Friday, January 11, 2013

UIT ICU

9 Maart 2001 is hy van die masjiene afgehaal en dit het baie goed gegaan. Net die buisvoeding was nog steeds daar. Later die dag is hy na 'n privaatkamer geneem en daar is ook vir my 'n bed gewees waar ek kon slaap.

Oupa Hannes en Ouma Hannetjie het vir hom 'n baba badjie gaan koop en ons kon lekker bad in die badjie.
Die spasmas het begin vererger en Marina het 'n “Sportron” produk gebring, "Maleleuca Deep Rub", en ons het Henru daarmee gesmeer en dit het die spasmas verlig.

Dis fisioterapeute het ons ook gewys hom om Henru te laat "sit" en dan het ons hom letterlik in 'n boks gepak en met handdoeke ondersteun dat hy kon sit.
Iemand het ook gesĂȘ dat ons vir hom musiek moet speel. As hy dan so gekerm het, het ek hom met die "rub" gesmeer, hom in die boks gepak en my pa het 'n CD-speler gebring. Die enigste CD wat hulle gehad het, was Manuel Escorcio en die Jubilatum sangers. Henru het baie daarvan gehou en as ons die CD wou verander, het hy gehuil en gekerm. As die Manuel CD terug gesit is, was hy rustiger. As ek die CD speler afgesit het, het hy gekerm en as ek dit laat speel het, was hy rustiger. Dit het tot gevolg gehad dat ek nooit 'n ander CD ingesit het nie en die CD speler was op "repeat" en het ek vinnig elke liedjie op die CD se woorde geken.

 

No comments:

Post a Comment