Saturday, January 19, 2013

ONDERSOEKE VAN HENRU


Die Padongelukkefonds het vereis dat Henru 'n klomp spesialiste moet gaan sien ten einde seker maar hulle prosedures te volg van om te bepaal of die geval “geregverdig” is om kompensasie van hulle te ontvang.
 
Intussen het Telma tydens ons besoek en onderhoud op 22 Oktober 2003 by die gesinsadvokaat die bewering gemaak dat "sy bekommerd is oor Henru en twyfel of ek sy oefeninge doen". Dit was weereens maar net 'n aanval op my omdat om my die slegte man te maak omdat ek nie wou toelaat dat hy by haar gaan kuier nie na aanleiding van die epilepsie en sy nie sou weet wat om te doen nie.  Sy was of wou steeds nie betrokke raak by die opleiding wat ek en Roselinah aaneenlopend kry oor Henru se versorging nie.
 
27 Oktober 2003 is ons by Georgi Hoyle, 'n sielkundige in Pretoria. Sy spreek haar verbasing uit oor Henru se toestand en wens my geluk met die sukses van sy versorging.
 
28 Oktober 2003 is ons by Prof Vorster, 'n Psigiater in Johannesburg. Haar mededeling is dat dit belaglik is dat ons na haar gestuur is want sy kan geen onderhoud met Henru voer nie weens sy toestand en sy is ook vol lof oor sy versorging.
 
29 Oktober 2003 na Terja Neuman, Arbeidsterapeute. Sy is bygestaan deur Daleen van Wyk wie wil weet wie versorg vir Henru en ek vertel haar dat Roselinah bedags na hom kyk en ek dan van na werk en snags en naweke. Ek vertel haar van die bewering van Telma by die Gesinsadvokaat en haar mening is dat daar niks fout gevind kan word nie en dat sy tot Henru se doek afgehaal het om te kyk vir brandboude, maar sy het niks nadelig om te rapporteer nie.
 
In al die verslae wat hierdie professionele mense gestuur het, het hulle verwys na die goeie versorging en toestand waarin Henru verkeer, maar soos gewoonlik sou Telma niks goed daaroor sĂȘ of om verskoning vra van haar opmerking nie.

No comments:

Post a Comment