Dit gaan steeds goed met Henru. Ek het hom weer terug op die Stilnox en daar is 'n BAIE groot verbetering. Dis ongelooflik as ek in die middae by die huis kom hoe hy weer lag en gesels. Sy versorger sê hy reageer ook baie erg op die dreuning van die voertuig as ek aangery kom, maar nie op ander voertuie wat hier ingery kom nie.
As ek dan by die huis inkom, gee hy sulke gilletjies en lag so uit sy maag uit as ek hom groet en 'n drukkie gee. Partykeer is dit so erg dat sy sussie Amor haar ore toedruk soos hy gesels, lag en sommer net lekker skreeu van opgewondenheid. Dit is onbeskryflik hoe hierdie reaksie mens se dag "boost" as jy nie 'n lekker dag gehad het nie en by die huis kom en hy reageer so.
Ek het hom gou by die dokter gehad want die longe wil nie lekker opklaar nie. Gelukkig is daar geen infeksie nie, maar die dokter het antibiotika gegee dat ons kan voorsorg tref teen die winter wat op hande is.
Ek het ook laas week 'n skou gaan bywoon vir hulpmiddels vir gestremdes en daar is kussings wat mens kan gebruik om hom mee te kan posisioneer wat beter sal werk as die gewone kussings wat ons nou gebruik. Dan is daar ook die masseer matras wat help met die voorkoming van druksere en het ek dit vandag bestel. Dit kos darem nie 'n plaas se geld nie en ek weet sommer dit gaan ook help met die spasmas.
Die lewe van Henru Grobbelaar, betrokke in 'n motorongeluk op ouderdom 8 maande 3 weke, vanaf die dag van die ongeluk en wat hy alles al deurgemaak het. Ouers in soortgelyke omstandighede word uitgenooi om hulle ervarings ook hier te deel. * The life of Henru Grobbelaar, involved in a MVA at 8 months and 3 weeks, since the day of the accident and every thing that he went through. Parents in similar cirumstances are invited to share their experiences here.
Wednesday, May 15, 2013
Sunday, May 5, 2013
MOET JULLE NIE BEKOMMER NIE
Toe ek die inskrywing gemaak het op 3 Februarie 2013 van “Die
Here sorg”, het ek die gedeelte in die Bybel staan gesoek en kon dit nie vind
nie. Sê nou vir my of hierdie toeval is
of nie, ek glo met my hele hart die Here sorg vir ons en ons “walk the walk”
soos oom Joseph gesê het.
En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.
Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.
Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!
En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?
Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.
As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!
Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;
want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
Lukas 12:34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Saterdag 4 Mei 2013 het Dirk my gevra om hom te help om sy
vriend, Oom Joseph Von Schönfeldt te help trek van Brakpan hier na
Centurion. Hy het nie veel goed nie en
sal net een waentjie vrag wees.
Om dit te doen, het ek nie 'n keuse anders as om Henru saam
te neem nie, want Hannes werk en ek kan hom nie by Amòr los nie.
Na 'n effense moeilike nag gaan slaap Henru teen 04:30 en ek
besluit toe ek gaan nie eers die wekker stel nie, Dirk kan my wakker maak as hy
hier aankom soos ons afgespreek het en dan kan ek klaarmaak en ons kan ry.
06:55 word ek wakker sonder rede, maar besef dit Henru se
medikasie tyd. Ek gee dit vir hom met 'n
bottel melk en hy raak so aan die slaap terwyl hy die bottel leegdrink. Daarna slaap ek ook weer net om 09:35 wakker
te word. Ek besef dis byna tyd dat Dirk
hier gaan aankom en staan op, gaan stort en maak klaar, pak Henru se doeke en
bottel in, gee hom nog 'n bottel om te drink en teen ±10:20 vertrek ons om die
waentjie te gaan kry en ons ry na Brakpan.
Net voor ons afdraai op die R24, sê ek vir Dirk dat ek 'n
vreemde geluid hoor op die een wiel en toe ons op die hoofweg is, is dit net
een geraas soos iets skuur. Ons klim
uit, maar kan niks sien nie en ek besluit om verder te ry, maar die geluid
klink erger, later soos wanneer die handrem opgetrek is en mens probeer so
ry. Ek bel die persoon by wie ek die
kombi die week vantevore laat diens het en hy sê ek moet probeer om by 'n
“fitment centre” uit te kom dat hulle kan kyk en hy sal dan die nodige reëlings
tref.
Ek is uiters bekommerd dat die remme dalk kan vasslaan, maar
ons kruip maar so aan en daar mis ek die afrit.
