Thursday, February 28, 2013

DIE HERE VOORSIEN WEEREENS

Ek wil net graag noem dat my voete weereens onder my uitgeslaan is en het nie woorde daarvoor nie, behalwe as om in dankbaarheid stil te raak...

Weens die slym op Henru se longe het ek gaan soek en navraag doen vir 'n "suction masjien" om Henru se mond mee skoon te maak van die slym. Ek kan nie soos die fisio in die keel afgaan nie, maar soos die slym in sy mond saampak, kan ek nie Henru se mond behoorlik skoon kry nie en kan die masjien wondere verrig. Ek het een gekry vir R2000. Ek moet egter 'n voorskrif kry om te probeer om dit by POLMED te eis.

Ek bel toe vanoggend Dr Lippert se spreekkamer om te vra vir die voorskrif. Vanmiddag toe bel die ontvangsdame my terug en sê Dr Lippert weier om vir my die voorskrif te gee, maar hy skenk aan my die masjien. Woorde het ek nie om hom mee te bedank nie en ek kan net weereens soos altyd die Here dankie sê dat Hy elke keer voorsien op Sy manier

Tuesday, February 26, 2013

26 FEBRUARIE 2013

Hier gaan ons al weer, weet amper nie meer wanneer is op en wanneer is af nie.

Henru het vandag weer geslaap vir die hele dag. Vanoggend toe ek hom na sy bed in die sitkamer dra het hy nie eers gereageer toe ek hom in die kamer optel nie.

Toe ek werk toe is teen 07:00 het hy darem so “gesmile” in sy slaap. Hy het deur die dag ook niks geëet of gedrink nie.

14:00 toe ek Amòr by die skool gaan haal het, het hy ook geen reaksie getoon nie en so ook 16:00 toe ek by die huis gekom het.
 

 

Teen 17:30 het hy wakker geword en ek het vir hom pasta met vis vingers en pasta sous gegee om te eet. Daarna het hy 'n bottel rooibostee gedrink en teen 19:00 het ek hom gestoom. Daar het BAIE slym uitgekom, maar nou is dit bloederig. Die nadeel is ek moet dit met 'n doek uitvee en hy byt sy mond so toe, dat ek nie alles kan uitvee nie. Ek het nou navraag gedoen vir 'n "suction machine", want alhoewel ek baie slym uitkry, bly dit steeds opbou en elke 10 minute moet ek hom eers weer skoonmaak (of probeer skoonmaak). Ek het die dokter gebel en hy sê die bloed is waarskynlik die infeksie wat opklaar, maar ons gaan in elk geval toetse doen. Ons sal ook die 12de X-strale van die longe neem saam met die opvolg van die rugoperasie om bietjie te bespaar. Netnou was dit ook net die ene skuimbolle soos hy weer epilepsie ook gehad het en nou slaap hy weer sy diepe slaap.
 

IETS WAT EK BYGELEER HET

Met die dat Henru se longe so vol vog is, het ek geleer by die fisio om sy "hoes knoppie" te druk. Dit is op die gorrel in die "V" by die "trachea". As ek hom gestoom het en klop op sy borskas voor en agter, dan draai ek hom op sy sy en druk die hoes knoppie. Dis ongelooflik hoeveel slym hy uithoes.
Ongelukkig het ek nie 'n suigapparaat nie en vee dit net met 'n doek uit, maar ek gaan beslis kyk vir 'n suigapparaat om te help daarmee want dan kan mens die slym beter uitkry.

Sunday, February 24, 2013

DIE VARK IN DIE VERHAAL

En so is ek maar weereens die vark in die verhaal. "Hoe kon ek so iets aan haar stuur" refrein in my ore en Hannes en Francois is kwaad vir my. Hoe meer ek probeer verduidelik waaroor dit gaan, word ek gekruisig omdat ek die SMS gister vir Telma gestuur het.

Hannes is so kwaad dat hy my nie eers laat weet het toe hy ry van Harrismith af nie. Ek het maar net gesien toe hy hier inry, by die deur inkom net met 'n "Hallo" en na sy kamer gaan. Toe ek met hom probeer praat, word ek veroordeel dat dit nie reg was om so SMS aan sy ma te stuur nie. Hoe meer ek probeer verduidelik waaroor dit gaan, hoe meer word dit gesê dat dit nie so gedoen moes word nie. Vir 12 jaar (ja, dit was MY keuse en niemand het my daartoe gedwing nie) het ek geen lewe nie, draai my lewe om Henru. Hy kan homself nie help nie en daarom is ek daar.

Ek mag nie seerkry en ontsteld raak nie. Wat het ek van my kinders? Ek is verbied en beperk om hulle te sien. As ek gebel het en hulle het geëet, is daar vir my gesê ek moet later bel. Ek het nooit geweet hoe laat hulle eet nie en maak nie saak watter tye ek gebel het nie, vroeg of laat, ek moes terug staan. Ek moes inskakel by Telma se reëlings - al het EK die selfone vir hulle gegee en betaal.

