:00 so in sy slaap vir hom gegee het. Ek gee sy bottel en deur die dag is hy wakkerder en dis koeler ook, derhalwe dink ek dat dit wel die hitte kan wes wat 'n uitwerking op hom het.
Sondag die 20ste gee ek hom deur die dag sy kos en bottel en alles is normaal. Die nag kry hy konvulsies wat tot 30 minute duur en dit gebeur drie keer die nag.
Maandagoggend vat ek hom sitkamer toe, maar hy word nie wakker nie. Ek gaan werk toe en bel kort-kort om te hoor by Tebogo wat aangaan, Hy word steeds nie wakker nie, maar eet en drink so in sy slaap. Ek kom huis toe nadat ek Amòr by die skool gaan haal het en bly by hom want hy word nie wakker nie.
Die 23ste Januarie 2013 doen die dokter bloedtoetse om die toksiese vlakke te toets en volbloedtelling en ek weet nie wat alles nie, maar kry niks in die bloed nie. Sy woorde "Die bloedtoetse se uitslae is pragtig". So gaan ek maar elke oggend werk toe en kom na skool huis toe, maar ek kry nie gewerk nie, dit vreet aan my om Henru so te sien. Die dokter vermoed die drukking is verhoog in die brein en moet ek die shunt pomp om te kyk of dit werk en of dit nie help nie, maar niks word beter nie. Henru word bietjie wakker, maar sy oë draai so in sy oogkaste rond en flikker so en die aanvalle raak meer intens.
Dokter Lippert gee toe nog medikasie, Urbanol, om die konvulsies te probeer beheer. Ek gee dit vir hom en die volgende dag begin dit betre raak en sedert Vrydag 25 Januarie 2013 ongeveer 14:00 het hy nog nie weer konvulsies gehad nie.
Die verskaffer bel en sê ons kan Saterdag 14:00 die stoel gaan haal. Ek gee 06:00 Henru se medikasie en hy slaap. 11:30 was ek hom en trek hom aan, maar hy word nie wakker nie. Ek laai hom in die kar en ry Rivonia toe en hy slaap. By die verskaffer se spreekkamer laai ek hom af en sit hom op die bed in die spreekkamer neer en hy slaap. Hulle kry die stoel reg, ons sit hom in die stoel en hanteer hom om al die verstellings reg te kry en hy slaap. Ek ry met hom by die spreekkamer in die stoel uit en hy slaap, laai hom in die kar, ry huis toe en sit hom weer in die stoel en al die pad slaap hy. Hy word later bietjie wakker en ons gaan stap met die nuwe stoel, maar hy raak kort-kort aan die slaap.
Sondag slaap hy, maar word met tussenposes bietjie wakker. Ek gee dan sy bottel en begin kos gee en as hy 18:00 sy medikasie kry, dan sluk hy dit so in sy slaap.
Maandag 28 Januarie 2013 gaan ek werk toe, maar ek kan niks gedoen kry nie. 08:00 bel ek die dokter en die ontvangsdame sê sy sal later terug bel nadat sy met die dokter gepraat het. Ek bel 09:00 huis toe en Tebogo sê hy slaap nog. 12:00 bel ek weer en hy slaap steeds. Amòr kom vroeër by die skool uit en ek gaan huis toe en Henru is glad nie met ons nie en het in 'n koma gegaan. Dit voel of ek van my kop kan raak en ons kry niks met Henru uitgerig nie. Ek en Amor huil oor Henru en ek bel vir Telma om haar mee te deel wat aangaan en haar reaksie is: "Hou my asseblief op hoogte van wat aangaan en as ek by hom kan kom sit in die hospitaal en jy moet gaan werk, laat weet my dan doen ek dit." Eerlikwaar, dink sy ek gaan by die werk sit as dit sleg gaan met hom en hy in die hospitaal is? Vir 12 jaar pas ek hom op en loop 'n pad met hom, daar is nie 'n manier wat ek by die werk gaan sit en hy sonder my in die hospitaal wees nie. NOU skielik wil sy by hom kom sit... Dirk kom hier aan en dis 'n tranedal en hy bid vir Henru en dis net of ek geen rigting kan kry nie.
Die dokter bel later terug en sê dat as Henru nie beter word nie, sal hy hom in ICU opneem, maar as ons eerlik wil wees, ons weet almal wat die prognose is en Henru se brein is erg verkrimp. Solank Henru gemaklik en rustig is en nie pyn het nie, is dit vir hom beter om by die huis te wees as om in die vreemde omstandighede in die hospitaal in ICU te wees, maar as daar enige verdere probleme is, moet ek nie huiwer om hom hospitaal toe te neem nie. Behalwe hierdie feite, sal ek steeds by Henru in die hospitaal moet bly om hom te versorg, want, uit al my ondervinding, het ek nog nie by 'n hospitaal iemand gekry wie hom kan kos en bottel gee nie.
"Daar is tye wanneer ons swak, platgeslaan en mismoedig voel! Daar is tye wanneer die lewe ons bitter houe toedien en ons drome reg voor ons oe laat verkrummel, wanneer iets wat ons geglo het gaan uitwerk, verkeerd uitdraai... Moenie opgee nie! Moenie moed verloor nie! Onthou altyd...God is by jou!"
