Friday, January 11, 2013

'n EERSTE KEER

Die 6de Maart 2001 kon ek hom vir die eerste keer weer vashou!
Hy was nog steeds gekoppel aan die masjiene, maar ek kon hom optel! Hy het ook begin om sulke huil geluidjies te maak. Die susters het my geleer om die buis voeding te hanteer en hulle het my toegelaat om hom te was.

Hy het baie spasmas gekry en Dr Pitcher het my gewys hoe om sy voete te masseer om kontrakture te probeer voorkom. Die sedasie is ook heeltemal gestaak, maar hy is op die masjiene gehou vir indien hy 'n terugslag sou beleef.

No comments:

Post a Comment