Saterdag toe Henru ook nie lekker was nie en ek alleen by die huis sit en depressief raak omdat ek nie in my kind se 21st kan deel nie, was dit ook verkeerd en word ek veroordeel daaroor. Toe ek vandag met Hannes daaroor probeer praat nadat hy teruggekom het, word dit voor my kop gegooi "Maar my ma..." Wat van my? Hoeveel keer wou ek al saam met hom gaan wanneer hy gaan pool speel, wou ek saam met hulle gaan kuier, wou ek net tyd saam met hulle deurbring, maar dis my ontneem. As ek dan 'n dip van soos Saterdag, is dit verkeerd.

Soos alles keuses is, het ek vanaand weer 'n keuse gemaak en sal ons maar sien hoe doe keuse die toekoms beïnvloed.

Saterdagnag het Henru soveel vog op sy longe gehad dat ek met hom regop in die bed gesit het en hy so geslaap het. Feitlik elke 10 minute het ek met die spuit slym uit sy mond gehaal, selfs soms met die spoeg doek, net dat ek dit kon uitkry. Twee spoeg doeke later nat van die slym en hy begin rustiger raak teen ongeveer 03:40. Ek moes toe iewers aan die slaap geraak het en net na 06:00 raak ek toe wakker, gee sy medisyne en rooibostee en slaap verder. Teen 10:30 raak ek weer wakker en maak hom ook wakker om nog tee te drink. Sy keel is rooi en hy wil nie eet nie. Ons slaap toe weer tot na 13:30 waarna ek hom weer tee gee en hoesmedisyne. Hy is verder wakker en teen 17:00 gee ek hom weer tee en maak kos - maalvleis met spaghetti en hy eet goed. Ek vat hom kamer toe teen ongeveer 19:30 en hy is baie onrustig en gaan in spasmas in, maar raak aan die slaap en slaap beter - die longe klink ook beter nadat ek hom gestoom het vanmiddag. Ek hoop en bid dat dit nou sal beter gaan.




Soms, Here, is my hart te stukkend om heelgemaak te word..Dis wanneer ek sommer ..net myself in 'n kokon wil toespin sodat niemand aan my kan torring nie.
Dankie dat U in sulke tye die woorde hoor wat ek nie kan uitspreek nie en die seer sien waarna ek nie wil kyk nie. Dankie dat U juis dan U sagte hand van liefde onder my sit en my dra totdat my hart weer gereed is om fladderend die wereld te begroet. Amen.

Saturday, February 23, 2013

"Save You"

Amor het hierdie vanaand vir my gegee omdat ek so "down" is oor alles wat in die verlede gebeur het.... Dankie Sus, ek is lief vir jou...

"Save You"
Take a breath
I pull myself together
Just another step till I reach the door
You'll never know the way it tears me up inside to see you
I wish that I could tell you something
To take it all away

Sometimes I wish I could save you
And there're so many things that I want you to know
I won't give up till it's over
If it takes you forever I want you to know

When I hear your voice
Its drowning in a whisper
It's just skin and bones
There's nothing left to take
And no matter what I do I can't make you feel better
If only I could find the answer
To help me understand

Sometimes I wish I could save you
And there're so many things that I want you to know
I wont give up till it's over
If it takes you forever I want you to know

That if you fall, stumble down
I'll pick you up off the ground
If you lose faith in you
I'll give you strength to pull through
Tell me you won't give up cause I'll be waiting if you fall
Oh you know I'll be there for you

(Ahahaha)
If only I could find the answer
To take it all away

Sometimes i wish i could save you
And there're so many things that I want you to know
I wont give up till it's over
If it takes you forever I want you to know
(Oh)
I wish I could save you
I want you to know
(Ohohh)
I wish I could save you (oh)


TERAPIE

Christa Fourie is Henru se spraakterapeut en Henru is mal daaroor om met speelgoed te speel...

23 FEBRUARIE 2001 - 2013




23 FEBRUARIE 2001

12 jaar gelede is ons lewe onherroeplik uitmekaar geruk en verander, maar met ongekende genade het ons Hemelse Vader my met bonatuurlike krag gedra deur bitter moeilike traumatiese gebeure en omstandighede met Sy liefde deur die ondersteuning van mense wie Hy oor ons pad gebring het tot vandag. Dankie Here dat ek tot alles in staat is deur die krag wat U elke dag aan my gegee het en steeds gee ten spyte van die aanslae van buite. Here, net U en ek weet presies met watter opregtheid, ten spyte van al die seer, ek in hierdie oggend vir U kom dankie sê vir U liefde en genade, vir familie en vriende, ja - selfs onbekendes - wie U oor ons pad gestuur het om ons te help. Ek het U lief en vertrou op U soos die onvoorwaardelike liefde en vertroue van 'n klein kindjie. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. Dankie dat ek U ook "my Vader" kan noem.
Henru het so pas (14:45) vir die eerste keer vandag wakker geword. Het hom vanoggend 05:40 sy medisyne gegee met 'n bottel soja melk, 10:00 oats om te eet en 13:15 tee sonder dat hy wakker geword het. Gaan hom nou weer tee gee.

