Saturday, January 19, 2013

BOTOX

Vrydag 24 Oktober 2003 gaan ons na die Wilgers Hospitaal in Pretoria na Dr. Smuts vir die Botox. Ek hoop nie ek hoef dit ooit weer so te beleef nie!
 
Hulle het vir hom 'n pilletjie gegee wat hom moes “kalmeer” en daarna op elke plek waar gespuit moet word, een of ander room aangesmeer wat die plekke moes verdoof, maar ek het net so hard soos hy gehuil. Ek het naderhand gevoel ek kan die dokter iets aandoen, want Henru het gegil van die pyn, maar die dokter het verduidelik dat dit ongelukkig die prosedure is wat hy volg en dit is redelik suksesvol.  Hy kon egter niks waarborg met Henru nie, maar dis weereens 'n poging wat ons aanwend.
 
Ons het oorgeslaap in Pretoria by Boetie en Laetitia en Boetie het die volgende oggend saam na Christa toe gery in Klerksdorp. Christa het haar behandeling sessie gedoen en vir Henru handspalkies gemaak.  Hy was nie gemaklik daarmee nie en het gehuil as ons dit aansit, maar soos hulle sĂȘ – “no pain no gain” - en so moet ek die handspalkies kort-kort aansit en afhaal sodat hy dit gewoond kan raak tot hy dit vir twee ure kan aanhou en twee ure kan afhaal tot hy gaan slaap in die aand. Ons bereik hierdie mylpaal en sedertdien gebruik Henru die hand spalkies steeds, dit word net telkens aangepas om dit groter te maak en om sy hande bietjie op te buig.

No comments:

Post a Comment