Sunday, January 13, 2013

HUIS TOE

27 Maart 2001:
Henru word ontslaan uit die hospitaal. Daar is 'n baie lang en moeilike stryd wat voorlê. Hy is soos 'n pasgebore baba. Hy is nie verlam nie, maar kan glad nie beweeg soos hy gedoen het voor die ongeluk nie. Hy kan ook glad nie omdraai en van posisie verander nie. Daar waar ek hom neergelê het, het hy bly lê. Hy kon glad nie van posisie verander of op sy sye omrol nie. Hy het ook geen kop beheer gehad nie en dit was asof sy kop te swaar was, as hy opgetel is, het sy kop so vooroor gehang as mens dit nie gestut het nie. Dit is ook waar die ding ingekom het met die fisio waar ons hom in die boks ingepak en gestut het met handdoeke, maar as hy so in die boks was, het hy ook geen beheer gehad oor sy kop nie en dit het of vooroor of agteroor gehang.
Ek het besluit om Henru na my huis te neem en nie na sy ma nie weens die eerste en eenvoudigste rede dat sy geen benul gehad het van wat om met hom te doen nie. Hier het ek hom vir 'n maand versorg en geleer hoe en wat om te doen, en sy het geen kennis van wat om te doen nie. Behalwe hierdie feite, het sy ook 'n vergruisde voet gehad en 'n oop wond want sy het gesê die suster moet elke dag haar wonde kom skoonmaak en nuwe "dressings" opsit. Hoe sou sy vir Henru kon hanteer?

No comments:

Post a Comment