 

 

SPEELGOED – KUPIDO

Sorgvuldig pak ek een vir een die speelgoed uit die kas
Die speelgoed van seuntjie wat ‘n wyle myne was
Hy was maar net aan ons geleen dit sou die tyd ons leer
Niemand kan ooit ‘n ander besit nie, ons hoort almal tot die Heer

Die treintjie aan klein Gideon, die vlieër aan Johan
Vir Japie die groen trekker met die sleepwa agteraan
So deel ek al die speelgoed in my gedagtes uit
Dis beter om dit weg te gee as om dit weg te sluit 

Hy was so mededeelsaam, hy sou dit so wou hê
Laat die speelgoed eerder vreugde bring as net daar in die kas lê
Ek mis my kind oneindig, maar daar is tog iets wat my verbly
Want ek weet die mooiste engel in die hemel is hy 

Ek het geen doel tot kommer, my kind is veilig daar
Bo in sy hemelwoning saam met engele geskaar
Die bitter smaak van skeiding sal eendag wees so soet
Wanneer die mooiste engel in die hemel my begroet 

Hy was so mededeelsaam, hy sou dit so wou hê
Laat die speelgoed eerder vreugde bring as net daar in die kas lê
Ek mis my kind oneindig, maar daar is tog iets wat my verbly
Want ek weet die mooiste engel in die hemel is hy 

Ek mis my kind oneindig, maar daar is tog iets wat my verbly
Want ek weet die mooiste engel in die hemel is hy
 
 
oooOOOooo

Nadat ek omtrent my oë uitgehuil het oor dit wat was en wat kon wees, het die woede my weer beetgepak oor alles. Ek het Henru se fisio gedoen en hom versorg deur die dag en aangegaan soos altyd, maar toe hy weer so begin roggel in die vog in sy longe kon ek dit net nie meer hou nie en neem toe 'n foto van hom. 

Ek stuur dit aan Telma en Willem en sê vir hulle 16:25: "Net ingeval jy dalk gewonder het hoe lyk die kind wie se lewe jy 12 jaar gelede ongeveer die tyd opgef*k het". Die bitterheid en die seer oorweldig my en ek probeer om my self te beheer, maar soos ek alleen hier saam met Henru sit, maal my gedagtes. Ek dink ook aan Francois wie Maandag verjaar en dan 21 sal wees en vanaand sy partytjie hou en dat ek nie daar kan wees nie. Dink net hoe 'n 13 jarige seun saam met sy Ouboet kon party hou. Ek onthou soos gister toe ek 13 geword het en ook my 21ste verjaardag en die hartseer oorweldig my dat ek nie saam met my kinders hierdie geleentheid in Francois se lewe kan deel nie. 

16:43 kry ek 'n SMS terug van Telma se nommer: "Jou kinders het hierdie gesien en als wat jy op Facebook gesê het. Dit is Willem wat jou antwoord, nie Telma. Jy gun nie eers jou seun die dag nie".

17:04 antwoord ek terug: "En...? Ek het nie hierdie vir hulle gewys nie, dit was jy. Wat van dit wat ek op fb geskryf het? Dit is die waarheid net soos hierdie ook die waarheid is. Julle moet mos altyd ander blameer, julle het mos niks verkeerd gedoen nie.
 

17:30 antwoord terug van Telma se nommer. "Heeltemal reg dit is tyd hulle jou ware Hendrik sien. Die groot man wat sy kinders se Ma geestelik afbreuk om beter te voel. Die was dan die laaste kommunikasie, lekker slaap.
 

17:48 antwoord ek terug: Ek is nie skaam daaroor nie, wat van my geestelike en emosionele afbreking? Julle party en rits die hele wêreld vol en sy wil nie eers bydra om haar eie kinders te help nie. Dit is weereens die waarheid, die "arme onskuldige ma" maar sy dra nie eers by om haar kinders te versorg nie! Om haarself te beskerm en haar eie leuens te verbloem word die blaam op die "F&*#%up" pa verplaas. Dis ongelukkig altyd so, in plaas van die waarheid te aanvaar en te erken sal die skuldige altyd iemand anders blameer. Dankie vir die gesels en jy moet net so lekker slaap en soete drome hê."
 

