Ek het ook intussen uitgevind dat Henru
na die Unie Hospitaal op pad was met die helikopter. Net nadat ek die reëlings
vir die medies vir Telma getref het, bel een van die paramedics wie op die
toneel was en laat weet my Henru is na Milpark Hospitaal geneem en gee my ook
die telefoonnommer.
Ek skakel na Milpark Hospitaal en hulle bevestig dat Henru in die Trauma ICU is, maar hulle mag nie inligting aan my verskaf nie en ek moet wag dat die trauma berader my skakel en hy sal met my reël en kommunikeer.
As polisiebeampte weet ek hoe hierdie tipe van goed werk en ek weet daar moet groot fout wees met Henru en wag vir sy oproep.
Ek skakel na Milpark Hospitaal en hulle bevestig dat Henru in die Trauma ICU is, maar hulle mag nie inligting aan my verskaf nie en ek moet wag dat die trauma berader my skakel en hy sal met my reël en kommunikeer.
As polisiebeampte weet ek hoe hierdie tipe van goed werk en ek weet daar moet groot fout wees met Henru en wag vir sy oproep.
Japie Coetzee het my terug gebel en
gesê hy is die trauma berader. Ek het hom gevra om geen doekies om te draai nie
en my alle inligting te gee en dat ek net na die ander kinders gaan omsien, dan
sal ek self ook Milpark Hospitaal toe gaan.
Japie het gesê ek moet my voorberei dat
Henru kan sterf voordat ek in Johannesburg is aangesien hy baie seergekry het.
Hy is aan masjiene gekoppel en het erge hoofbeserings opgedoen. Hy is onder
sedasie om hom rustig te hou, maar dit lyk nie goed nie.
Ek het finale reëlings getref vir die
kinders en my Pa ingelig dat ek wil ry. Hy het gesê hy gaan saam en wil net
goed by die huis gaan haal, ek moet hom daar kry.
Toe ons by die huis aankom, het Ouma
Hannetjie (my stiefma maar 'n dierbare mens) gesê sy pak net hulle goed, dan
kan ons ry, sy gaan ook saam.
22:00 op die kop het ons van hulle huis
gery na Johannesburg. Dit het gereën en my pa het bestuur. Hy het by die
spoedbeperking gehou en ons het nie veel gepraat nie.
Op Villiers het ek gevra dat hy stop by
die garage en ek wou koffie kry. Ek het hom gevra of ek verder kon bestuur. Hy
het my laat begaan en ek het steeds rustig en binne die spoedbeperking gery. Al
die pad het ek gesit en wonder oor Henru. Ek weet hy het voor op sy ma se skoot
gesit en ek kon net dink hoe sy liggaampie moes lyk na so botsing. Hoe is hy
dalk gesny en gebreek van die impak van die botsing?Japie het gesê ek moes hom bel as ek by die CCP sementfabriek is. Ek het hom gebel en hy het ons daarvandaan telefonies verduidelik tot by Milpark Hospitaal waar hy ons by die ingang van ongevalle ontmoet het
No comments:
Post a Comment