Wednesday, January 16, 2013

DOKTERSBESOEKE


3 April 2001
Ons is na 'n oogspesialis, Dr Taylor in Johannesburg. Hy toon geen reaksie met die ondersoek en sy bevestig dat Henru kortikale blindheid het. Dit beteken dat die skakel tussen die brein en die oë beskadig is. Ooglopend blyk dit dat daar niks fout is met die oë nie, maar daar is geen reaksie van die oë nie.

9 April 2001
Dr Pitcher sê hy is tevrede met Henru se toestand maar deel my mee dat die breinskade so groot is dat sy prognose is dat Henru lewenslank afhanklik sal wees van iemand. Hy sal nooit kan loop of homself kan versorg nie. Hy stel dit egter baie duidelik dat dit uit 'n mediese oogpunt is, maar dat wonderwerke steeds gebeur.

14 April 2001
Henru gooi onophoudelik op. Ek bel Dr. Pitcher en hy sê ons moet hom deurbring Johannesburg toe. Sy bevinding is dat daar weer drukking op die brein is en dit veroorsaak die braking.

23 Mei 2001
Na Dr Zorio. Hy is ook tevrede met Henru se toestand. Vir die Pad Ongelukke Fonds eis moet hy 'n lewensverwagting gee en stel dit op tussen 7 tot 15 jaar. Die breinskade het Henru se ontwikkeling met ongeveer 'n jaar teruggegooi volgens sy waarnemings op daardie stadium en is dit ook nog uiters moeilik om te bepaal wat die breinskade gaan wees met die gevolglike ontwikkeling van Henru, maar dat daar 'n baie lang en moeilike pad voorlê.

 

 

No comments:

Post a Comment