18:41 toe stuur ek weer 'n SMS: "O ja, voor jy gaan slaap net nog ietsie, geniet die party terwyl die kond wie se lewe julle opgef*k het nie eers in sy Boeta se vreugde kan deel nie. Drink, dans en wees vrolik want julle het mos geen worries oor hom nie! Lekker dux."
 

Die Facebook goed handel oor die feit dat ek aan Magda Wiid geskryf het die dag toe Telma-hulle op die bootreis vertrek het en sy nie eers Amor se onderhoud van R1000 ten volle betaal het wat SY aangebied het nie en slegs R880 betaal het, nie bydrae tot Henru se uitgawes nie, nie bydra tot Amor se skool uitgawes nie, net moot niks nie. Die Magda het vir my gesê dat sy en Telma nie meer "close" is nie, maar intussen het sy alles wat ek gesê het vir Telma oorgestuur. Dit is ook al die inligting wat alreeds op Henru se "support group" geskryf is en ook hier op die blog vanaf die 20ste Januarie 2013. Magda kon om die een of ander rede nie toegang kry tot die blog of die support groep nie, en toe was daar onder andere hierdie gesprek wat iemand vir my gemail het:

Dit is hierdie tipe van dinge wat my bitter maak! Henru was NOOIT eers in die hospitaal nie soos ek verduidelik het hoe ek, die dokter en die berader dit bespreek het en besluit het en hier word ek as die leuenaar uitgemaak. Ek hoef my vir niks te verdedig nie en is hier die CCTV footage wat alle gebeure kan staaf. Waar was Telma met al Henru se situasies en operasies? Die laaste waar hy op life support was met sy rugoperasie - wat het sy toe gedoen? Haar besigheid en sosiale verpligtinge is baie meer belangrik as haar kinders.
 
oooOOOooo
 
 

 
 
 


 


Thursday, February 21, 2013

AS DIT MAAR SO KON WEES

Vir ‘n Moeder

Dit was die sesde dag toe God moeders gemaak het.
Hy het al oortyd gewerk, toe die Engel vir hom sê:
“U vroetel darem baie rond met hierdie een”
En God antwoord: “Hierdie werk moet My meesterstuk wees”
Sy moet heeltemal wasbaar wees, maar nie plasties nie.
Sy moet 180 vervangbare dele hê.
Sy moet met min tevrede kan wees.
Sy moet ‘n skoot hê wat verdwyn as sy opstaan.
Sy moet met... soentjies alles kan gesond maak – van ‘n gebreekte been tot ‘n gebreekte hart.
Sy moet ook meer as een paar hande hê”

 Die Engel skud sy kop en se: “So baie hande”
... “Dis nie die hande wat my bekommer nie” antwoord God, “maar die baie oe wat oral moet kan sien.
Nadenkend se God: “Ja, een paar oe wat deur geslote deure sien as sy vra wat jy doen.
‘n Ander paar wat sien wat sy nie moet nie en nog ‘n paar wat na haar geliefdes kyk om te sê:
“Ek verstaan jou. Ek weet jy wou nie rerig nie en ek is lief vir jou.”
Met ‘n sagte blik sê die Engel: “Here God, wil U nie maar gaan rus nie”?
“Ek kan nie” sê God. “Ek is so na aan klaar om iets na My beeld te skep.
Ek wil graag hê dit moet iemand wees wat haarself gesond kan maak wanneer sy siek is.
Sy moet ‘n familie van sewe met een pond maalvleis kan voed.
Sy moet ‘n sproetgesig, uithanghemp nege-jarige seuntjie sover kan kry om te gaan bad”
“Is dit dan moontlik” vra die Engel
“Vir hierdie moeder moet dit moontlik wees om haarself onvoorwaardelik te kan gee”
Toe buk die Engel en streel oor haar wang. “Hoekom is hier dan ‘n druppel?”
“Dit is nie ‘n druppel nie,” sê God “Dit is ‘n traan”
“waarvoor is dit”
“Dit is vir geluk, hartseer, teleurstelling, pyn, eensaamheid en trots”
Met verwondering sê die Engel: “ Dit is voorwaar ‘n geniale skepping”
En God sê: “Dit is ‘n MOEDER "

21 Februarie 2013

Wat 'n dag vol emosies!

Ek ry vanoggend werk toe en op pad lui my selfoon, maar ek antwoord dit nooit as ek ry nie. By die polisiestasie aangekom, lyk dit of daar 'n erewag staan en of ek die onderwerp van bespreking is en voel skoon ongemaklik. Tot Annetjie Venter staan daar en dit is uiters vreemd. Ek klim uit my voertuig en stap na die ingang en skielik begroet hulle my met "Geluk Majoor". My selfoon lui weer en dis AO Oosthuizen van Hercules polisiestasie en hy wens my ook geluk, maar ek wis van niks. Na die oproep keer ek terug na die groep en hulle deel my mee dat daar 'n bevorderings lys is en my naam verskyn daarop. Wow, dis ongelooflik! Na 20 jaar in een rang het ek iets iewers reg gedoen en word uiteindelik bevorder. Dankie Liewe Jesus vir hierdie geleentheid wat U na my kant toe gestuur het!

