Sunday, January 20, 2013

BEGRIP VAN SAPD

Ons het intussen ook deur middel van Christa Kritzinger vir Bridget Herselman ontmoet wie ook 'n NDT Terapeut is om ons te help met Henru se terapie sodat ons nie meer nodig het om Klerksdorp toe te ry nie.
Ons het ons afsprake toe so aangepas dat dit Woensdae sal plaasvind van 13:30 tot 14:00 by die perde en van 15:30 tot 16:30 by Bridget vir fisio.
Superintendent Britz was toe my bevelvoerder en het gesê dat dit in orde is dat ek van 12:30 op Woensdae van diens kan gaan om Henru te neem, aangesien ek Henru moet gaan oplaai en dan die 22km uitry na Diepsloot.
As ons daar klaar is, dan ry ons terug huis toe waar ons Roselinah oplaai om dan 15:30 by Bridget te wees wat nog 25km na Fairy Glenn toe is - albei heeltemal teenoorgestelde rigtings. Dit gee 94km elke Woensdag vir terapie waar dit ongeveer 750km was een ker per maand Klerksdorp toe. Ons spaar darem so 300km per maand op die ryery.
So was daar na Superintendent Brits Senior Superintendent Palahd, van Rooyen, Kleynhans, Kolonel Masia, Ramangwa, Mokgonyana en op die huidige stadium Luitenant Kolonel Dladla. Almal van hierdie bevelvoerders het hulle begrip getoon teenoor my en Henru se omstandighede en het van hulle kant uit hul pad gegaan om te help hier in Pretoria. Elke keer met die terapie het hulle gehelp dat ek vroeër van diens kon gaan, alhoewel ek daagliks Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag my etenstye ingewerk het hiervoor.
Met elke operasie wat Henru ondergaan het, het hulle ook begrip gehad en ons bygestaan. Daarom moet ek aan hulle erkenning geen en ook baie dankie sê daarvoor. Meer nog is my personeel van my afdeling met hulle begrip en ondersteuning. Ons kom nou al 8 jaar saam, maar julle begrip en ondersteuning beteken ontsettend baie. Dankie Natie en Annetjie vir alles wat julle doen wanneer ek nie by die kantoor is nie en die wyse waarop julle my ondersteun.

No comments:

Post a Comment