Weer moet ons soek na 'n ander plek en dit laai op binne my van
bekommernis. Die gedagtes maal in my kop
van wat gebeur as die kombi breek, hoe kom ons by die huis, waar kry ons iemand
wat ons kan kom haal met ‘'n voertuig wat Henru gemaklik in kan sit, ag, ek
raak sommer skuins verbouereerd van bekommernis.
Om 'n lang storie kort te maak, ons kry toe 'n plek en toe
die ou kyk, sê hy daar is groot fout want die wiele is ontsettend warm. Ek laai Henru uit want daar is gelukkig 'n
lekker bank waarop hy kan lê en na 'n ruk kom die bestuurder by my en sê alles
is reg, daar is nie groot fout nie, dis net die “dust cover” wat losgekom het
en dis alles reg, ons kan weer rustig verder ry, dit kos ons ook nie geld nie.
Dirk het gou gaan koeldrank koop en die bestuurder vra my uit
na Henru waarop ek hom kortliks vertel wat gebeur het en hy sê to, soos so baie
mense al gesê het, hy weet nie hoe ek dit regkry nie, maar hy bewonder my dat
ek dit doen.
Ons laai toe Oom Joseph se goed op en ons ry terug Pretoria
toe. Op pad daarheen is die versorging
van Henru weer ter sprake en hy sê ook hy weet nie hoe ek daarmee “cope” nie.
Soos ek al so dikwels in die verlede gesê het en erken het,
ek sou dit nie op my eie kon regkry nie.
Ek kry bonatuurlike krag en ondersteuning en dit kan net van die Here
kom en daarom sal ek altyd aan Hom die erkenning gee daarvoor, want op my eie
sou ek nie in staat wees daartoe nie.
Maar dis nou juis hier waar die sameloop van omstandighede
is. 'n Kollega is verlede jaar hierdie
tyd oorlede en by sy gedenkdiens het die pastoor gelees van die lelies van die
veld en die gras wat vandag daar is en môre verdor het in verbrand word en dit
het ook 'n diep impak op my gelaat en vandag toe ek op die rekenaar werk, het
ek weer op die kennisgewing en begrafnisbrief wat ek meegehelp het afgekom en
baie daaraan gedink.
So is ek ook besig om 'n DVD saam te stel van die familie en
vandag is ek by die laaste kind van my pa-hulle, tannie sus. Haar man Oom Hannes is ook verlede jaar die
8ste Desember oorlede en toe ek nou vanaand die begrafnisbrief se besonderhede
aanteken, toe sien ek die Skriflesing vir die diens was uit Lukas 12:13-21,
maar kon nie die teksvers onthou nie, wel van die preek waar die dominees gesê
het van die lewe wat nie bestaan uit die oorvloed van sy besittings nie.
Ek gaan soek dit toe op in die e-sword program wat ek het VA
die Bybel en daar kry ek alles saam wat ek na gesoek het. Veral in die Ou vertaling waar dit so
duidelik staan in Lukas 12:25 En wie
onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
Dit kan ek vanaand onomwonde sê en erken, ja, ek is dikwels
bekommerd oor Henru, Amòr, Hannes en Francois, oor wat die toekoms gaan gebeur
met hulle, maar dan kom kry ek hierdie gerusstelling soos dit so duidelik in
die Bybel staan en daarom haal ek die hele gedeelte aan, maar lees toe ook die
volgende weer 'n keer raak:
Lukas 12:34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook
wees.
Ek deel dit graag:
Lukas 12:13-34: En een
van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my
moet deel.
Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ‘n regter of deler
oor julle aangestel? En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond
het goed gedra.
En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen,
want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie? Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.
Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.
Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!
En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?
Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.
As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!
Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;
want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
Lukas 12:34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Saturday, April 27, 2013
WEES STIL EN WEET...
Dikwels vra mense vir my hoe "cope" ek met die omstandighede waarin ek is en al wat ek met eerlikheid en opregtheid kan sê is dat ek dit aan die Here se wonderlike liefde en genade kan toeskryf. Daar is GEEN manier waarop ek dit alleen en in my eie krag sou kon maak tot hier nie. Ja, dikwels baklei ek met die Here en vra hoekoms en waaroms en huil my hart uit voor Hom, dit voel dikwels asof ek bid maar my gebed slaan teen die plafon vas of word deur die wind weggewaai of iets, maar op SY tyd en SY manier kom gee Hy weer rigting en krag om net aan te gaan. Daar is regtig dae waarop ek erken en dit uitspreek en sê dat ek so moeg is, maar dan kom hou Hy my vas en sê vir my so in die stilte "Ek is lief vir jou, my kind". Dit is dan wanneer ek ook aan my eie kinders dink wanneer ek sien hulle is hartseer of moedeloos of iets en al wat ek dan vir hulle kan doen is ok ook vir hulle 'n drukkie te gee en hulle te verseker van my liefde vir hulle.