So verloop die dag en moet ek dokumentasie gereed kry wat ingedien moet word.

13:00 vertrek ek met 'n swaar hart skool toe om Amor te gaan haal, maar behalwe dit neem ek haar en twee vriende na die begrafnis van 'n jong seun wie die 13de Februarie 2013 oorlede is in 'n motorfietsongeluk en hy sou die 14de Februarie 16 wees. Ek hou my sterk, maar ek baklei in my binneste en die emosionele pyn wat ek ervaar kan ek vir niemand beskryf nie. Die ergste is dat ek hierdie seun glad nie geken het nie, maar eers van hom verneem die dag toe ek Amor gevra het of sy bewus is van die ongeluk.

Die gebou waar die diens gehou word kan nie al die mense akkommodeer nie en ek sit saam met Koos van Staden, kollega van my en wie die ongelukstoneel bygewoon het, maar ook vriende was met die seun, Chad, se ouers, buite. Hier en daar kan mens iets hoor en die Skriflesing kom uit Psalm 23: Die Here is my Herder. Die oorwinningslied word gesing saam met 'n CD. Die heel tyd maal Henru in my gedagtes.

Amor en haar vriendin huil erg en ek troos hulle. Na die verrigtinge in die gebou begin 'n doedelsakspeler sy lied speel en dit skeur deur Amor en Benine en ek stort ook 'n traan of drie. Amor vra dat ons ry, hulle wil nie graf toe gaan nie. Net daarna besluit hulle dat hulle tog gaan en ek staan by Koos en praat en verneem Chad se pa is ook ongeveer vier jaar gelede dood in 'n motorongeluk. Dis stukkend in my oor hierdie ma en haar jongste seun se verliese van 'n eggenoot en seun en pa en broer. Weer maal dit in my hoe dit sal wees die dag as ek een van my kinders aan die dood sal afstaan? Behalwe die seer en die pyn, die feit dat daar soveel nydigheid is tussen my en hulle ma. Maak nie saak wat ek doen of probeer nie, ek bly altyd die vark in die verhaal. Soos gister ook weer met bewerings en beskuldigings wat rondgeslinger is op fb.

Ons ry terug huis toe en ek maak Henru se kos reg, voer hom, gee sy bottel met sy medisyne, doen sy fisio op sy longe en stoom hom. Hannes is saam met sy meisie Madelein uit en Amor vra of sy na 'n vriendin kan gaan want sy het nie môre skool nie en ek en Henru is alleen by die huis. Dit hier waar die hartseer en verlange na my Ma my tref en ek wonder wat sy vandag sou sê of doen. Dit was haar grootste begeerte dat ek 'n offisier moes word voor ek 30 was. Ek het die doelwit wel bereik om my eksamens te slaag, maar kon eers my kursus in 1993 doen, maar ek was offisier voor ek 31 was en ek sal moederlief se gesig nooit vergeet toe ek dit op die video sien die dag met die uit passering in die Paarl, 2 Desember 1993. Die trots wat sy gehad het en die afwagting om my te sien toe ons van die paradegrond af terug gegaan het. Dankie Ma vir dit wat Ma vir my beteken het en vandag met hierdie bevordering dra ek dit op aan Ma daar waar Ma sit in die hemel en ek glo ook alles weet wat hier met ons gebeur. Ek mis Ma!

 

Sunday, February 17, 2013

17 FEBRUARIE 2013

Vriendskap is 'n kalmeermiddel sonder newe effekte..'n Sielkunde sessie sonder tariewe..'n Liggie sonder kragonderbrekin­gs..'n Geskenk sonder blinkpapier....­.Liefde....is sonder Grense! Wys jul liefde vir mekaar...wees altyd daar en se dat jy omgee......*
 
Vandag wil ek net sommer dankie sê vir al die familie en vriende wie ons so dra met gebed, vriendskap, ondersteuning, liefde en sommer net op allerhande wyses. 
 
Behalwe die feit dat Henru nog steeds so baie slaap, gaan dit goed.  Die longe is ook nog nie lekker nie, maar ek het Vrydag 'n nebuliser gekry wat ek nou sommer self hier by die huis kan gebruik.  Dit kos nou wel R700, maar ek kan self daardie fisio hier by die huis doen met die klop en die stoom.  Elke sessie by die fisio kos R500 en moes ek in elk geval alreeds R2 000 betaal het vir 4 sessies van 30 minute.  As ek hom laas week weer gevat het, was dit nog R2 500 en waar sou dit gestop het?  Nou kan ek hom elke dag stoom tot dit beter is en ek spaar daardie klomp geld by die fisio.

