In al die tyd wat Henru tot dusvêr
in ICU was het hulle onder andere elke dag oogsalf in sy oë gesit. Ek is meegedeel omdat hy so lê sonder sy oë
wat knip, droog dit maar die oë uit en die salf is daar om die oë te bevogtig
en te beskerm.
Ek het agtergekom dat Henru nie
baie reageer met sy oë nie. Elke keer as
die susters sy observasies gedoen het, het hulle ook met die flitsie in die oë
geskyn en maar so voortgegaan met hulle daaglikse roetines.
Die 3de Maart 2001 het ek die
suster hieroor uitgevra en sy het my meegedeel dat daar geen reaksie is van die
pupille nie en dat dit nog steeds die gevolge kan wees van die drukking op die
brein.
Die 4de Maart het ek Dr Zorio
ook hieroor uitgevra en hy het net gesê dat ons geduldig moes wees, dit kan
verbeter, maar die moontlikheid bestaan dat die breinskade die gevolg het dat
Henru blind kan wees... dit kan regkom of dit kan nooit regkom nie en ek moes
myself voorberei op die moontlikheid.
DIE Oë VAN 'N MA
deur Lillian Aucamp op Sondag 15 Januarie 2012
In Derdelaan staan 'n klein
Huisie met 'n pragtige Roostuin en 'n groot Populierboom. Dit is hier waar Theo
en sy Ma gebly het. Hulle het alleen daar gebly, want sy pa is jare gelede al
oorlede. Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder. Theo se ma het
nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie. Of dit nou mooiweer of stormweer
was, jy kon verseker weet, Theo se ma was daar. Sy was haar seun se grootste
aanhanger. Ironies, Theo het nooit in 'n wedstryd gespeel nie, hy was altyd die
reserwe. Ná elke wedstryd was sy ma se woorde: "Miskien speel jy volgende
keer my kind." Dan het sy altyd met haar arm om Theo se skouers daar weggestap.
Sonder enige druk van sy ma
se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste by elke oefening
gegee. Hy het egter deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit,
want-omdat die skool klein was, het hulle net een span in sy ouderdomsgroep
gehad. Maar sy ma het steeds getrou al die wedstryde bygewoon.
Dit was voor een van die
laaste wedstryde in sy matriekjaar dat 'n tragedie Theo tref. Sy ma is skielik
dood. Dit was vir hom 'n baie groot skok. Hy het die afrigter gevra om dié week
van die oefeninge verskoon te word. Die afrigter het vir hom gesê: "Theo,
neem soveel tyd as wat jy wil, want dis 'n groot verlies wat jou getref
het."
Die Saterdag met die
Wedstryd daag Theo in sy rugby klere by die wedstryd op. Hy gaan staan voor die
afrigter en pleit-vra: "Meneer, kan ek asseblief vandag speel?" Die
afrigter het gevoel dat hy met so 'n belangrike wedstryd nie kon bekostig om 'n
swak speler in te span nie, maar besluit toe tog om hom te laat speel. Hy het
geredeneer: Hoeveel jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en
boonop is sy ma dood. Ek sal hom 'n kans gee.
Theo speel fantasties en
druk selfs die wendrie. Na die tyd stap die afrigter na Theo: "Waar het jy
al die tyd hierdie talent gebêre? Jy was briljant." Theo het met trane in
sy oë gesê: "Meneer, my ma is vandag nie meer met ons nie. Meneer weet sy
het getrou al die wedstryde bygewoon, al was sy blind. Wel, vandag was die
eerste keer dat sy my kon sien speel. Ek wou vir haar wys ek kán speel !"
Onthou, ongeag hoe jy nou
voel, iemand is trots op jou, dink aan jou, gee om vir jou en is lief vir jou.
GOD - en al die mense wat
lief is vir jou - hou jou in liefde dop.
"When you have nothing
left but GOD, you have more than enough to start over again !!!
No comments:
Post a Comment