Teen 16:00 word Henru wakker asof daar niks fout was nie en giggel en maak geluide en 5 minute later slaap hy weer. Hus is dus in en uit die koma. Hy wil toe ook niks meer drink nie en ek begin om vir hom vloeistof met die spuit in te gee om ontwatering te voorkom, So is hy wakker en slaap en ek wil mal raak omdat dit nie na 'n kant toe kan gaan nie. Al wat ek doen is bid dat die Here se wil sal geskied en dat ek net krag en genade sal kry saam met my kinders om hierdeur te gaan. Intussen het hy ook vog op sy longe begin opbou en daarom sit ek hom so in sy slaap so lank as moontlik in die stoel dat hy net kan regop wees en nie die heeltyd lê nie.
Die situasie bly voortduur maar teen die 1ste Februarie kom daar 'n wending en is hy meer wakker.
Pos op facebook 2 Februarie 2013
Spesiaal aan Hannes, Francois en Amor:
Ek lê jou by Jesus se voete neer (Juanita du Plessis)
Ek wens ek kon die pyn
vir jou dra
Ek wens ek kon jou
seerkry wegvat
Ek wens ek kon al jou
vrae antwoord
Ek wens ek kon die wêreld
vir jou gee
Maar ek is net ‘n mens
en ek is magteloos
hier op my knieë is my
gebed:
Ek lê jou by Jesus se
voete neer
Hy ken jou vrese, jou
twyfel al jou seer
Hy bring lewe en vrede
in jou hart
Hy sal jou vashou,
Hy sal jou nooit
verlaat nie
Hy’s altyd by jou al
maak niks vir jou sin nie
Ek lê jou by Jesus se
voete neer.
Dit breek my hart om
jou so te sien
Ek weet dat jy dit
nooit verdien
Maar vir elke traan
wat jy huil, huil ek myne
En dan bring ek jou
net weer tot voor die Troon
So as jy alleen en wag
in die donker lê en wag
Onthou my woorde want
dis Sy belofte
Ek lê jou by Jesus se
voete neer
Hy ken jou vrese, jou
twyfel al jou seer
Hy bring lewe en vrede
in jou hart
Hy sal jou vashou,
Hy sal jou nooit
verlaat nie
Hy’s altyd by jou al
maak niks vir jou sin nie
Ek lê jou by Jesus se
voete neer
DIE GEHEIM VAN VRA
Jy gaan die krag van GEBED ervaar soos nog nooit tevore nie, sê die Here. Onthou my Woord: Julle het nie, omdat julle nie bid nie. Want hy wat bid, ontvang. Die wat soek, vind. En wanneer jy klop, sê die Here, sal Ek vir jou die deur oopmaak. Jy ontdek opnuut die krag van vra. Vra, spreek van jou en My verhouding. Jy vra nooit van iemand wat jy nie vertrou nie.
Ek loof en prys U Here en dank U vir U genade.
... Ek het die afgelope paar dae nie updates gegee nie, want die een oomblik het dit goed gegaan en die volgende oomblik weer die teenoorgestelde. Sedert gister (1 Feb) het daar 'n totale wending in Henru se toestand plaasgevind.
Hy het ongeveer 13:00 wakker geword na hy die vorige aand teen ± 22:30 gaan slaap het. Met groot moeite kon ons om kry om van 13:00 tot 18:00 250ml te drink. Hy was egter die heel tyd wakker tot ek soos altyd teen 18:00 sy kos gegee het, maar steeds het hy geweier om self te drink. Ek het maar kort-kort probeer dat hy drink en teen 22:15 toe drink hy die bottel sommer leeg.
Vanoggend was hy teen 05:40 wakker. Ek het sy medisyne gegee en hy het met moeite 50ml tee gedrink. Ek het vir hom oats gegee om te eet wat hy maklik geëet het. Daarna moes ek weer aan die slaap geraak het en Mariëtte (my sus) het gebel teen 10:30 en Henru was wakker en vol gesels. Ek het op die CCTV gaan kyk wat gebeur het en gesien ek het teen ongeveer 09:10 weer aan die slaap geraak en Henru was die hele tyd wakker. Ek het hom weer sy bottel gegee, die keer "Nutren Fibre" en hy het die hele bottel binne 10 minute leeg gedrink.
So is hy nog steeds wakker en giggel vir alles wat ek aan hom aandag gee.
Dankie vir almal se ondersteuning met gebede, oproepe, boodskappe en sms'e. Saam met God dra julle ons ook deur hierdie omstandighede. ♥♥♥

Sondag 3 Februarie 2013 - ek gee 06:00 Henru se medikasie en hy is so effens wakker. Ek raak weer bietjie aan die slaap, maar die ander kinders is wakker en sien om na Henru. 09:00 word ek weer wakker en hy is steeds wakker. hy drink sy bottel en eet sy ontbyt en is die hele dag wakkerder, alhoewel hy soms insluimer. Hy drink sy bottel normaal en teen 16:00 gaan bad ek hom, gee later sy aandete en alles gaan net te goed. Teen 19:00 raak hy aan die slaap en is rustig. behalwe vir die hoesie wat hy so af en toe gee en dan soms bietjie wakker word vir 'n paar minute, slaap hy nou, 23:37 baie rustig en snork sommer. Daar is geen geluid van slym op die bors nie en al wat ek kan sê is: Dankie Here dat U ons tot hiertoe gedra het en met al die genade geseën het en neem U ons op die pad wat ons vorentoe moet loop. Ek val in by U plan want U het ons geken nog voordat ons gebore is en weet wat U met ons wil doen.
oooOOOooo
'Giving up does not always mean you're weak, sometimes it just means your strong enough to let go.'
oooOOOooo
Subscribe to:
Posts (Atom)