So dikwels soek ek die stem van die Here om my net gerus te stel en dan dink ek aan hierdie gedeelte in die Bybel:
1Konings 19:11-19: En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind ‘n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie. En ná die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was die HERE nie. En ná die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?
So is die Here in die gesuis van die sagte koelte, die gerustheid wat dit bring en mens net die kalmte en rustigheid gee om aan te gaan.
So ook is hierdie hieronder maar net vir baie mense 'n mooi prentjie, maar dit spreek in my lewe boekdele, want dit is hoe ek, met die krag van Jesus Christus, dit regkry om elke dag op te staan en aan te gaan.

So dikwels soek ek die stem van die Here om my net gerus te stel en dan dink ek aan hierdie gedeelte in die Bybel:
1Konings 19:11-19: En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind ‘n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie. En ná die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was die HERE nie. En ná die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?
So is die Here in die gesuis van die sagte koelte, die gerustheid wat dit bring en mens net die kalmte en rustigheid gee om aan te gaan.
So ook is hierdie hieronder maar net vir baie mense 'n mooi prentjie, maar dit spreek in my lewe boekdele, want dit is hoe ek, met die krag van Jesus Christus, dit regkry om elke dag op te staan en aan te gaan.
![Explore more such posts at : @[131006910258124:274:Sms2everyone]
Explore more SMS at : http://sms2everyone.com/](https://fbcdn-sphotos-h-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/s480x480/401930_648981138460696_952173310_n.jpg)

Wednesday, April 24, 2013
HENRU SE DAAGLIKSE LEWE
Ek het
'n versoek gekry om Henru se daaglikse lewe met julle te deel:
Onder “normale omstandighede” soos dit gegaan het tot die 20ste Januarie 2013, vang hy dan dikwels so kort slapie tot ongeveer 07:30. Dan gee sy versorger vir hom sy ontbyt om te eet wat bestaan uit pap, hetsy Malta bella, pro nutro, corn flakes, oats of selfs muesli.
Gewoonlik is hy so teen ongeveer 05:30 as die wekker
afgaan wakker en dan kry hy sy eerste epileptiese aanval vir die dag. Dit duur
gewoonlik so tussen 5 tot 15 minute. (Gedurende hierdie tyd gaan maak ek dan
vir Amor en Hannes wakker en hulle maak klaar vir werk en skool). Ek maak dan
ook sy bottel met ±50ml soja melk en sy medikasie van 7,5ml Convulex en 75mg
Lyrica.
Soms as ek in die kamer
kom, dan is hy wakker en drink dit maklik, maar soms gebeur dit dat hy glad nie
wil drink nie, dan is dit maar met die spuit om dit so vir hom in te gee.
Hy moet sy medikasie op
spesifieke tye kry en het ek oor die jare aangepas om dit tussen 06:00 tot
07:00 vir hom te gee en dan weer tussen 18:00 tot 19:00. Die rede daarvoor is dat indien die toksiese
vlakke opbou, die bloedtoetse daarvan dan in die tyd net voor die volgende dosering
gedoen moet word. Hierdie tyd het die
dokters vir my gesê is die “trog tyd”.
Sy versorger is dan teen
ongeveer 06:55 by die huis en gee ek dan vir haar opdragte vir die dag waarna
ek dan teen ongeveer 07:00 werk toe ry.
Onder “normale omstandighede” soos dit gegaan het tot die 20ste Januarie 2013, vang hy dan dikwels so kort slapie tot ongeveer 07:30. Dan gee sy versorger vir hom sy ontbyt om te eet wat bestaan uit pap, hetsy Malta bella, pro nutro, corn flakes, oats of selfs muesli.
Dan kry hy 250ml bottel om te drink wat of soja melk,
koffie of tee is.
Ek gee meestal vir hom die
soja melk, want as hy besluit hy wil nie tee of koffie hê nie, dan knyp hy
letterlik sy mond toe en weier om te drink tot mens dit vir hom gee wat hy wil
drink. Hy is ook baie kieskeurig met sy
pap. Die pro nutro mag nie so skoon
gegee word nie – dit moet gemeng wees met rice crispies. Dan is hy ook lief vir weat bix, maar as hy
nie wil eet nie, dan sal hy nie.
