Tydens die terapie sessies by Bridget
hanteer ons die situasie soos en wanneer dit opduik. Sy versoek my om Henru te
neem vir 'n ondersoek deur 'n ortopeed te gaan sien oor Henru se heupe want dit
voel nie vir haar reg nie. Behalwe dit, ook nog die feit dat hy na regs oortrek
en dit sy rug se groei beïnvloed. Na bespreking en navrae en ook die feit dat Dr.
Marè alreeds Botox gedoen het en hy ook baie met gestremde kinders van Nuwe
Hoop Skool vir Gestremdes werk, besluit ons dat hy die aangewese ortopeed sal
wees en gaan sien ons hom op 27 Augustus 2004. Sy bevinding is dat Henru se
heupe wel besig is om te ontwrig, maar dit kan voorkom word deur die
"bilaterale adduktore" te verleng wat dan kan help.
Volgens wat aan my verduidelik
is, word die spiere in die lieste verleng wat dan verhoed dat die bene te veel
stremming op die heupe het en verder voorkom dat die heup ontwrig en die bobeen
se kop uit die potjie glip. In hierdie gevalle maak mens so staat op die dokter
en glo en vertrou jy dat hy die beste sal weet omdat hy met soveel gevalle werk
of gewerk het, maar steeds moet jy die finale besluit neem. Omdat dit vir my
klink of dit reg is en nadat ek met Christa en Bridget hieroor gesels het,
beveel hulle ook aan dat dit gedoen moet word en word daar gereël dat die
operasie die 31ste Augustus 2004 gedoen sal word in die Eugene
Marais hospitaal. Die inligting wat aan my gegee is, was as volg:
Why
does my child need this surgery?
These
muscles often become tight due to spasticity, and require releasing. There are
three major indications for these releases: Tight adductors cause an imbalance
in the ball and socket joint that we call the "hip". The result of
this imbalance is a subluxation and eventual dislocation of the hip. This is
the process of the "ball" moving out of the "socket." It
typically occurs between the ages of 3 and 6, although it may occur at any
time. It is extremely beneficial to deal with this subluxation before the hip
fully dislocates, since this muscle surgery is far preferable to the bony
surgery necessary when the hip is dislocated. The second indication for this
surgery is to help a child who is walking or trying to walk and having trouble
with "scissoring." This occurs when the legs cannot be spread apart
and constantly cross over each other. This problem sometimes resolves without
surgery. However, when it persists, and impedes walking, most commonly between
the ages of 5-10. The third indication for this surgery is to improve the
ability to provide perineal care by lengthening the muscles so that the legs
can be spread apart. These tight muscles can make it very difficult for
toileting and hygiene care.
What
are the possible complications associated with this surgery?
Infections
can occur. However, they are usually minor and do not delay recovery.
Additional complications involve the over release of these muscles, which
causes the legs to be contracted in a spread-open position. This is detrimental
for children who are walkers in that it produces a wide based gait. Even in
children who are sitters, it is cosmetically unappealing. A combination of
over-correction on one side and under correction of the other can cause a “
windswept ‘ appearance. This deformity can occur without medical intervention
as well. Every effort is made during surgery to lengthen these muscles so that
these complications do not occur.
Toe Henru uit die
teater kom is hy nog slaperig. Albei sy bene is in gips soos 'n "A".
Die gips is aan elke been omtrent 5cm van die lieste af, dus is dit nie soos 'n
"spika" waar die heupe ook toe is nie en sal dit nie te erg wees om
die doeke aan te sit en te ruil nie.
Soos hy wakker word,
begin dit vir my al erger word. Alhoewel hulle vir hom pynstillers gee, is dit
absolute hel om hom so te beleef. Hy raak aan die slaap en net as mens dink dat
hy slaap, lyk dit of hy skrik en ruk sy bene en hy gaan aan die huil. Asof dit
nie genoeg is nie - en dit is my ondervinding in elke hospitaal wat ek al
gewonder het of die personeel opleiding ondergaan om soveel geraas te maak as
moontlik - is daar kort-kort die een of ander geraas wat hom laat skrik en dan
is dit weer van vooraf. Ek kan nie wag dat die drie dae moet omgaan dat ons
huis toe kan gaan nie.
2 September 2004 gaan
ons huis toe, maar dit gaan uiters moeilik. Ek besluit die beste oplossing gaan
wees om 'n hospitaalbed te koop waarop hy kan lê en kry 'n tweedehandse een vir
R10 000 wat die verskaffer by my huis kom aflaai. Ek slaap soos en wanneer
Henru slaap in die sitkamer op die bank want die bed kan nie in die kamer pas
nie. Stelselmatig gaan dit beter.
22 September 2004 gaan
haal ek die kinders in Harrismith vir die vakansie en Amor gaan saam met my toe
ons die gips laat afhaal die 23ste September 2004.
12 Oktober 2004 met
ons opvolg by Dr Maré, is hy nie tevrede met die bene nie en word Henru weer
opgeneem om hom in traksie te sit.
Om kostes te
spaar vra ek die dokter na die 2de dag dat ons kan huis toe gaan en ek huur die
traksie toerusting by 'n ortopediese plek daar naby en ons is die 15de Oktober
2004 huis toe. Weer slaap ek maar op die bank in die sitkamer om naby Henru te
wees.
No comments:
Post a Comment