Na die naweek se stoom is Henru se longe 100% beter en klink dit nie meer of hy so roggel nie.  Die naweek was goed en het hy nie so baie geslaap nie.  Gisteraand (Sondagaand) het hy so teen 22:30 gaan slaap en was rustig deur die nag.  Hy het vanoggend (Maandag 18/02/2013) ook baie goed sy medisyne gedrink sonder om hom teë te sit.

Friday, February 15, 2013

15 FEBRUARIE 2013

Gebed is die soom wat keer dat jou lewe ontrafel.  God is Liefde, dit is lank genoeg om vir ewig te hou.  Mag Hy jou toevou in Sy liefde elke oomblik.

Ek het vanmiddag vir Henru sy eie nebuliser gaan koop want regtig, mens kan nie so aangaan nie.  Vir 4 sessies by die fisio kos dit R2 000 en die nebuliser kos R300.  Ek kan self die klop doen en het vanmiddag KLOMP slym uitgekry.  Sal die naweek dit twee keer per dag doen soos die voorskrif sê en dan behoort dit nog beter te gaan.

Surrendering to the fact that life isn't fair, keeps us from feeling sorry for ourselves by encouraging us to do the very best we can with what we have. The fact that life isn't fair doesn't mean that we shouldn't do everything to improve our lives and the world as a whole.

Tuesday, February 12, 2013

12 FEBRUARIE 2013

Henru was gistermiddag (11/02/2013) na 16:00 toe ek by die huis kom so aan en af wakker en slaap.  Soos altyd 18:00 kry hy medikasie, eet en drink sy bottel sonder enige moeilikheid.  Teen 19:00 slaap hy en is weer so teen 21:30 wakker.

Ek doen werk en klim so teen 01:00 vanoggend in die bed.  Hy is vol lag en gesels.  Ek maak sy doek droog, draai hom bietjie op sy sy en speel 'n game op my telefoon.  Hy raak so teen 01:50 aan die slaap en ek gaan slaap ook.

Hy slaap nog teen 05:50 en ek kry sy medikasie reg en probeer dit vir hom te gee met die bottel, maar hy weier volstrek om sy mond oop te maak.  Hy pers letterlik sy lippe teen mekaar een ek besluit die enigste uitweg is die spuit.  Hy weier ook om sy mond oop te maak met die spuit.  Omdat dit 'n spuit is vir medikasie wat saam met die Convulex verpak is en 'n plat punt het, kan ek dit tussen sy lippe inkry en so teen sy tande skuif na agter waar ek die medisyne bietjie vir bietjie inspuit.  Hy wil ook nie sluk nie en maak sulke gorrel geluide met die medisyne in sy keel.  Ek stimuleer sy keel deur drukbewegings uit te oefen onder sy ken en teen sy keel af en dan sluk hy.  Teen 06:40 het ek alles uiteindelik ingekry en gaan stort.

Toe ek terugkom in die kamer, slaap hy.  Ek trek aan en maak klaar en vat hom sitkamer toe waar hy steeds slaap.  Dit lyk of hy woedend is vir my omdat ek die medisyne vir hom gegee het.  Hy wil nie eers bietjie "smile" vir my nie.  Ek soen hom op sy ken en hy begin darem bietjie meer lewe toon totdat ek darem so effense laggie kry toe ek hom groet en ek is werk toe teen 07:10.

Tebogo hou boek van die dag se gebeure sodat ek kan antwoord as die dokter vrae vra.  Haar aantekeninge vandag was:
Oefen (fisio) van 07:30 tot 08:15.
08:25 - oats geëet
08:35 - hy wou nie die bootel drink nie en hy was vas aan die slaap tot 10:30
10:35 - hy het 250ml rooibostee gedrink en slaap weer.
12:45 - hy was nog aan die slaap, maar het 250ml sojamelk gedrink en hy slaap nog
(Ek het Amor van die skool af huis toe gebring en hy het geslaap toe ek by die huis was.  Ek het hom probeer wakker maak, maar hy dop net sy oë so om en slaap verder en ek is ongeveer 14:30 hier weg terug werk toe)
14:35 - hy het geslaap tot 15:45, maar het 225ml tee gedrink.

Ek was 16:07 by die huis en hy het geslaap.  Ek het hom geklop vir sy longe en hy het goed gehoes, was wakker en het selfs gelag toe ek hom geklop het.  Ek het die ozone-masjie aangesit en hom gesmeer met "essential oils" kan nou nie die naam onthou nie en hy het lekker baie slym uitgespoeg so met die hoes en klop.