Hoekom soja melk? Na hy uit die hospitaal gekom het, het die
dokters aanbeveel dat hy nie baie suiwel moet drink nie en het ek toe op
aanbeveling van Dr. Döhne op Harrismith die soja melk gekry. Dit was eers in poeier vorm, maar is later om
een of ander rede onttrek van die mark en kon ek dit nie meer kry nie. Ek het toe die long life soja melk gekry en
het hy dit toe gedrink.
Ek wou hom stelselmatig
aan suiwel begin blootstel en het dit aanvanklik baie goed gegaan as ek hom ‘'n
bakkie jogurt gegee het, maar op ‘'n stadium het hy vreeslik begin braak. Dit was so erg dat hy verskeie kere in die
hospitaal opgeneem is en toetse is gedoen, maar niks kon gekry word wat die
naarheid en braking veroorsaak het nie.
Dokter Lippert het toe
aanbeveel dat ek alles wat ek hom gegee het om te eet en drink moes neerskryf
en dan so probeer vasstel wat dit is wat hom so laat opgooi het en dis hoe ons
vasgestel het dit is die jogurt, maar dit was nie ‘'n allergie nie – hy kon net
eenvoudig om een of ander rede dit nie inhou nie. Ons het tot X-strale laat neem en as ek reg
onthou was dit die “barium “toets wat gedoen is en dit het ook niks opgelewer
nie. Toe ek die jogurt wegneem, was die
braking op 'n einde. Ek het weer later
probeer om beesmelk in sy tee en koffie te gooi en weer het die braking
voorgekom tot ek die beesmelk totaal en al onttrek het. Ek het ook toetse met bokmelk gedoen en het
dieselfde reaksie gekry en so bly ons nou al jare op die soja melk. Daar is ook net sekere soorte wat hy drink: 'n
donker blou boks of die van Checkers of die van Pick 'n Pay – niks anders nie.
Teen ongeveer 09:00 word daar fisio gedoen en word sy
onderskeie hand en voet spalke aangesit.
Die bene en arms word gestrek asook die rug en as die fisio klaar is,
word hy op sy maag op 'n wig kussing geplaas sodat hy op sy eie bietjie kan
strek deur die kop op te tel. Dit duur
enige tyd van 20 minute tot 'n uur – hy laat duidelik van hom hoor as hy nie
meer so wil wees nie.
Teen 11:00 kry hy weer iets om te drink. Om meer oor sy drinkgewoontes te noem – as hy
besluit het hy wil iets nie drink nie sal niks hom maak om dit te drink nie. Ek het
al op een keer probeer om vir hom sweeto koeldrank te gee, dit ook probeer meng
met soja melk om vir hom 'n “steri stumpi” iets te maak, dit net so met water
aan te maak, cream soda, Fanta grape, Fanta pineapple, DANONE se vrugtesappe, Ceres
se vrugtesappe, ook die van purity, tee, koffie – enigiets net dat hy nie net
altyd soja melk moet drink nie – ja, tot Tropica se verskillende geure, maar hy
weier, dan drink hy net sy soja melk.
So tussenin sal ons steeds maar gereeld bietjie strek
oefeninge doen en die spalkies afwissel.
Verder word hy ook bietjie met afwisseling in sy stoel geplaas om
bietjie te sit of dan op die staan bed – vasgegespe soos 'n stokmannetjie! Hier sal ons met speelgoed met hom speel en
musiek speel wat hy baie van hou.
Teen 13:00 gee ons hom enige vrugte wat ons fynmaak,
maar dit is ook 'n riller! As hy dit nie
wil eet nie, dan sal hy dit so tussenin met sy tong uitwerk en weier om te
sluk. Baie duidelik het hy 'n wil van sy
eie. Vrugte wat hy wel van hou is papaja
en piesang gemeng en miskien ‘'n peer, maar appels en ander vrugte eet hy met
groot gesukkel. Ek het al geleer as hy nie wil nie, forseer ek hom nie om te eet
nie. As hy honger is, sal hy eet.
Hy kry dan ook weer 'n bottel om te drink en vreemd genoeg, dikwels
sal hy dan of tee of koffie drink, maar meestal is dit steeds soja melk wat hy
drink.
Gedurende die middag word hy ook afgewissel van die bed na die stoel en
na die staan bed.
Teen ongeveer 15:00 word hy gewoonlik sommerso in die bed gewas soos
hulle maar met bedlêende pasiënte in die hospitaal ook doen, maar ek probeer om
hom so elke 3de dag fisies in die bad te sit en hom te bad waar hy dan bietjie
kan week en die geskrop kan word (darem nie letterlik nie) maar waar hy
ordentlik gewas word.
