Friday, January 11, 2013

JENNY

Ek het die volgende dag 'n oproep ontvang van 'n Jenny Beere. Sy het my meegedeel dat sy 'n teatersuster is en sy werk in Durban. Sy was die eerste persoon wie op die ongelukstoneel stilgehou het en sy sê die ongeluk moes net plaasgevind het toe sy daar aankom. Sy het Henru op Telma se skoot aangetref. Telma was vasgevang in die wrak en het geskree dat Henru nie asem haal nie. Jenny het Henru by haar geneem. Dit het gereën op daardie stadium. Daar het toe 'n mediese dokter ook op die toneel stilgehou. Hy het eers sy baadjie uitgetrek en hulle het Henru op die pad behandel. Later het hy sy voertuig agter oopgemaak waar hulle verder met Henru gewerk het. Volgens haar het Henru gebraak en daar was braaksel in sy lugweg. Hulle het sy lugweg so goed moontlik oop en skoongemaak en sy het mond-tot-mond-asemhaling toegepas en Henru het weer begin asemhaal. Sy het by Henru gebly tot die paramedici opgedaag het en by haar oorgeneem het. Hy is later per helikopter van die toneel weggeneem.
Sy het ook later 'n briefie geskryf terwyl ons daar in die hospitaal was.

 

No comments:

Post a Comment