Wednesday, January 16, 2013

BEHANDELING EN TERAPIE

Henru se hande het steeds baie spasties gebly ten spyte van al ons oefeninge en strekke. Ek het gehoor van 'n apparaat wat stimulasie deur elektrodes doen van Omron en Harrismith Rotariƫrs maak 'n donasie van R1 000 vir die apparaat. Die verskaffer maak ook 'n donasie deur R1 000 afslag te gee op die apparaat en daar is feitlik onmiddellik 'n verbetering in die hande. Ons gebruik vandag nog die apparaat, maar die uitwerking is nie meer wat dit was nie.

No comments:

Post a Comment