Ek
wil hier probeer om mense met toekomstige soortgelyke omstandighede adviseer om
baie mooi te dink voordat 'n skikking aangegaan word. Ons, wie betrokke is in hierdie omstandighede,
het nie ‘'n idee van wat op ons wag in die toekoms nie.
Omdat
ek daagliks met Henru gewerk het en gesien het dat daar “nie veel anders is” as
'n kind wat 'n baba bly, alhoewel hy groter word en ook omdat ek my absoluut op
die advies van die regsgeleerdes verlaat het, het ek op aanbeveling van die
Advokaat geskik na 'n aanvanklike eis van R11,8 miljoen op R2 250 000 met 'n
onderneming dat die Padongelukkefonds Henru se toekomstige mediese behandeling
sal betaal.
Nadat
die Prokureurs hulle 25% gevat het vir die werk gedoen en die rekeninge wat
POLMED moes betaal het terug betaal is, kry Henru se boedel R937 000 kontant
wat vir die res van sy lewe sy "cash flow" sal wees om onkostes te
betaal en dan terug te eis vanaf die RAF (POF) soos Henru behandeling nodig
het.
Alle
rekeninge moet dus eers deur die kurator bonis vereffen word en die
gespesifiseerde rekeninge met 'n motivering vir die uitgawe moet dan aan die
POF gelewer word en betaal hulle dan terug soos en wanneer dit hulle pas.
My
skikkingsakte vir die egskeiding bepaal dat die geld in 'n trust geplaas moet
word en deur 'n kurator bonis geadministreer moet word. Ek het dit ook juis so laat opstel weens die
feit dat ek en Telma gedurigdeur in konflik met mekaar is en dat ek nie
toekomstige verwyte wou hê vandat ek Henru se fondse misbruik nie. Ek het dus geen toegang tot Henru se fondse
nie en alles word deur die kurator bonis hanteer. Alle rekeninge word aan hulle verskaf, hulle
doen die betalings en eis terug van die POF.
Karen
Vermaak, wie die derdeparty eis hanteer het, het my laat weet dat Telma “agteraf”
en sonder my medewete probeer om 'n prokureur in Bloemfontein aan te stel en
dit terwyl Henru in my sorg geplaas is deur die hof soos deur my en haar
ooreengekom.
Karen
beveel toe aan dat ons Lionel Karp moet gaan sien wie die diens vir ons kan
verrig. Hy was op daardie stadium aangewys as die beste finansiële adviseur in
Suid-Afrika, maar Telma wil nie toestemming hiervoor gee nie. Seker net om steeds op die een of ander
manier beheer te probeer uitoefen.
Karen
verwys my toe na Constant Wilsnach. Ons
versoek Telma vir die nodige toestemming waarna sy in gebreke bly om te reageer
op ons versoek. Op grond van haar
stilswye gaan ons toe voort om hom aan te stel.
Constant
reël met my vir 'n onderhoud sodat ons die werkswyse vorentoe gaan bespreek
want POLMED het my kennis gegee dat geen mediese kostes ten opsigte van Henru
wat ongeluks verwant is, verder deur hulle betaal sal word nie.
Met
my afspraak op 17 Junie 2004 wys Constant aan my 'n faks wat Telma gestuur het
waar sy navraag doen wat van Henru se geld gaan word sou hy te sterwe kom en
haar voorstel is dat dit tussen die drie ander kinders gelykop verdeel sal
word. Ek kon my oë nie glo nie! Die
gedagte het nog nooit by my opgekom daaroor nie want hier probeer ek alles in
my vermoë doen om Henru se goed en gemaklik as moontlik te maak, en sy wonder
al oor die geld sou hy sterf! Miskien redeneer ek verkeerd, maar werklik, ek
het nie woorde om iets daaroor hier te sê nie.
So
administreer Constant en Desiree steeds Henru se fondse. Ons het al so hier en daar bietjie koppe
gestamp, maar ek het geen probleme as sodanig met hulle administrasie nie.
26
November 2012 het Constant vir my onder andere die volgende geskryf na
aanleiding van die feit dat ons nie meer fondse beskikbaar gehad het om vir
Henru 'n nuwe rolstoel te koop nadat hy die rugoperasie ondergaan het op 20
September 2012. Feitlik/in werklikheid beteken
dit dus dat daar nie meet kontantvloei is in Henru se rekening nie en in die
toekoms gaan dit dus beteken dat ek alle kostes self sal moet betaal waarna ek
dit aan die POF sal gee en hulle sal besluit of hulle dit gaan betaal al dan
nie. Dis hoekom ek sê mense moet baie
mooi navorsing gaan doen voordat enige skikkings bereik word.
Henru
se uitgawes raak elke jaar meer en meer soos hy groei en daar altyd nuwe
komplikasies intree soos hy ouer en groter word en wat mens nie besef het toe
hy so klein was nie. Kom ons neem net
tietie bottels as ‘'n eenvoudige voorbeeld.
Sy heel eerste bottel wat ek in Milpark Hospitaal gekoop het, was 'n NUK
en het R30 gekos. Vandag kos hierdie
bottels al R130 en net die tiete beloop R60 vir twee. Doeke het met R90 per boks gestyg van Februarie
2012 na Maart 2012 van R 780 vir 112 doeke (8 pakke met 14 doeke) na R 870 vir
dieselfde doeke.
Hy
gebruik ook Nutren Fibre melk formule en dit het gestyg vanaf R429 na R672 vir
5 blikke per maand. Dit is R243 per
maand meer. Dus op doeke en melk kos dit
my R333 per maand meer en dan praat ons nie van die ander uitgawes nie.
Constant
se brief bevat onder andere die volgende:
“Ek
het die e-posse tussen jou en Desiree dopgehou. Die situasie is nou dat
ons ‘n punt bereik het waar ons nie meer kontant in die boedel het tot tyd en
wyl ons ‘n uitbetaling van die Padongelukkefonds ontvang nie.
Jy sal weet hoe moeilik dit is en hoe lank dit tipies neem.
Ons
verdere probleem is dat daar maandeliks ook gewone administrasiekoste in die
boedel is wat nie veel is nie, maar dit is daar.
Ons
kan dus nie behulpsaam wees om die stoel te koop nie. Dit
kan ook wees dat ons binnekort ‘n borgakte moet betaal en sal ons ook daarvoor
voorsiening moet maak.
Dit
is ‘n uiters ongemaklike situasie wanneer mens by ‘n punt kom waar daar nie
meer geld is nie, maar is dit ongelukkig iets wat ons sal moet aanvaar.
Ons
beweeg ook nader aan die punt waar daar geen fondse meer oor gaan wees in die
kuratele boedel nie.
Die
gevolg daarvan gaan wees dat jy die Onderneming, wat tans deur ons
geadministreer word, self sal moet administreer.
Indien
ons die Padongelukkefonds uitbetaling egter spoedig kry kan dit darem nog ‘n
rukkie duur.
Ek
deel solank hierdie inligting in totaliteit met jou mee sodat jy bewus is
daarvan, maar ek is seker jy is reeds. ”
No comments:
Post a Comment