Ek het vir hom groente met mince en rys gegee en hy het baie goed geëet.  Hy het weer so aan die slaap geraak en ek het sy antibiotika met sy Urbanol en Lyrica gegee so tussen die kos deur op die teelepel en die Convulex met die spuit en dit was BAIE beter as vanoggend.  Hy het geslaap en ek het TV gekyk, maar het aan die slaap geraak voor die TV.  EK het teen 19:40 wakker geword en hy het nog geslaap.  EK het hom probeer wakker maak en sy bottel Nutren Fibre gegee.  Hy het baie stadig gedrink, maar het gemaklik gedrink en die bottel leeg gemaak sondder om te "sukkel", maar het ook so slaperig gedrink.

Ek het hom kamer toe gevat en hy het nie eers wakker geword soos ek hom gedra en op die bed neergelê het nie.  Ek het werk gedoen en nou is dit 22:25 en hy slaap steeds.  Vandag was die meeste wat hy nog geslaap het sedert die 20ste Januarie 2013 toe die slapery begin het en hy is ook nie baie geselserig vandag met die rukkies wat hy wakker is soos ander dae nie.

Dit begin my opstres, want ek raak "bang" en weet nie wat om meer te doen nie.  Behalwe dit, voel dit of ek Hannes en Amor afskeep en voel ek skuldig daaroor en ek kan nie alles met hulle bespreek nie, want dan beïnvloed dit hulle ook weer.  Dis 'n baie moeilike situasie vir my om in te wees en dan is daar nog die werk ook wat daar onder ly en kan ek nie alles doen wat ek wil en moet doen nie en dan is daar ook nog die mense wie nie wil saamwerk nie en ag, sommer net alles raak bietjie erg vir my....

Psalm 91:15: “Hy sal my aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.” 


Ek weet van elke TRAAN wat jy stort, se die Here. Jou HARTSEER en PYN ken Ek. Ek weet van elke TELEURSTELLING wat jy ervaar. Van elke VERWERPING. Ek weet van elke keer wat jy KWAAD was vir JOUSELF..en ook soms vir MY. Moenie BEKOMMER nie. Dit het My nie ONTSTEL nie, want Ek VERSTAAN jou soos niemand anders nie. Ek het jou ontsettend LIEF, ongeag die goed en sleg, JESUS.(Lillian Aucamp).

Sunday, February 10, 2013

10 FEBRUARIE 2013

Henru was vanoggend vroeg wakker (05:50), medisyne gedrink en ons het weer geslaap tot ongeveer 10:00 en was wakker tot so 16:00 toe hy so bietjie gedut het vir so 40 minute.  Hy het 4 bottels so deur die dag gedrink.

Na hy so bietjie geslaap het, het ek en Hannes 'n fliek op TV gekyk toe het hy wer aan die slaap geraak en so teen 17:45 wakker geword en ek kan dit nie glo nie, hy het weer konvulsies begin kry.  Dit het geduur van 17:50 tot 18:00.

Daarna het ek sy medisyne gegee en hy het weer geslaap...

Ek het sy kos gaan regkry - rys, maalvleis en gemengde groente.  Toe ek by die bed kom om sy kos te gee (18:07) het ek gesien sy doek is nat.  Ek het sy doek geruil en hy wou nie wakker nie.  Het sy kos probeer gee en hy wou nie eet nie.  So teen 18:50 het ek weer probeer en hy het sy kos geëet, maar alweer so slaap-slaap.  Hy wou nie bottel drink nie. 

Amor het 19:40 geslaap toe vat ek Henru kamer toe, steeds aan die slaap. 

 
 
19:51 tot 20:07 het hy ook weer konvulsies gehad, alhoewel nie so erg soos altyd nie, maar steeds, dit was daar, toe slaap hy weer.  Nou is dit 22:00 en hy slaap steeds.

Ek hoop nie ons gaan nou weer van vooraf begin met al hierdie stres nie.

SOMETHING FOR MY ENGLISH SUPPORTERS


Henru Grobbelaar was born on the 2nd of June 2000 as the youngest of 4 children. His mother left met on the 8th of December 2000 and she, together with the new love of her life and the four children were involved in a motor vehicle accident on the 23rd of February 2001. Henru was not secured in a safety chair but was sitting on his mother’s lap at the time of impact and hit his head against the dashboard. This left him unconscious and he did not breath for an unknown time until the first person stopped at the scene. She was a theatre sister from Durban, Jenny Beere, who helped Henru to breath again. The next person to stop at the scene was a medical doctor. They took care of Henru until the Paramedics arrived and Henru was airlifted to Milpark Hospitaal where he was treated. On Sunday, the 25th of February 2001, Henru’s heart stopped 5 times. They could resuscitate him and he survived. The pressure on his brain was very high and nothing could be done except wait, pray and see what would happen.

