Sunday, January 20, 2013

PERDE TERAPIE (EQUINE THERAPY)

2 Mei 2004 het Marina van Aswegen my vertel van Alice Muller, wie ook 'n gestremde kind, Jani, het wie sy neem vir perde terapie en hulle vind dat daar positiewe reaksie is.   Ek maak kontak met Alice en sy neem my saam om te gaan uitvind of dit vir Henru gedoen kan word en dat ek self kan sien wat dit behels.
Dit is by "Sumbashaba Equine Therapy" sentrum in Mnandi, "Shillelagh Farm", Diepsloot en so ongeveer 22km van my huis af.  Die terapeut is Sharon Boyce en sy het ook sielkunde studeer asook arbeidsterapie en fisioterapie.
Ons kry plek vir Woensdag-middae vanaf 13:30 tot 14:00 en kan die 5de Mei 2004 daarmee begin.
Daar is besliste verbetering met Henru en sy hande kan al beter oopmaak na die eerste sessie.
Sharon ry saam met hom op die perd wat deur 'n persoon gelei word in die sirkel en so op die perd se rug doen sy terapie met hom. Henru se kop beheer word ook reeds beter soos ons aangaan en sy spastisiteit in die bene verbeter ook. Sy doen rek en strek oefeninge en laat hom aan die perd vat. Die perd se naam is Suzie, 'n swart merrie en Sharon sê sy werk toe alreeds ongeveer 8 jaar met Suzie en die gestremde kinders. Dis een van haar beste perde.
Elke keer as Henru gaan vir terapie en hulle het klaar gery, moet hy vir Suzie dankie sê deur vir haar iets te gee om te eet soos 'n appel of 'n wortel. Sharon het ook vir my gesê dit maak die kinders baie moeg om so op die perde te ry en toe ons huis toe ry, het hy binne 5 minute aan die slaap geraak.
Ons het volgehou met hierdie terapie tot Henru se eerste heupoperasie waarna die dokter gesê het dit is nie gewens om dit te doen nie omrede Henru se bene baie bros is en maklik kan breek as hy net op 'n verkeerde manier geposisioneer is.
Behalwe dit, was die kostes daaraan verbonde nie meer vir ons haalbaar nie en het ons dit gestaak.  Daar was ook nie meer noemenswaardige veranderinge te bespeur nie.
 

No comments:

Post a Comment