My
doel is nie hier om klippe te gooi nie, maar die feite weer te gee soos ek dit
ervaar het.
Sedert
die ongeluk het ek Telma gesoebat om deel te wees van Henru se terapie sodat sy
kon leer om hom te hanteer. Sy het egter
in verskeie korrespondensie tussen ons prokureurs beweer dat sy ten volle
opgelei is om na Henru om te sien, maar sy het nog bitter min met hom gewerk.
Ek het
haar gevra om die fisio sessies by Suzaan by te woon, maar sy het dit ook nie
gedoen nie. Tydens een van die vele hofverrigtinge met ons skeisaak, is daar 'n
bevel uitgereik dat sy 'n dag saam met hom moes spandeer om te kan weet wat om
met hom te doen.
25 Mei
2002, 'n jaar en drie maande na die ongeluk, het sy en haar broer na my huis
gekom om te kom kyk hoe die terapie gedoen word.
Die
26ste Mei 2002 het ek hom na kerk by haar huis gaan aflaai - sy eerste kuier by
haar sedert die ongeluk. Ek was bitter teleurgesteld die middag toe hulle hom
terugbring huis toe. Ten spyte van die veiligheid
stoeltjie wat in haar kar was, en die feit van die ongeluk, het sy waaragtig
waar weer met hom op haar skoot gery!
28 Mei
2002 het sy ook vir die eerste en laaste keer na Suzaan gegaan tydens sy
terapie sessie. Nog nooit weer het sy enige fisio, arbeid of spraakterapie
sessie bygewoon nie.
No comments:
Post a Comment