Henru survived this trauma, but as a result he sustained major brain damage and today he is a spastic cerebral handicapped quadriplegic with cortical blindness and suffers from uncontrollable epilepsy and has to take medication on a daily basis. He cannot use his hands, eat on his own (he has to be spoon-fed) and still drinks from a baby bottle. He cannot change position on his own and is totally dependent from a caregiver. Since the day of the accident I was with him in hospital and is taking care of him since his discharge. During the day when I am at work I do have a caretaker who is taking care of him. I am at work from 07:00 until 16:30 when I take over from the caretaker from 16:30 until 07:00 the next morning as well as every weekend.

Financially I cannot cope any more and therefore we are trying to raise some funds. Any contributions will be welcomed and appreciated for future expenditures or other needs for Henru, like nappies, baby bottles, wet wipes. Henru also had a back operation on the 20thof September 2012 at a cost of R330 000 and this will not be his last operation. During April 2011 he had operations on both his hips to keep his hips in position with plates and screws and this has to be removed at some stage again because Henru is still growing and these metal components do not grow with him.

I really do not want to badmouth his mother and without any prejudice, but she is not contributing towards his care. SOME TIMES it do happen that she will buy him some T-shirts and some hand towels which I use as a bib when I am feeding him, but with regards to medication, nappies, wet wipes, his soya milk, food, transport to doctors and hospitals, assistance after operations – nothing. As an example, I had to sell my house in Harrismith and move to Pretoria where I have to rent a house now and my house in Harrismith would have been paid in full by the end of the year. I had to sacrifice my capped leave, take my annual leave and sick leave, even unpaid leave after Henru had operations to take care of him until such time that the caretaker could take care of him again.

For any enquiries or additional information, please feel free to contact me, his father, Hendrik Grobbelaar, at ha.grobbelaar@gmail.com or (01127) 82 572 9187.

Any contributions can be deposited into Henru’s bank account. Please also supply your cell phone number as reference or send an e-mail or sms to prevent any accusations of corruption or maladministration.

Thak you in advance.

Bank details: HA Grobbelaar                    ID: 000602 5036 08 5
                       Standard Bank:                   Centurion, Gauteng, South Africa
                       Account number                 134 510 119
                       Branch Number                   012645    
                       SWIFT Number                    SBZAZAJJ







 

 A few days before the accident in his mother's house after she moved out.
 
 
oooOOOooo
 
 
 
 
In Milpark Trauma ICU with the brain pressure monitor still on (left) and after it was removed (right)
 
 
Milpark Hospital 27 Februariy 2012. (The date on the camera was not correct). Attached to the life support machines. On top of his head is the brain pressure monitor. I filmed the pressure metre and at some stage it was as high as 75. He was hospitalized from 23 February 2001 to 27 March 2001. From 23 February to 20 March in ICU and thereafter in a general ward.

 
oooOOOooo
 
 
His first birthday. After this he had meningitis. Notice the fact that he could sit here on his own with the support of pillows. This was before the “shunt” was inserted in his head to drain the fluid from his brain. After the insertion of the shunt he could never did this again.
oooOOOooo


His first hip operation 2004 – bilateral adductor tenotomie (cutting the origin tendons of the adductor muscles of the thighs.)

 

 
 

After the bilateral adductor tenotomie were done he starts pulling his legs up like a frog because he could not straighten his legs on his own after pulling it up in this position.

Also notice the condition of the hands and how it deteriorates later on.
 


Also the result of bilateral adductor tenotomie.

oooOOOooo 
 

The first operation on the hip itself as a result of dysplastic hip with a shallow socket and unstable femoral head. A “roof” was build in the socket to keep the femoral head in position to prevent further hip dysplasia. Also notice the deterioration of the hands.






 





This was placed into Henru’s hip during the operation and removed again after 2 years.

 
 
The scars wounds of the operation after the “spika” was removed.

 
 
 
 
This muscle was stretched during the operation as well to prevent the contractures causing muscle spasms.
 
 
 
 
oooOOOooo
 



Henru suffered an epileptic seizure and went into as spasm, causing the femur to break just above the knee.
 
 
 
 
 
 oooOOOooo




 




During the second operation on both his hips this pins, screws and plates was inserted to keep his hips in position.   This time he was not again supported by a ”spika” and it was very difficult to handle him.  It was hell to see him crying and screaming from the pain and he had suffered severe spasms as well.  The only thing I could do, was to give him some prescribed medication and keep him semi-sedated to calm him down to enable him to handle the pain until it became bearable again for him to be handled.  This stuff must be removed again at some stage…
  oooOOOooo


Different helping aids used for Henru over time.

 
A Standing “bed”made for Henru by Mr Tjol Nel from Bethlehem to enable Henru to stand for short times.

 
A chair in which he could also sit just to put him in different positions to help with posture development
 
 
 
 
 
 








 
His “post box” standing frame
 
 
 


 
 
 
His custom made wheel chair to support the scoliosis and this insert had to be replaced every 6 months as he grows.
 


oooOOOooo