Friday, January 25, 2013

WAT IN IS MOET SEKER UIT

Wanneer mens Henru hanteer, kan jy agterkom dat die plaat in die heup hom irriteer of seer maak en dit voel ook of dit half uitdruk. Met die opvolgkonsultasie sĂȘ die dokter die dak van die potjie het mooi gevorm en die penne, skroewe en plate kan verwyder word en so word dit dan toe gedoen op 5 Mei 2008.
 
Hy is weer Jakaranda Hospitaal toe en om die goed uit te haal neem ongeveer 2 ure. So kom hy uit die teater en wonder bo wonder blyk dit nie die keer so erg te wees nie en is ons na 2 dae huis toe.

Met die verband aan lyk dit of hy so halwe kortbroek aanhet.
Die pleisters nog oor die wonde.


Die pleisters is af met die gaas oor die wonde
voor die steke uitgehaal word.

 
Hierdie goed was alles in sy heup!
 
 
Die plaat het die been in die
potjie gehou en was
teen die been vas.
 
En die deel het die femurkop in die potjie gehou.



 
 


No comments:

Post a Comment