Thursday, January 10, 2013

HENRU GROBBELAAR


















Henru is gebore as die jongste seun van 4 kinders van
Hendrik en Telma Grobbelaar op 2 Junie 2000 in Bethlehem Mediclinic.
Reëlings is getref dat sy doop ook 'n spesiale geleentheid sou wees op die 22ste Oktober 2000 wat dan sy ma se verjaardag is.
Hy is gedoop as Hendrik Albertus Grobbelaar, my Oupa se doopname.


Jesus se brief vir Sy kinders

deur Lillian Aucamp op Woensdag 18 Januarie 2012

Toe Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in MY hart. EK het geweet hoe jy gaan lyk hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander - selfs toe jy nog net 'n vorm in jou ma se skoot was. EK het jou begin vorm in jou ma se skoot. Jou vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op jou vingertjies sal EK nooit weer herhaal nie. Jy is nie 'n fout ni, want EK maak nie foute nie.

EK maak net mense na MY Beeld. Toe die tyd reg was het EK jou volmaakte lyfie in jou moeder se arms neergelê. EK het in jou ogies gekyk, gestaar en geweet EK het 'n besonderse mensie gemaak. Nog nooit het EK daarna MY oè van jou afgehaal ni. EK het jou sien opgroei. In die dag bewonder Ek jou en in di aande sit EK langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak. Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos 'n mislukking gevoel het. Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het ni, dae wat jy moedeloos was. Dae wat pyn jou wou vernietighet! EK het saam met jou gehuil, MY hande gehou en jou kosbare trane opgevan, EK ken seer.


EK ken pyn. Daar was self 'n tyd wat MY mense nie verstaan het nie, MY verneder het, MY verwerp het en aan 'n kruis vasgespyker het, daarom weet EK hoe jy voel. Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het wat, waar en hoekom. EK wil net vandag vir jou sê, nie een van die foute wat jy gemaak het, het MY onkant gevang nie. EK verstaan alles. EK sien alles. EK kyk nie na jou met oè wat oordeel nie. EK kyk na jou met oè van liefde en EK luister na jou met MY hart, omdat EK 'n GOD is wat uit liefde bestaan. Soms het mense al 'n verkeerde prentjie van MY vir jou geskilder. EK wil jou nie straf nie. EK is nie vêr van jou af nie.


EK ken jou beter as enige iemand anders! So moet MY NIE VERGEET NIE!! —

No comments:

Post a Comment