Hierdie bad sessies is vir hom skynbaar baie snaaks en
sal hy skreeu soos 'n maer vark, maar hy bly die hele tyd smile of lag tussenin. Hy is baie lief daarvoor as ek sy hare was en
sy kop masseer, dan trek sy oë sommer toe met so skewe glimlag!
Dit is ook nie een van die maklikste take om te verrig
om hom te bad nie, want hy is meestal in so spasma, dat hy stokstyf in die bad
lê en sy kop agteroor trek. Dit is
letterlik soos om ‘'n baie swaar stomp in die water te hou en die een punt (sy
kop) bo te hou terwyl hy daarmee afdruk.
Daarom tap ek ook nie so baie water in die bad nie, want dan kan hy nie
sy kop onder die water druk nie. Mens is
letterlik uitgeput as jy net sy hare klaar gewas het. Om daardie rede sny ek ook sy hare meestal
met ‘'n nommer 4 knipper want dit is makliker as om lang hare skoon te hou.
Ek is dan gewoonlik teen ongeveer 16:10 by die huis.
As die weer dit toelaat, gaan stap ons ongeveer 30
minute in die buurt met sy stoel, anders sal ek hom in die stoel sit en soms
bietjie op die keyboard speel en hy en Klippie, die papegaai, hou dan ‘'n sang
kompetisie deur te kyk wie die hardste kan skreeu saam met die keyboard. (Het nie geweet ek speel so sleg nie).
Hierna is dit kos maak en teen 18:00 kry hy sy medikasie – 12,5ml Convulex
en 150mg Lyrica en dan sy kookkos wat fyngemaak is.
Sy kos bestaan dan uit enigiets wat ek vir ons ook
maak om te eet, net in 'n fyner vorm.
Van braaivleis en pap tot melkkos en baie snaaks hiervan is dat die
melkkos geen uitwerking het op hom soos die jogurt en melk in-tee en koffie
nie. Dis iets wat my verstand te bowe
gaan.
As hy klaar geëet het teen ongeveer 19:00 kry hy sy laaste bottel vir
die aand want om een of ander rede drink hy ook nie sommer na hierdie tyd
nie.
Mens kan probeer soos jy wil – hy sal so paar slukkies
drink, maar nooit meer as ongeveer 50ml nie.
Dikwels raak hy so aan die slaap terwyl hy sy bottel drink, maar
gewoonlik slaap hy teen ongeveer 20:00 en dan gaan dit tot ongeveer 22:00
wanneer hy weer ‘'n aanval kry en dan weer tot 00:30 na 01:00. Dan is sy doek gewoonlik nat en maak ek hom
droog. Dan gaan slaap ek en sal ons dag
dan weer teen ongeveer 05:30 begin.
So is dit maar elke dag, behalwe Dinsdae wanneer die fisioterapeut
intensiewe fisio kom doen, gewoonlik so van 07:00 tot 08:00 of in daardie
tydgleuf tot 09:30.
Woensdae kom die spraak terapeut van 16:00 tot 17:00 en dit geniet hy
vreeslik.
Net die reaksie wanneer sy hier aankom, want mens kan
sien hy luister na die voertuig en dan wag hy op haar stem, dan gil hy van
opgewondenheid en gesels vreeslik met haar – vertel die hele week se gebeure in
sy onverstaanbare manier aan haar.
Saterdae en Sondae slaap ons maar meestal bietjie laat.
Ek gee steeds vir hom tussen 06:00 tot 07:00 sy
medisyne en dan slaap hy bietjie meer en rus ons ook. Ons doen nie soveel oefeninge soos in die
week nie en vat dit net heeltemal kalm.
Dit gebeur van tyd tot tyd dat daar een of ander
probleem ontstaan, maar niks ernstigs nie.
Die ergste was nou van die 20ste Januarie tot op hierdie stadium waar ek
feitlik nie een nag voor 02:30 in die bed klim nie. In hierdie tyd het hy weer vreeslik baie
aanvalle gehad en is ek te bang om te gaan slaap, maar weereens wonderbaarlik,
oor naweke gee hy my kans om slaap in te haal, want dan slaap hy ook redelik
meer.
Ek het kameras in die huis sodat ek kan sien wat in
die nag gebeur het wanneer ek ook geslaap het of as die versorger my bel en sê
daar is ‘'n probleem, dan kan ek gou inskakel en kyk wat aangaan, maar daar is
die minimum probleme en slaap hy wanneer ek slaap oor naweke.
