Sunday, January 20, 2013

DIE RES VAN 2004

Daar gebeur nie veel verder nie en vat maar net elke dag soos dit kom en gaan.  
Met Henru gaan dit elke dag beter en ons hervat die perde en fisio terapie. Alhoewel dit aanvanklik weer styf en stram gaan, raak dit weer beter en gaan ons soos normaal aan. 
Ons was Kersfees by Betsie-hulle op Newcastle en dit was lekker om saam met die familie te wees. Al wat baie sleg was, was die feit dat daar 'n swembad is en die ander kinders baljaar het en arme Henru moes maar of in sy stoel sit of op die matras lĂȘ.  
Dit maak my soms bitter en kwaad en hartseer en ek weet nie wat alles nie, want mens kan nie met hom in die koue water ingaan nie. Ek het dit al probeer, maar hy gaan dan in totale spasma in. Nie eers kan hy met sy voete in die water sit nie.  
Oujaar het ek by Dirk en Engela gekuier en het eers ongeveer 04:00 huis toe gekom.
 

No comments:

Post a Comment