Dit is vir my hartverskeurend oor naweke waar mens net
mooi niks met hom kan doen nie – nie eers saam met hom kan TV kyk nie. Ek sit hom wel in die stoel voor die TV, maar
daar is geen reaksie dat hy iets op die TV kan sien nie. Al wat ek met hom mee kan speel is sy musiek
speelgoed en dan moet ek dit self nog aktiveer en kan hy nie eers sy hande
gebruik om iets daarmee te doen nie.
Swem kan ons ook nie wanneer dit warme is nie, want as
die water te koud is, dan skrik hy hom elke keer in ‘'n aanval in. Die enigste waar dit goed gegaan het, was toe
ek hom vir die water terapie geneem het waar dit ‘'n verhitte swembad is van 35°
waar hy dan ook sommer in die swembad aan die slaap geraak het, maar ek kan nie
R300 per maand betaal net om bietjie te gaan swem nie!
Dis maar 'n samevatting van sy lewe – elke dag, dag
vir dag net op die besluite van ander mense aangewese wanneer hulle dink as
daar iets deur hom gewys word wat hy ongelukkig is te gaan soek totdat hy weer
tevrede is of om met hom te speel deur hom te soen en gesels, wat ook maar net ‘'n
paar minute duur en dan is sy aandag weer na iets anders.
Dit is wanneer ek hierdie goed so neerskryf en intens
sien en beleef wat ek die vrae vra van hoekom?
Watter lewe het hy? Daar is geen
niks wat hy geniet nie en geen niks wat hy geleer kan word om te doen nie. Hy is werklik net 'n liggaam wat funksioneer
deur asem te haal, sy hart wat klop, kos wat hy eet en iets wat hy drink en dan
sy stoelgange en urinering, maar niks anders kwaliteit van lewe nie. Dis hoekom ek hom nooit in 'n versorgingsplek sal sit nie – al kyk hulle hoe
goed na hom, want daardie oomblikke wat ons so kan lag en gesels en saam
geniet, kan geen geld in die wêreld koop nie en dit sal hy beslis nie beleef in
'n versorgingsplek nie.
1 Korintiërs 13:9-13
Want ons ken ten dele en ons profeteer ten
dele. Maar as die volmaakte gekom het,
dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. Toe
ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer
soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n
raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar
eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie;
maar die grootste hiervan is die liefde.
Friday, April 19, 2013
KEUSES???
Die
Hemel Weet!
oms kyk jy terug na 'n verdwaalde weg
Somtyds dink jy jy was reg.
Wonder jy ook weer wat staan tussen ons vanaand.
Is dit als te laat om n weer probeer te maak.
En die vlamme brand die hel breek los.
Vir elke traan het dit ons gekos.
Se my wat staan weer tussen jou en my vanaand.
Wie se keuse is dit hierdie keer.
Jy kyk weer terug jy raak verward
Ek draai maar links en ek volg die swart.
Want hier staan dit weer tussen jou en my vanaand
Die
lewe loop 'n vreemde pad wat 'n mens soms nie beplan.
Maar
jy't 'n keuse wat jy daarvan maak.oms kyk jy terug na 'n verdwaalde weg
Somtyds dink jy jy was reg.
Wonder jy ook weer wat staan tussen ons vanaand.
En
die hemel weet ek was lief vir jou.
Sal
ek jou nooit vas kan hou.Is dit als te laat om n weer probeer te maak.
En die vlamme brand die hel breek los.
Vir elke traan het dit ons gekos.
Se my wat staan weer tussen jou en my vanaand.
Nou
staan ons hier die kruispad wag.
Nie
links of regs sien ek die lig.Wie se keuse is dit hierdie keer.
Jy kyk weer terug jy raak verward
Ek draai maar links en ek volg die swart.
Want hier staan dit weer tussen jou en my vanaand
xxXXxx
Net ‘n mens
Keer op keer
vind ek myself in storms waardeur ek my pad moet vind
En keer op keer is jy die een wat antwoord uit die donker dan maak als sin
En elke keer as jy probeer om sterk te wees en trane weg te vee weet ek
Daar's rede vir die storms ons kan saam die winters deurmaak net jy en ek
Ek's net 'n mens, ek kry ook seer
Ek kan voel jou woorde vloei sag oor my en heel my weer
Ek's net 'n mens wat bly probeer
En jy bly saam by my deur die moeilike tye
En keer op keer is jy die een wat antwoord uit die donker dan maak als sin
En elke keer as jy probeer om sterk te wees en trane weg te vee weet ek
Daar's rede vir die storms ons kan saam die winters deurmaak net jy en ek
Ek's net 'n mens, ek kry ook seer
Ek kan voel jou woorde vloei sag oor my en heel my weer
Ek's net 'n mens wat bly probeer
En jy bly saam by my deur die moeilike tye
En ek waardeer jou meer
en meer
Keer op keer as ek verdwaal dan weet ek jy's die een wat my kom haal
So lank as wat ek asemhaal is jy die een die heel en al van my verhaal
En elke keer al kry ek seer is jy weer daar om moed te gee ja dit weet ek
Daar's rede vir die storms ons kan saam die winters deurmaak net jy en ek
Ek's net 'n mens ek kry ook seer
Ek ek kan voel jou woorde vloei sag oor my en heel my weer
Ek's net 'n mens wat bly probeer
En jy bly saam by my deur my moeilike tye en ek waardeer jou meer en meer
Keer op keer as ek verdwaal dan weet ek jy's die een wat my kom haal
So lank as wat ek asemhaal is jy die een die heel en al van my verhaal
En elke keer al kry ek seer is jy weer daar om moed te gee ja dit weet ek
Daar's rede vir die storms ons kan saam die winters deurmaak net jy en ek
Ek's net 'n mens ek kry ook seer
Ek ek kan voel jou woorde vloei sag oor my en heel my weer
Ek's net 'n mens wat bly probeer
En jy bly saam by my deur my moeilike tye en ek waardeer jou meer en meer
Centurion, South Africa
Wierdapark, Centurion 0157, South Africa
Thursday, April 18, 2013
18 APRIL 2013
Die Vurk...
‘n Jong dame is met ‘n terminale siekte gediagnoseer.
Sy begin dadelik om haar sake in orde te kry.
In ‘n gesprek met haar predikant versoek sy watter liedere sy graag op haar begrafnis wil laat sing, asook die skrifgedeelte wat hy moet lees.
Toe die predikant groet onthou sy nog iets wat vir haar baie belangrik is.
“Daar is nog iets, dominee.”
“Wat is dit?”
“Ek wil graag met ‘'n vurk in my hand begrawe word. Dis vir my baie belangrik.”
Die predikant lyk verdwaas.
“Wat ‘n eienaardige versoek”.
“By die Restaurante waar ek al sosiale funksies bygewoon het, het iemand na die hoofdis, wanneer die eetgerei weggeneem word gefluister: “Hou jou vurk.”
Dan het ek geweet daar is nog iets heerlik wat gaan kom, soos veerligte sjokolade koek of besondere appeltert.
So wil ek graag hê die mense moet my in my kis sien met ‘n vurk in my hand.
Ek wil hê elkeen moet wonder en vra: “En die vurk? Waarvoor dit?”
Dan moet u antwoord: “Hou jou vurk, die beste kom nog.”
Met trane in sy oë groet die leraar.
Hy besef die jong vrou het ‘n wonderlike idee van die hiernamaals.
Selfs beter as hy.
Selfs beter as ouer gelowiges met baie meer lewenskennis.
Sy WEET iets beter wag op haar.
By die begrafnis hoor die predikant dan ook telkemale: “En die vurk?”
En hy glimlag net.
In sy boodskap verduidelik die leraar die dame se uitsonderlike wens en wat dit simboliseer.
Hy getuig hoe die mooi storie in sy gedagtes bly.
“Ek is seker elkeen van julle gaan ook oor en oor daaroor dink.”
Hy was reg.
En elke keer wanneer jy jou vurk optel, onthou:
DIE BESTE GAAN NOG KOM!
Koester die tyd wat jy nog gegun word.
Waardeer jou vriende. Wys hulle jy gee om.
Bemoedig hulle wanneer hulle dit nodig het en ook wanneer jy bemoediging nodig het, met die woorde:
HOU JOU VURK
Tuesday, April 16, 2013
16 APRIL2013
![Get lots of Great Posts at : @[219902294780764:274:Shut Up I'm Still Talking]](https://fbcdn-sphotos-d-a.akamaihd.net/hphotos-ak-prn1/s480x480/533854_376965632407762_474522078_n.jpg)
So dikwels "vergeet" mens van die ander kinders en besef nie wat hulle ook moet deurmaak nie. So dikwels is jy so in jou eie seerkry teruggetrek dat jy nie besef dat hulle ook seerkry nie en daarom dra ek hierdie nie net aan Hannes en Francois op nie, maar ook aan Amor. Ek is baie lief vir julle en dankie vir al julle ondersteuning en liefde wat julle so onvoorwaardelik aan my gee deur te help waar julle kan.
Thursday, April 11, 2013
11 APRIL 2013
Van gister, 10 April 2013, is Henru se longe weer super vol vog en is ons weer al die pad vol aan die stoom en suig. Behalwe dit, slaap hy ook maar nog 90% van die tyd, maat Boeta, as hy wakker word kan hy vir jou "gil en skree" soos hy gesels! Dis ongelooflik dat dinge so vinnig binne minuet kan verander van waar hy geensins reageer wanneer hy slaap tot hier die wakker sessies wat hy beleef.
Sunday, April 7, 2013
6 APRIL 2013
Ons was vanaand vir die eerste keer van verlede jaar weer vir 'n slag uit die huis na 'n kollega se verjaardagparty. Ons is 16:00 daarheen en teen 17:00 het Henru geslaap - weer daardie diep slaap dat niks hom wakker kry nie. Teen 22:30 het ek hom in die kar gelaai en hy het nie wakker geword nie. By die huis hom uitgelaai en in die bed gesit en slaap hy steeds, sonder om wakker te word. Het ook nou al twee keer sy doek omgeruil en hy reageer niks nie, hou net an met slaap. Hy drink ook sy bottel so in die slaap.
Die party was baie lekker en veral om saam met die kollegas op 'n ander terrein te verkeer as net by die werk. Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om dit so aangenaam moontlik te maak en ek was regtig spyt toe ons huis toe moes gaan. Baie dankie julle vir 'n wonderlike aand waarin ek bietjie kon ontspan en net nie op 'n Aterdagaand by die huis te sit nie.
EK BELOWE JOU
Ek is besig om jou stukkie vir stukkie heel te maak, sê die Here. Jy het al te veel seergekry. Jy is al te veel gekritiseer. Mense het jou al te veel teleurgestel. Die tyd het nou gekom vir jou restourasie. Ek heel jou stukkende hart en emosies. Ek genees die seerkry van jou selfbeeld en persoonlikheid. Ek herstel weer jou kinderlike geloof en vertroue. Jy begin om radikaal nuut te dink. Jy sal weer sing van vreugde, sê die Here. Ek trek jou rouklere uit en trek vir jou feesklere aan. Dit is my belofte aan jou! *
Die party was baie lekker en veral om saam met die kollegas op 'n ander terrein te verkeer as net by die werk. Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om dit so aangenaam moontlik te maak en ek was regtig spyt toe ons huis toe moes gaan. Baie dankie julle vir 'n wonderlike aand waarin ek bietjie kon ontspan en net nie op 'n Aterdagaand by die huis te sit nie.
EK BELOWE JOU
Ek is besig om jou stukkie vir stukkie heel te maak, sê die Here. Jy het al te veel seergekry. Jy is al te veel gekritiseer. Mense het jou al te veel teleurgestel. Die tyd het nou gekom vir jou restourasie. Ek heel jou stukkende hart en emosies. Ek genees die seerkry van jou selfbeeld en persoonlikheid. Ek herstel weer jou kinderlike geloof en vertroue. Jy begin om radikaal nuut te dink. Jy sal weer sing van vreugde, sê die Here. Ek trek jou rouklere uit en trek vir jou feesklere aan. Dit is my belofte aan jou! *
Sunday, March 31, 2013
SOMS
Soms, Here, is my hart té
stukkend om heelgemaak te word. Dis wanneer ek sommer net myself in 'n kokon
wil toespin sodat niemand aan my kan torring nie. Dankie dat U in sulke tye die
woorde hoor wat ek nie kan uitspreek nie en die seer sien waarna ek nie wil kyk
nie. Dankie dat U juis dan U sagte hand van liefde onder my sit en my dra
totdat my hart weer gereed is om fladderend die wêreld te begroet. Dankie dat U
by uitstek 'n Vader vir stukkend-hart-mense is... vir my is. - Milanie Vosloo
***************
*************
***********
Elke traan is een treetjie nader
aan 'n glimlag, so as jy dan moet huil of wil huil, huil jou hart uit totdat jy
weer kan glimlag vir die lewe. Trane gee uiting aan dit wat die gemoed van vol
is - soms is dit hartseer trane en soms trane van blydskap en vreugde, wat
alles te doene het met ons gevoelens hier diep binne ons. Dis soms broodnodige
terapie vir die vensters van die siel en is eintlik maar net suiwer liefde in
vloeibare vorm
♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦
Soms kan ons lewens wees soos die vrugteboom
wat in die winter nie meer
vrug dra nie,
dor, verlate en droog,
maar wie sou kon dink dat die dorre takke
weer bloeisels sal dra en die beste vrugte voortbring?
Dit is hoe sterk ons
geloof en hoop moet wees,
want ten spyte van ons verlede,
woon ons Redder in
ons
en deur Geloof groei ons daagliks saam met Hom!
Dankie dat U die ware
wingerdstok is...
Subscribe to:
Posts (Atom)
